Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    20°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Erik Holm

Moenie boere met mond vol kos kritiseer

Die wêreld om ons

Saterdag 01 Junie 2013

Verlede week is ’n kongres met die tema volhoubare boerdery in Stellenbosch gehou.

Uitstekende sprekers uit alle landbousektore én kenners uit Amerika, Israel en Australië was aan die woord.

Byna 2 000 mense, baie van hulle boere van alle rasse, het die kongres bygewoon en ek was verstom oor die gehalte van die denke en navorsing wat oor dié (vir ons almal so ’n broodnodige) tema gedoen word in Suid-Afrika – grootliks sonder staatshulp.

Min mense besef hoe moeilik volhoubare boerdery is. Ek praat van boerdery wat vir die land se mense kos verseker en nie van bestaansboerdery nie.

Anders as byvoorbeeld ’n myn met ’n bepaalde leeftyd, moet ’n plaas vir ewig hou, altyd sorg dat daar kos vir ons is en vir toekomstige geslagte ’n heenkome bied. Lank voordat dit ’n modewoord of waarskuwingskreet geword het, het boere al geweet van volhoubaarheid.

Hoekom is almal dan nou skielik so besorg dat navorsing gedoen en kongresse gehou word?

Juis omdat dit baie moeilik raak om aan te hou boer.

Landbougrond en -water word skaarser en duurder. Stede, nywerhede en myne groei ten koste van landbougrond. Mense wat moet eet, word meer en ongeskoolde arbeiders moet bo hul ekonomiese bydrae vergoed word.

Die nodige tegnologie vir chemiese bemesting, plaagbeheer en selfs bewerking van die grond, is nie net onbekostigbaar duur nie, maar blyk ook nie volhoubaar te wees nie.

Voeg daarby die regering se benadering teenoor kommersiële boere en ’n mens wonder waar hulle die moed kry om vir die toekoms te beplan eerder as om net te probeer oorleef.

En planne hét hulle. Langtermynplanne.

Noem maar op: Minimum bewerking vir die graanbedryf, kompos vir alle gewasse en die fyn kuns om dit te maak, plantvoeding, bekamping van siektes en die rehabilitasie van grond, waterbesparing, lugkoolstofsekwestrasie en hersirkuleer van besoedelende afval. En dan ook “sagter” plaagbeheer met biologiese agente en natuurlike produkte . . .

En onthou, om vir die boer reg te wees, moet elke plan ekologies, sosiaal-eties en les bes nog ekonomies volhoubaar ook wees, want anders gaan die plaas met die beste bedoelings ter wêreld bankrot!

Natuurlik is daar die vrot appels tussen die boere – mense wat hulle afvee aan veranderende sosiale en etiese norme, hul plase uitmyn en onbruikbaar maak, of onvolhoubaar teer op hul kapitaal. Hulle sal vanself verdwyn.

Die boere wat vandag in Suid-Afrika teen al hul omstandighede in nog probeer om volhoubaar kommersieel te boer, verdien ons grootste respek en beskerming. Hulle word by die dag minder.

Soos hulle sê: Moenie die boere met jou mond vol kos kritiseer nie. Veral nie hier by ons nie.



  • rubrieke

    Top Deck is nie verniet die lekkerste nie

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 1 Augustus 2014

  • hoofartikels

    Grondplan hou versweëgevare in

  • rubrieke

    Waarheid soms’n grys gebied

  • aktueel

    ’n Ramp sonder bewyse

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 1 Augustus 2014

  • briewe

    Julius, oefen daaibreinspiere, man!

  • briewe

    ‘Lucia’ probeer, maar word gesaboteer

  • briewe

    Slegte kykNET dryf my na lees

  • briewe

    VSA die bullebak, nie die Russe nie

  • briewe

    Nee, Amé, ek soek nie ’n ander klub nie

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • rubrieke

    Bring my t’rug na die ou Transvaal

  • rubrieke

    Nkwinti raak in ras verstrik

  • hoofartikels

    Skep werk deur NOP te laat lewe

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 31 Julie 2014

  • rubrieke

    Lagwekkende situasie, mnr. Turkse pruim

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 31 Julie 2014

  • briewe

    Koot en sy maters sal lank wag voordat die ewige woord van God sal verander

  • briewe

    Kom, Leeus, laat ons weer brul!

  • briewe

    ’n Plan vir al die prez se probleme

  • briewe

    Gun elke ou sy ervaring van godsdiens

  • aktueel

    Skoleplan: Is daar ’n ander motief?

  • briewe

    Stig beursfondse en help jongmense

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • aktueel

    ‘Politiek gaan nie werk’

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 30 Julie 2014

  • hoofartikels

    Korrupsie kan tot sterftes lei

  • rubrieke

    Taal word só ’n smal poort vir uitreik

  • briewe

    My hart bloei oor baie dinge, van my hond, tot Gasa, tot kerk se dwaling . . .

  • rubrieke

    Taegrin se stem roep tot ons

  • briewe

    Bybel misbruik

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 30 Julie 2014

  • briewe

    Moeg om bang, agter tralies en platsak op eie grond te wees

  • briewe

    Beeld eer 20 m. jong lewens gepas

  • briewe

    Gelowiges wat soek na meer van God se misterie, kry dit dikwels buite kerk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?