Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 6°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    16°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Charl-Pierre Naudé

Bruin lyk my na die nuwe swart

Vrydag 31 Mei 2013

Hoe dikwels het ek nie al gehoor hoe sommige bruin mense kla dat hulle nêrens in Suid-Afrika inpas nie.

Toe ek op skool was (in die apartheidsera), was bruinheid een van my wit Afrikaanse onderwysers se grootste vrees. “As ons nie ordentlik walgooi nie, gaan ons almal eendag as kleurlinge eindig,” was sy treurlied.

Die arme man het dit gehad oor die lot van die “wittes” in die land – én hy het aan depressie gely.

En tog kan ek myself nie keer nie om telkens weer daaroor te dink dat die identiteitsformasie van bruin mense Suid-Afrika se toekoms in die hande hou. En hier praat ek van die rooskleurige toekoms waarvan ons almal droom.

Dit is ook waarom ek nogal ontsteld raak wanneer mense soos Jimmy Manyi en sommige ander ANC-maters die bruin kultuurformasie probeer vernietig. Daar is geen ander woord voor nie: vernietig. En waarom moet dit dan nou kwansuis vernietig?

Daar is net een enkele rede: Bruinheid is ’n leuenverklikkertoets vir die waardes van die demokrasie wat elke dag in dié land so “ootmoedig” verkrag word, vir die transformerende aard van álle identiteit, die fyn wiskunde van balanspolitiek (ons enigste en beste hoop), vir eerlikheid, die ondergrawing van uitgediende sekerhede soos “nasie-identiteit”, pretensie, die gemengde aard van enige lojaliteit, vir geheue (wie het langer as swart mense onder kolonialisme gely?), en vir humor. Om net ’n paar op te noem.

As ek praat oor humor, verwys ek nie na die Klopse nie.

“Bruinheid” – as metafoor vir die tussenin, opreisende toestand van die mens – is die mespunt waarop ons almal sit sonder om dit regtig te besef.

Wys my enige oortuigde groepie mense wat onder ’n gedeelde kombers iewers saamhurk en die versekerde selfidentiteit oor ’n vlammetjie probeer opwarm. Gooi nou ’n bruine in daardie mix. Dan sien jy die grap van die wêreld.

Noem dit somaar Skoppensboer se grap.

En mag dit so bly. Laat almal net meer “bruin” word, voel ek.

Dáár is nou ’n moontlikheid vir ’n “kleurblinde” Suid-Afrika, of hoe? Dalk nog die enigste.

Nou lees ek hoe Philip Dexter van die ANC dink oor bruines wat wil bruin bly, oor hoe vreeslik dit is, die siekte daarvan.

Skaars het ek as wit mens my eie bruinheid in ’n droom raakgesien, en nou kom dié ballonprikker. Sommige mense is net nie besig genoeg nie.

Dexter meen die bruines wat so terugval op ’n raskategorie wat deur apartheid geskep is, is ’n groot gevaar vir die bevryding van die mensdom. Ons moet wegkom van dié soort ding, predik hy.

En dan verwys hy sowaar na Steve Biko – sonder om te blik of te bloos. Miskien is dit omdat hy so hard probeer om swart te wees.

Steve, sê Dexter, het “ras” ingespan op die enigste verteerbare manier – nie as velkleur nie, maar as noemer vir almal wat verdruk word. (“Swart” was Biko se naam vir die toestand van ge-other wees deur “die ander”.)

Nou waarom sou Steve in 1977 reg gewees het en verdrukte bruin mense, wat vandag presies dieselfde met die begrip “bruin” doen, verkeerd? Dit is dan presies dieselfde argument, mnr. Dexterous? Die ANC-oogklappe darem!

Alweer Skoppensboer se grap . . .

Bruin lyk vir my soos die nuwe swart. Miskien was dit nog altyd. Dalk is dit nog altyd die enigste ware swart, die enigste ware wit!

Oukei, ek weet. Kom ons hanteer die woord “ware” versigtig hier. Dit is dan hoeka juis wat bruinheid ons as Suid-Afrikaners wil leer.

En solank die ANC so aangaan, is bruinheid ’n voor die hand liggende begrip om mee te werk.



  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Spotprent, 26 Julie

  • rubrieke

    Wie is Afrikaans se vyande?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 26 Julie 2014

  • Dis tyd vir doen, nie vir braai

  • Aanhaling van die week

  • Wat sê jy?

  • 45571