Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 11°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Sondag

    22°C / 10°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    19°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 54%


Hoofartikel

In die gees van die Comrades

Vrydag 31 Mei 2013

Die Comrades is meer as net ’n ultramarathon.

Vra enigeen van die nagenoeg 18 000 atlete wat oormôre 05:30 voor Durban se stadsaal vir die Max Trimborn-hanekraai wag om in die 88ste Comrades weg te spring. In vanjaar se “op”-wedloop is Pietermaritzburg ’n

hele 86,96 km ver en bulte soos Botha’s Hill en Polly Shorts wag.

Of enigiemand anders wat al die moordende afstand afgelê het sedert Vic Clapham die eerste Comrades in 1921 ter herinnering aan gevalle kamerade in die Eerste Wêreldoorlog gereël het.

Hulle tree nie sommer net aan en draf die wedloop gou kaf nie. Dit verg ’n ysere wil, selfdissipline, toewyding, ontbering en vasbyt.

Soos Bruce Fordyce al gesê het, vereis dit ook deeglike beplanning op die kort en lang duur. Atlete word aangeraai om hulself eers oor twee of drie jaar “op te bou” voordat hulle dié uitdaging pak. Elke oggend se vroegopstanery en oefensessie is deel van die voorbereiding om eendag die “grote” te pak.

Selfs dan is welslae nie altyd seker nie. Soos in die wedloop van die lewe, gaan die Comrades met hartseer, teleurstelling en trane gepaard.

Vanjaar is Vuyo Mbuli, TV se geliefde Mr. Sharp-Sharp, onverwags oorlede drie weke voordat hy sy derde Comrades sou hardloop. En Zola Budd, wat vir ’n silwermedalje gemik het, het haar gister weens griep onttrek.

’n Wedloop van dié omvang vind nie sommer net plaas nie. ’n Hele span werk ’n jaar lank voltyds daaraan.

Onder meer is 200 000 sakkies water, 660 000 sakkies energiedrankies, 800 kg piesangs, 2 t aartappels en 800 000 bottels en glase langs die pad beskikbaar. ’n Mediese helikopter en mediese noodvoertuie staan gereed. By die eindpunt wag 50 geneeshere en interns en 20 verpleegsters.

Pres. Jacob Zuma en sy ANC sou by die Comrades baie oor ware kameraadskap, gesonde bestuur, meelewing en onbaatsugtigheid kon leer.



  • rubrieke

    Een mens, een stem, een paspoort

  • aktueel

    ‘Onder EFF stap ons Zim-paadjie’

  • spotprent

    Spotprent, 24 April 2014

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 24 April 2014

  • hoofartikels

    Nkandlagate sal nie net weggaan nie

  • rubrieke

    Preek nes jy wil, elk se soeke na sin is haar eie

  • rubrieke

    Wat sal uitslag van kiesers sê?

  • briewe

    Tshwane-manne werk deur die nag

  • briewe

    Heropening van grondeise is nie wys

  • briewe

    Wettig die handel in renosterhoring

  • briewe

    Afrikaans sal gedy as ekonomie groei

  • briewe

    DA-SMS oortuig nie om DA te stem

  • briewe

    Zuma nie die enigste ongewenste hoë

  • briewe

    Só voorspel ek die verkiesingsuitslae

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014