Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Dinsdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Woensdag

    20°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 1.2mm

    Humiditeit 44%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    21°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    22°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Jan-Jan Joubert

Nie-rassigheid, veral soms . . .

Vrydag 31 Mei 2013

Ras, rassisme en ons Grondwet se strewe na nie-rassigheid sal altyd ’n taai en omstrede kwessie bly, in ag genome die oorvleueling van ras en mag in ons geskiedenis.

Dit is ook ’n kwessie waaroor mens nie jou kop in die sand kan druk nie. Dit gaan nie weggaan nie. Denkers wêreldwyd wonder hoe ons oorskakel van ’n land waar mense se bestaan en blyplek eeue lank deur jou ras bepaal is, na die ideaal van gelyke kanse en nie-rassigheid.

Drie politieke partye se hantering van ras was onlangs aan die bod. Die ANC en die VF+ het opgetree soos mens van hulle sou verwag, maar die DA sal moet selfondersoek doen.

In die parlement maak die ANC voortdurend ’n bespotting van hul eie aanspraak op nie-rassigheid.

Hul jongste aanspraak is dat elke enkele wit man in die DA (vreemd genoeg nie die oud-Natte in hul eie banke nie) swart kinders vermoor en geskend het tydens die apartheidsera. Rassekaart, alweer.

Op die VF+ se beurt het frustrasie oor sy meetbare agteruitgang by die stembus en die koppeling daarvan aan sy omstrede besluit om sy leier opposisielid en regeringslid te maak as ’n soort halwe lid van die Zuma-kabinet, oorgekook.

“Dom Engelsman” is blykbaar in die VF+ se etnies-gedrewe wêreldbeskouing ’n vlymskerp ding om iemand toe te snou as jy nie regtig ’n antwoord het nie. Waarom die “Engelsman”-deel relevant of slim is, weet nugter, nogal van ’n party wat graag en tereg sê versoening word bedreig elke keer as Afrikaners deur die regering uitgesonder word.

Maar waar mens sulke gedrag van die ANC en die VF+ verwag, is dit die DA-leier in Gauteng, die gewoonlik vaardige John Moodey, wie se siening oor die Kleinfontein-gemeenskap by Pretoria en sy kritiek op sy eie party se jeugvleuel wat vir my so uiters teleurstellend is dat ek dankbaar is ek is nie ’n DA-lid nie.

Wys jou net, vergoeiliking van rassediskriminasie is bepaald nie tot wit of swart mense beperk nie, soos mens weliswaar hier vanuit die hoek van ’n nie-rassige wêreldbeskouing vermoed het!

In sy artikel gister in Beeld is Moodey oneweredig oor die Grondwet. Was hy maar so uitgesproke oor die grondliggende bepalings in hoofstuk 1 van die Grondwet as oor artikels 31 en 235! Soos hy tereg uitwys, sal die hof daaroor beslis. In ag genome hofuitsprake oor die onwettigheid van rasgegronde “vakansieklubs” by vakansieoorde in private besit sou ek egter geen geld verwed dat sy “laat maar gaan”-houding oor Kleinfontein sal seëvier nie. Sy twyfel oor opmarse is voorts bra nuut, in ag genome sy deelname aan die DA-optog na Cosatu-huis.

Vir my is Kleinfontein baie soos Orania en ek vind sulke rasgedrewe gemeenskappe onsmaaklik. Ek vind dit hartseer, trouens skokkend, dat ’n DA-leier blykbaar vir dié mense kolf.

Of dalk is sommige in die DA heimlik die Kleinfontein-ingesteldheid ter wille, hetsy uit oortuiging of uit soeke na stemme? Ek weet nie watter moontlikheid die ergste sou wees nie.

Die argumente vir die “laat maar gaan”-skool sluit in dat dit ruimdenkend is om mense hulself te laat uitleef. Maar dit geld net tot waar ander se regte ingeperk word, veral waar dit gaan om ras. Die Groepsgebiedewet het al in 1991 gesneuwel en ’n derde van wit mense het dit destyds teengestaan. Destydse rassevooroordeel sou wel plek-plek oorleef en mos nie openlik nie. As die regbank (wie se onafhanklikheid en respektering as DA-kernwaarde in ’n regstaat hopelik nog geld?) bevind Kleinfontein funksioneer rassisties en onwettig, gaan die persepsie van soveel mense oor die DA as ontvanklik vir diskriminerende wit rassebelange in die soeke na rasgedrewe wit stemme, stukrag kry. En dit omdat sommige meen die DA-jeug se aandrang op nie-rassigheid kan die party stemme kos? Klink effe dun aan die beginselkant.



