Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Donderdag

    18°C / 8°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%


Jacob Pretorius

’n ‘Middel van die jaar’-krisis

Maandag 20 Mei 2013

Op die kerklike kalender is die viering van Hemelvaart en Pinkster verby. Met die naderende middel van die jaar is dit tyd om terug te kyk na wat gevier is en toe te pas wat geleer is.

Vier woorde kan hiermee help: Genade, Gees, globalisering en getuig.

Genade gebeur volgens Philip Yancey (in What’s So Amazing About Grace?) wanneer die gewer alles gee wat hy het, terwyl die ontvanger niks gee nie, net ontvang.

Christene het in die Paastyd herdenk dat God Homself nie verder kon wegskenk as om sy Seun te gee nie. Jesus is aan die kruis verpletter, Hy het sonde geword in die mensdom se plek.

Mense wat dit aanvaar, ontvang volkome verlossing, want hulle ken nou God se hart vir hulle.

Iemand wat ’n oorvloed genade in ontvangs geneem het, sal baie genade gee (Lukas 7:47). Daarom word genade sigbaar. Gebrek aan genade wys ook, soos wanneer Christene genadeloos in die pers die stryd met ateïste aansê of haat eerder as hartseer wys teenoor mense wat pornografie steun.

Genade kom juis na vore wanneer iemand my erg te na gekom het of wanneer sake behoorlik skeefloop.

Dan gebeur die bomenslike. Dan gaan daar ’n skakelaar diep in my aan wat my laat besef dat niks uitstaande is nie. God het reeds vir my alles gedoen.

Wanneer die skakelaar van genade aangaan, ervaar ons tegelyk die bomenslike krag van die Heilige Gees. Paasfees en Hemelvaart skakel Pinkster aan.

Met genade aangeskakel, groei ’n bevrydende perspektief oor God, ander en myself.

Die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22) groei diep binne in my, naamlik liefde, vreugde en vrede (teenoor God); geduld vriendelikheid en goedheid (teenoor ander) en getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (teenoor myself).

Die derde woord is globalisering, wat onder meer beteken dat wat aan die een kant van die wêreld gebeur, die ander kant van die wêreld raak (as die VSA nies, kry die res van die wêreld griep).

Twee of wat weke gelede het ’n klerefabriek in Bangladesj weens swak bouwerk en ontoereikende bouregulasies inmekaar getuimel. Meer as 1 100 klerewerkers het gesterf.

Regoor die wêreld reageer verbruikers nou teen die uitbuiting van die Bangladesj-klerewerkers en boikot verkope. Die onregverdige sterftes het ’n groot impak.

Met Jesus se hemelvaart het God al die globalisering van genade in die vooruitsig gestel.

Sy genade is nou nie meer beperk tot waar Hy fisiek op aarde kon beweeg en red nie. Jesus het opgevaar na die hemel “om alles met sy teenwoordigheid te vul” (Efesiërs 4:10).

Hy sit nou aan die regterhand van God en vul die aarde met sy teenwoordigheid, oral waar sy volgelinge die impak van sy genade laat geld.

Daarom is die woord “getuienis” vir Jesus-volgelinge onontbeerlik.

Jesus het vir gewone mense belowe dat hulle krag sou ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en so sy getuies sal wees tot in die uithoeke van die wêreld (Handelinge 1:8).

Hierdie visie het kragtig gerealiseer en groei steeds. Die skakelaars van genade gaan elke dag in meer en meer mense se harte aan.

Binne die konteks van globalisering is die impak van Christene se getuienis net soveel groter. Woorde en dade vlieg vinniger en verder.

Dalk is jy moeg geleef. Die uitdrukking “midlife crisis” gebeur ook in die kleine, in die middel van elke jaar. My getuienis aan jou is dat Jesus sy oorvloedige genade nou vir jou in jou omstandighede gee.

Neem dit.

God wil ook jou getuienis van genade kragtig gebruik in ander se lewens! Gee dit.



  • aktueel

    ‘Politiek gaan nie werk’

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 30 Julie 2014

  • hoofartikels

    Korrupsie kan tot sterftes lei

  • rubrieke

    Taal word só ’n smal poort vir uitreik

  • briewe

    My hart bloei oor baie dinge, van my hond, tot Gasa, tot kerk se dwaling . . .

  • rubrieke

    Taegrin se stem roep tot ons

  • briewe

    Bybel misbruik

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 30 Julie 2014

  • briewe

    Moeg om bang, agter tralies en platsak op eie grond te wees

  • briewe

    Beeld eer 20 m. jong lewens gepas

  • briewe

    Gelowiges wat soek na meer van God se misterie, kry dit dikwels buite kerk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?