Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%


Hoofartikel

Welkom terug, prof. Karabus

Maandag 20 Mei 2013

Soms word ’n nederige en onbesonge held deur omstandighede in die openbare oog gestoot.

Dít is die storie van prof. Cyril Karabus, wat ná byna tien maande in die Verenigde Arabiese Emirate, ’n verhoor en skuldigbevinding in absentia, ’n uitgerekte appèlprosedure en ’n administratiewe gesloer weer tuis by sy mense is. Die ergste ongeregtigheid van sy ontbering is dat hy sy lewe gewy het aan die verligting van menslike lyding.

As akademikus en hoof van pediatriese onkologie by die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad het hy oor dekades heen ’n merkwaardige bydrae gelewer om sterftekoerse weens verskillende kinderkankers drasties te ver-laag. Vandag word die onkologie-eenheid (G1) in dié openbare hospitaal as wêreldklas gereken.

Weg van die koue syfers van die wetenskap het Karabus se menslikheid ook ’n verskil gemaak in die lewe van duisende kinders en hul ouers wat in saal G1 behandel is – ’n plek van opvallende lyding. Onder sy ménslike sorg is brose en angstige ouers groter kalmte gegee, genesing gebring en vertroosting en krag gebied aan gesinne wat ’n kind aan kanker moes afstaan.

Karabus se oudkollegas ken dié diepe betrokkenheid by pasiënte wat weerspieël is deur dinge soos die reël van vervoer na die hospitaal vir kinders wie se ouers dit nie kon bekostig om ’n dag van die werk weg te wees nie, tot die gee van Kersgeskenke aan kinders wat ver van hul ouers in G1 moes lê.

Dié sorgsaamheid het nie sonder persoonlike opoffering gekom nie en het onder meer beteken dat Karabus se gesin hom min gesien het. Met sy aftrede het hy verdien om tyd deur te bring met sy vrou, sy eie kinders en sy eie kleinkinders. Hy het verdien om daar te wees toe nog ’n kleinseun onlangs gebore is. Wat hy nié verdien het nie, was die maande lange ontbering in Dubai.

Daarom: Baie welkom terug, prof. Karabus. U teenwoordigheid maak ons ’n ryker land.



  • rubrieke

    Een mens, een stem, een paspoort

  • aktueel

    ‘Onder EFF stap ons Zim-paadjie’

  • spotprent

    Spotprent, 24 April 2014

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 24 April 2014

  • hoofartikels

    Nkandlagate sal nie net weggaan nie

  • rubrieke

    Preek nes jy wil, elk se soeke na sin is haar eie

  • rubrieke

    Wat sal uitslag van kiesers sê?

  • briewe

    Tshwane-manne werk deur die nag

  • briewe

    Heropening van grondeise is nie wys

  • briewe

    Wettig die handel in renosterhoring

  • briewe

    Afrikaans sal gedy as ekonomie groei

  • briewe

    DA-SMS oortuig nie om DA te stem

  • briewe

    Zuma nie die enigste ongewenste hoë

  • briewe

    Só voorspel ek die verkiesingsuitslae

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014