Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 43%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Donderdag

    19°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Sondag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Dana Snyman

Dié verlies aan menslikheid maak my bang

Beeld-deurloop

Vrydag 31 Mei 2013

Dis nie dat ek ’n fobie het vir tegnologie nie. Ek het ’n selfoon en ’n skootrekenaar. Ek stuur en ontvang e-pos. Ek sms en karring soms op Facebook rond.

Ek het my selfs al op Twitter geregistreer, maar ek het nog nie getwiet nie. Soms neem ek myself voor: Nou gaan ek twiet. Maar dan weet ek nie wat om te sê nie. Dan los ek dit maar.

Om te twiet moet jy dít wat jy wil sê, in 140 karakters sê. Ek sukkel daarmee. Dit maak my bang, want dit voel of ek tegnologies ál verder agter raak. Of ek raak nie net tegnologies agter nie, ek raak agter in my beroep, want deesdae word van joernaliste verwag om te twiet.

Boonop voel dit toenemend vir my of party mense my nie so ernstig opneem nie omdat ek so min van al die nuwe toestelle en dinge weet. Wanneer sekere mense, byvoorbeeld, oor hul selfone in ’n geselskap begin praat, steek ek myne liewer in my broeksak weg. Ek het wel ’n BlackBerry, maar dis al vyf of ses jaar oud. Ek weet nie eens watter model dit is nie.

Deesdae is dit vir baie mense belangrik om te weet watter model selfoon of iPad of iPod of wat ook al jy het. Jy moet kan sê: “Ek het die iPhone 5.” Of: “Ek het die Samsung Galaxy S4.”

Wat sal ’n mens dit noem? Produk-angs? Dit is wat party mense ontwikkel wanneer daar, sê maar, ’n nuwe Samsung Galaxy op die mark is en hulle het dit nog nie.

Die meeste internetontwikkelinge gaan by my verby. Ek is nie eens mooi seker wat WhatsApp is nie. Ek is ook sinies wanneer ek die advertensies van party selfone of ander toestelle sien of hoor. Die nuwe Samsung Galaxy S4, byvoorbeeld, se verkoopspreuk is: “Life companion. Make your life richer, simpler and more fun.”

Is daar werklik mense wat dít glo? Hoe kan ’n selfoon jou blymoedige lewensmaat wees? Of gaan die dag dalk aanbreek dat ek op my sterfbed lê, alleen, net met my ou BlackBerry op die kassie voor die bed, gereed om ’n laaste sms op te stuur?

Ek dink ek weet hoekom al hierdie nuwe dinge my soms so bang maak. Dit gaan oor die verlies aan menslikheid en menslike kontak wat tegnologiese vooruitgang meebring.

Ek is bang op ’n dag verdwaal ek en wil vir iemand die pad vra, dan is niemand meer in staat om dit te verduidelik nie. Ek moet self op Google Maps of ’n GPS gaan kyk. Ek is bang daar is later nie meer ooms oor wat na die miere in die veld en die maan en die wind kyk om die weer te voorspel nie. Hulle kyk eerder op weathersa op hul selfoon.

Ek is bang ek stap op ’n dag by ’n koffiewinkel in en daar is niemand om mee te gesels nie, want almal is besig op hul skootrekenaars, iPads of selfone.

Ek is ook bang die dag kom dat ek glo die 140 karakters van ’n Bybelvers of ’n pienk boodskappie van iemand op Twitter kan my geestelik laat groei.



  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?