  • spotprent

    Spotprent, 21 April 2014

  • rubrieke

    Die sprong van Paashaas tot Hefner-‘bunny’

  • rubrieke

    André le Roux: Kultuur word ‘heilige kraal’

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Maandag, 21 April 2014

  • hoofartikels

    SAUK moet álmal dien, nie net ANC

  • briewe

    Rade van dorpe, stede mág niks doen

  • briewe

    Gee SA musici ook erkenning

  • Verbruikersforum

  • briewe

    Zuma hét geen rede om te stres

  • briewe

    Onsinnig om dít met stem te doen

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • rubrieke

    Nie alles is pluis ná dié ooreenkoms

  • spotprent

    Spotprent 17 April 2014

  • aktueel

    Cosatu-skikking verkiesingsfoefie

  • hoofartikels

    ANC flous niemand met gesloer

  • Beeld se voorblad vir Donderdag, 17 April 2014

  • rubrieke

    Ek dank die God van Pase

  • rubrieke

    Dié kolommekleinskrif suigmy in maalkolk

  • briewe

    Stem Nee-veldtog: Ganôg es ganôg

  • rubrieke

    Kies jy BP of kies jy liewer GvB?

  • briewe

    Loftus dalk net op ’n dag dolleeg

  • briewe

    Stembriewe moet dalk gewysig word

  • briewe

    Ál meer boere aan moord uitgelewer

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • briewe

    Dit is die groter prentjie wat tel

  • briewe

    Onthou wie die skurk in die verhaal is

  • spotprent

    Spotprent 16 April 2014

  • aktueel

    Vurk in die pad is hier

  • hoofartikels

    Stem is te belangrik om te bederf

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Woendag, 16 April 2014

  • rubrieke

    Wilhelm Jordaan: Afsku, want ek doen mee aan Oscar-‘show’

  • rubrieke

    Jaco Strydom: Kerke moet tot bekering kom

  • briewe

    Bedorwe stem is werklik ’n vrot keuse

  • briewe

    Eers verafgod en nou verskeur

  • briewe

    Nel se styl van ondervra nie uniek

  • Vir wie gaan ek stem? Nugter weet!

  • briewe

    Stem tog teen die korrupte spul

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • spotprent

    Spotprent 15 April 2014

  • aktueel

    Grond: Kan kiesers DA glo?

  • hoofartikels

    Staking se tol word te hoog

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Dinsdag, 15 April 2014

  • rubrieke

    Jonathan Jansen: Adv. Nel leer SA gevaarlike les

  • rubrieke

    Wat alle mans oor vroue moet weet

  • briewe

    Tyd vir groter duidelikheid oor regte

  • briewe

    SAUK: Waarom swyg werknemers?

  • briewe

    Só koop die ANC nou skielik stemme

  • briewe

    Inkwisisie en die Oscar-hofsaak

  • briewe

    SA howe het lankal getransformeer

  • briewe

    Regspatrone in apartheid nie só sleg

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Op 7 Mei sal ek in die ry gaan staan

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Maandag 14 April 2014

  • spotprent

    Spotprent 14 April 2014

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • briewe

    Saterdag-Beeld is ’n wenner!

  • briewe

    Raak ontslae van Naka ‘Vrotskie’

  • hoofartikels

    Ander reëls geld in ’n strafhof

  • rubrieke

    André le Roux: Kleinlikheid oor titel wys JZ uit

  • briewe

    Viktimisasie-klag teen Nel is vreemd

  • briewe

    Moordsaak gaan oor ego’s, nie Oscar

  • briewe

    Dr. Landman, die regter sal besluit

  • rubrieke

    Blou Willem: Destyds was dit óf Nat óf Sap, Ford of Chev

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Saterdag 12 April 2014