Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 6°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Woensdag

    16°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Neels Jackson

’n Liedjie vir Jannie

Onder vier oë

Vrydag 31 Mei 2013
Jannie du Toit met sy kitaar in die eetkamer van sy gastehuis, Agterplaas Bed en Ontbyt, in Melville, Johannesburg.Foto: Nelius Rademan

Toe Jannie du Toit in matriek was, het hy ’n meisie gehad wat vir hom gesê het: “Daar sal nooit goeie musiek in Afrikaans wees nie.”

Toe dink hy by homself: “Al moet ek blerriewil probeer . . .”

Nou is hy al meer as 40 jaar in die musiekbedryf en nog is dit waarom sy lewe draai: goeie Afrikaanse musiek.

Ons sit in die eetkamer-kuierkamer van sy Agterplaas Bed en Ontbyt in Melville, Johannesburg.

Tussen die gesels deur groet hy van sy gaste, vra verskoning om gou ’n belangrike oproep te neem, wissel ’n woordjie met sy bestuurder . . .

Die liefde vir musiek kom van vroeg af, vertel hy, van sy laerskooldae tussen Grootvlei en Balfour.

Op hoërskool (Hoërskool Menlopark in Pretoria) het hy musiek as vak geneem, maar dit op advies van ’n onderwyser ná st. 8 gelos.

Maar iewers het iemand hom touwys gemaak met die kitaar en hy het vir hom een gekoop. Hy onthou ’n boek met die Beatles se ryk akkoorde.

Aan die Randse Afrikaanse Universiteit waar hy in die regte gestudeer het, het hy saam met Morg Jacobs en Andy Lubbe die groep Trilogie gevorm en aanvanklik liedjies van die Beatles en Simon & Garfunkel gesing.

“Ons het almal eers ’n bietjie Engels geskryf,” vertel Jannie. Mense soos hyself, Coenie de Villiers en Lucas Maree.

Later het hulle agtergekom dat hulle in Afrikaans baie meer uit die hart uit kon praat.

Uit Trilogie se dae kom toonsettings van gedigte soos Visser se “Rosa Rosarum” en Leipoldt se “Boggom en Voertsek”.

Hul liedjie “Droom langs stille waters” het ’n eervolle vermelding in die American Song Festival verwerf.

Die laat ’70’s en vroeë ’80’s was ’n bloeityd vir die soort goeie Afrikaanse musiek wat Jannie se oë laat blink.

Dit was die tyd van musiek en liriek, die tyd toe die term luisterliedjie in Nederland gaan haal is.

“Dit het die verbeelding aangegryp,” sê hy en vertel van ’n aand in die Laager van die Markteater in Johannesburg waar ’n klomp van hulle deelgeneem het aan die program.

Van die name wat opduik as ’n mens so oor die geskiedenis praat, is Anton Goosen en Laurika Rauch, Clarabelle van Niekerk en Louis van Rensburg, Sias Reyneke, Des Lindberg en Mynie Grové, Hennie Aucamp en Stephan Bouwer wat raad en koers aan die nuwe beweging help gee het.

By sy eie huis naby die dieretuin in Pretoria is daar Vrydagaande spontane musiekaande gehou. Mense soos Koos du Plessis, Coenie de Villiers en Lucas Maree het kom saamspeel en Margaretastraat 28 het wyd bekend geword.

As hy vandag terugkyk, is Du Toit filosofies: “Pogings om die gehalte van musiek te verbeter, is altyd tydelik.”

Dit was so met die musiek-en-liriekbeweging, en later weer so met die beste van die alternatiewe musiek.

“Koos du Plessis het in baie opsigte vergeefs geleef,” verklaar Du Toit.

“Hy het so ’n verskil gemaak aan die gehalte van musiek.”

Maar dit was tydelik.

Praat hy oor die hoofstroom-musiek, meen hy dit is inhoudloos.

“Die grootste treffers dra maar min gehalte. Die ouens gebruik swak Afrikaans in groot treffers – maar ek noem geen voorbeelde nie!”

Vir Du Toit was die ideaal al vroeg daar om van sy musiek ’n loopbaan te maak. Hy het hom in die regte bekwaam het en sy klerkskap deurloop, maar musiek het geroep.

Op ’n dag het hy uit sy werk by die staatsprokureur bedank. Tien dae later het hy die aanbod gekry om as kultuurbeampte by Tukkies te gaan werk.

“Dit was ’n bestiering,” sê hy, ’n geleentheid waarvoor hy lank gebid het.

In sy sewe jaar daar het hy onder meer drie musiekblyspele geskryf: Loeloeraai, Gansdans en RIP.

Daarna het hy nog ’n jaar by Truk gewerk voordat hy voltyds vryskutmusikant geword het.

