Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    17°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Maandag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%


Hoofartikel: Belhar kan heling bring in NG Kerk

Donderdag 13 Junie 2013

Die NG Kerk in die Vrystaat se sinodesitting die langnaweek in Bothaville wek belangstelling ver buite die provinsie se grense.

Die groot saak op die tafel is die belydenis van Belhar, iets wat volgens die uittredende moderator van die sinode die kiem het om die NG Kerk te skeur.

Vir die res van die NG Kerk en die ander kerke in die NG Kerkfamilie sal die Vrystaatse sinode ’n belangrike termometer wees om die gevoelens oor Belhar in dié deel van die NG Kerk te meet.

Is dit moontlik dat die Vrystaatse afgevaardigdes, soos dié van die Wes-Kaapse en algemene sinode, nadat hulle oor die saak gebid het, saam die Bybel bestudeer het en dit rustig met mekaar bespreek het, tot die gevolgtrekking kom dat die aanvaarding van Belhar binne God se wil is?

Natuurlik kan hierdie sinode nog nie die finale besluit namens die Vrystaat neem nie.

Die besluitnemingsproses in die NG Kerk oor Belhar sal waarskynlik só verloop dat die algemene sinode later vanjaar die vraag sal opstel waaroor daar gestem sal moet word.

Eers daarna sal elke sinode en elke kerkraad die geleentheid kry om oor hierdie vraag te stem.

Slegs as al tien die streeksinodes en twee derdes van die kerkrade elk met ’n meerderheid van twee derdes positief antwoord, kan ’n volgende algemene sinode finaal besluit om Belhar te aanvaar.

As Belhar aanvaar word, lyk die kans op ’n groot heling van die verdeeldheid wat apartheid in die geledere van die NG Kerkfamilie gebring het goed.

Gebeur dit nie, sal die verwyt altyd bly dat die NG Kerk nie regtig in sy hart van apartheid afgesien het nie.

Dis duidelik dat weerstand uit die Vrystaat, dalk saam met Wes-Transvaal, waarskynlik die hoogste hekkies is wat oorkom moet word.

Daarom hou baie mense die Vrystaatse sinode met belangstelling dop.



  • aktueel

    #NextGiantLeap: Mars

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 23 Julie 2014

  • spotprent

    Spotprent, 23 Julie

  • rubrieke

    Die dood kan die lig laat skyn

  • rubrieke

    Stories om herkoms van alles te begryp

  • briewe

    Wetenskaplikes laat gnostisisme herrys

  • briewe

    VSA skiet óók passasiersvliegtuig neer

  • briewe

    Wag voordat ons skuld op Russe pak

  • briewe

    Twyfelaars, waarin glo julle dan?

  • hoofartikels

    Staat moet boere kan beskerm

  • briewe

    Skeidsregter het Haaie g’n gehelp

  • briewe

    Witbank trek aan kortste krag-ent

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • rubrieke

    Pa, vir jou wens ek ’n Bosveldplaas

  • rubrieke

    De Kock-parool is ’n bitter pil

  • aktueel

    Twyfel nié Bybel se pad

  • hoofartikels

    Zuma en regering takel OB af

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 22 Julie 2014

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 22 Julie 2014

  • briewe

    ’n Jong man vertel oor sy lewensles

  • briewe

    Pak swak staat oor kind se lyding

  • briewe

    Finale afskeid wag op almal

  • briewe

    Geldgierigheid kos SA sy waardes

  • briewe

    Israel wil net voortbestaan as volk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • Spotprent, 20 Julie 2014

  • rubrieke

    ​Wêreld is tans skrikwekkend

  • briewe

    Poetin se hande het hul bloed op

  • hoofartikels

    Vliegramp Poetin se morele skuld

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 21 Julie

  • rubrieke

    ​Wie’t matriek nodig om TV te kyk, regeer?

  • briewe

    Heelwat bronne oor ‘foute’ in Bybel

  • briewe

    Haaie is erg gehelp

  • briewe

    Daar is steeds arrogansie teen swartes

  • Wat sê jy?