Om so ’n lewe te maak, sê hy, moet ’n mens “roekeloos en gelowig wees”.

Vir hom was dit ’n “absoluut doelbewuste keuse” om hom nie op die kommersiële mark toe te spits nie.

“As ek dit moes doen, sou ek lankal opgehou het. Ek sou geen behae daarin gehad het nie.”

Praat ’n mens van musiek wat nie op die kommersiële mark gerig is nie, kan jy maar net dink aan sy “ ’n Liedjie vir jou” wat destyds as enkelsnit uitgereik is, maar waarvan daar amptelik niks verkoop het nie. Hy het nie ’n sent daarvoor gekry nie.

Maar dat dit reeds in Duits, Chinees en Spaans vertaal is, getuig tog van die gehalte daarvan.

Juis omdat hy nie vir die kommersiële mark gewerk het nie, het Jannie sy gastehuis begin om die pot aan die kook te hou.

Die ironie, sê hy, is dat die musiek in die moeilike paar jaar wat verby is, die gastehuis aan die gang moes hou.

Op sy lang musiekpad was daar ’n paar hoogtepunte.

Een daarvan was sy kennismaking met Nederlandse musiek, destyds nog saam met die Ad Libitum-koor in Nederland. Daar het hy vir Herman van Veen ontmoet. “Sy musiek het my uitgeboul. As daai ouens ’n lied verwerk, is dit nie met ’n resep nie.”

In Afrikaanse musiek was die resep duidelik: tromme, kitaar en baskitaar, klawerbord en “girlie voices”. Daarby kon jy enige woorde hê, maar jy mag nie meer as vier akkoorde gebruik het nie.

Die Nederlanders het uit hul ryk musiekskat geput, van klassieke musiek tot die musiek van Middeleeuse troebadoere – enigiets wat die liedjie kon laat werk.

Hy het ook die musiek van Jules de Corte leer ken.

Dit het ’n belangrike deel van sy loopbaan geword om dié musiekskat aan Afrikaanse mense bekend te stel.

Jacques Brel se “Madelene” het die bekendste hiervan geword, maar De Kleine Man was ’n vertoning en album wat grense verskuif het.

Wat daardie wêreld help ontsluit het, was Christa Steyn se “ongelooflike oor en klaviervermoë”.

Oor dié musiekvennoot met wie hy 25 jaar lank saamgewerk het, kan Du Toit nie uitgepraat raak nie.

Sy kon die een dag ’n lied hoor en die volgende oggend sou sy dit sinvol op die klavier kon begelei.

In Nederland wou mense soms verbaas weet waar het hulle die bladmusiek gekry van liedjies hulle saam gedoen het. Dan was dit Christa wat dit gehoor het en self uitgewerk het hoe om dit te speel.

Die vennootskap tussen Jannie en Tannie, soos hul een vertoning genoem is, is deur Christa se dood aan kanker beëindig – iets waaroor die seer diep lê.

Maar die lewe gaan voort Jannie du Toit woeker nog op talle musiekfronte.

Onderweg, sy vertoning wat vier dekades in die musiekbedryf vier, rol steeds voort. Einde vanjaar wil hy Nederland en België toe daarmee.

In Grys Areas verken hy saam met die sopraan Renette Bouwer, die pianis Clinton Zerf en die tjellis Susan Mouton die raakpunte tussen kunslied en kleinkuns.

Terwyl hy tokkelend vir foto’s poseer, vertel hy met verwondering hoe hy met dié vertoning nog nuwe moontlikhede met die kitaar ontdek het. Nou, op 61, met hoeveel dekades van kitaarspeel agter hom.

Hy en Lochner de Kock hou as die Cordon Broers saam ’n “Kossêrt”.

Sy groot droom is om volgende jaar saam met die blinde pianis Bert van den Brink deur Nederland te toer met ’n program van Jules de Corte se musiek. En dan, sê Jannie du Toit, wil hy aanhou sing solank hy kan. Goeie musiek. Omdat dit vir hom so lekker is.



  • aktueel

    ‘Politiek gaan nie werk’

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 30 Julie 2014

  • hoofartikels

    Korrupsie kan tot sterftes lei

  • rubrieke

    Taal word só ’n smal poort vir uitreik

  • briewe

    My hart bloei oor baie dinge, van my hond, tot Gasa, tot kerk se dwaling . . .

  • rubrieke

    Taegrin se stem roep tot ons

  • briewe

    Bybel misbruik

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 30 Julie 2014

  • briewe

    Moeg om bang, agter tralies en platsak op eie grond te wees

  • briewe

    Beeld eer 20 m. jong lewens gepas

  • briewe

    Gelowiges wat soek na meer van God se misterie, kry dit dikwels buite kerk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?