Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 12°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Maandag

    24°C / 13°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    22°C / 10°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.8mm

    Humiditeit 41%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%


Kommentaar en ontleding

Hoogtepunte op die pad

Jinine Botha
Donderdag 13 Junie 2013
Aanstaande jaar vier Suid-Afrika 20 jaar van demokrasie. Dit was ’n wipwaentjierit van hoogtepunte en laagtepunte. Jinine Botha berig oor die hoogtepunte.

Vir Riaan Cruywagen is ons suksesvolle Wêreldbeker-rugby- en sokkertoernooie, Tafelberg wat in 2012 as een van die nuwe Sewe Natuurwonders van die Wêreld aangewys is en die SKA-teleskoop wat hier gebou word ons groot prestasies.

“Ons kan met groot trots terugkyk na die reusagtige sporttoernooie wat ons die afgelope twee dekades met sukses aangebied het. Ons was nog altyd trots op Tafelberg en met die SKA-teleskoop gaan wetenskaplike aandag opnuut op Suid-Afrika gevestig word.”

Die Olimpiese swemmer Penny Heyns sê benewens die groot sporttoernooie moet Mark Shuttleworth, die eerste Afrikaan in die ruimte, en die Gautrein op die lys kom.

Die Gautrein kry nog ’n stem van die sangeres Helenè Bester. “Die verkeer kan hectic wees. Met die Gautrein kan baie mense vinniger by die werk kom.”

Vir Elvis Blue (Jan Hoogendyk) is die prestasies onder meer dat Suid-Afrika deel van die Verenigde Nasies is en ons volkslied.

“Op persoonlike vlak is dit wanneer ek my 3½-jarige dogtertjie saam met haar klasmaats dophou. Sy is kleurblind. Ek kyk na haar maatjies en dan sien ek dinge verander.”

Vir die aktrise Shaleen Surtie-Richards en die sanger Mathys Roets gaan dit oor mense en die respek wat mens moet uitleef vir ander.

“Ek kan natuurlik die 1995-Wêreldbekers noem, Joel Stransky is steeds my held, maar vir my is die belangrikste solidariteit tussen ons mense. Sonder mekaar kan ons nêrens gaan nie,” sê Surtie-Richards.

Roets meen ons moet daardie elemente van groot sportbyeenkomste en musiekfeeste wat ons oor kultuurgrense heen nader bring, identifiseer en uitleef.

“Dit gaan alles oor menswees. Die gebeurtenisse is lankal verby, maar die omgee wat mens tydens groot geleenthede ervaar, moet op die klein dingetjies van elke dag toegepas word.”

Die vreedsame oorgang na demokrasie is vir die musikant Anna Davel boaan die lys.

“Ons het dit vreedsaam reggekry en vandag is ons so ’n diverse samelewing met teenpole van erge rassisme en mense wat kleurblind is, maar saam stap ons die pad vorentoe.”

Kenners en academici glo soos Davel die feit dat ons ’n sterk demokrasie kon vestig, is uiters belangrik.

“Waarskynlik die grootste prestasie ná 20 jaar is dat die middelpunt gehou het. Ons het dit ook ten spyte van baie uitdagings reggekry om ons demokrasie sterk te vestig, saam met ons regstelsel en konstitusionele hof,” sê dr. Theuns Eloff, visekanselier van die Noordwes-Universiteit.

Daarbenewens het ons reeds vier vreedsame verkiesings gehou, ons parlementêre stelsel funksioneer doeltreffend en ons uitvoerende gesag is stabiel, sê Eloff.

“Hoewel daar klagtes is oor dienslewering, is ’n kultuur van langtermynbeplanning en besteding binne die begroting gevestig. Ons word ook weer internasionaal erken ná dekades van isolasie.”

Eloff glo om perspektief te behou en op die groot prentjie te fokus, kan Suid-Afrika deur die negatiewe uitdagings vorentoe stoot.

Prof. Noor Nieftagodien, hoof van die geskiedeniswerkwinkel by Wits, sê omdat die media dikwels op kwessies soos misdaad en korrupsie fokus, sal ruimtewesens waarskynlik glo ons bestaan uit misdadigers en korrupte politici.

“Ja, ons word deur uitdagings in die gesig gestaar, maar ons het baie bereik in die twee dekades.”

Vir hom is die Grondwet en regte soos menswaardigheid boaan die lys, gevolg deur die uitbreiding van maatskaplike vangnette soos toelaes.

“Ons kan politici kritiseer, maar die stelsel werk. Spraakvryheid word dalk aangeval, maar dit word steeds lewendig beoefen.”

Hy meen egter dat ongelykhede, armoede, werkloosheid, die staat se kruipende outoritarisme en korrupsie op alle vlakke ons demokrasie wegvreet.

Jacaranda FM se Rian van Heerden vra hoe ons kan verwag dat alles in 20 jaar uitgesorteer sou word. “Dat almal hand aan hand ’n reënboog tegemoet sal stap sonder te veel komplikasies? Dis dalk goed om op prestasies te fokus . . . net vir ’n bietjie balans.”

Vir hom is dié prestasies die aanbieding van die suksesvolle Wêreldbeker-rugby- en -sokkertoernooi en die ekonomie wat reusegroei getoon het.

“Per capita-inkomste het van 1993 tot 2012 met 40% gegroei. Mense van my generasie bly in reuse-huise op landgoedere en ry luukse motors. Dit was destyds ongehoord. Net die plaaslike mediese spesialis, advokaat, politikus en/of Griek het destyds sulke bates besit. Nog belangriker, meer mense (ongeveer 3,5 miljoen sedert 1994) het nou werk. Vir my bly nommer een ons Grondwet.”

Vir die komediant Pieter-Dirk Uys is die grootste prestasie sedert 1994 dat ons wel 19 jaar van demokrasie oorleef het. Vir hom het die demokrasie se wittebrood te lank aangehou.

“Toe ons weer kyk, is Mandela ’n legende en Mbeki die busbestuurder. Vandag sit daar goeie mense in daardie bus, maar ook vrot appels wat die hele balans kan beduiwel.”

Hy meen die grootse prestasie sal in 2014 in die algemene verkiesing gebeur waar ’n jong generasie sonder letsels van afsonderlike ontwikkeling of die bagasie van apartheid hul kruisies vir die eerste keer nóg sal trek.

“Hulle het geen sentiment oor die struggle nie, geen lojaliteit teenoor ’n uitgeputte 101-jarige vryheidsbeweging nie. Hulle is gebore nadat Nelson Mandela vrygelaat is. Hulle bou die toekoms van die land met hulle keuses. Hopelik, ná die volgende 20 jaar, sal die grootste prestasie wees dat ons rassisme uitgewis het. Ons het nog ’n lang pad om te loop.”

...

Wat maak jou sedert ’94 trots?

Die departement van kuns en kultuur wil Suid-Afrika se 20 jaar van demokrasie in 2014 met projekte vier.

Een is om 20 prestasies sedert 1994 te eien waarop Suid-Afrikaners trots is. Beeld het solank begin uitvind waarop Suid-Afrikaners sedert 1994 trots is.



  • rubrieke

    Nie alles is pluis ná dié ooreenkoms

  • spotprent

    Spotprent 17 April 2014

  • aktueel

    Cosatu-skikking verkiesingsfoefie

  • hoofartikels

    ANC flous niemand met gesloer

  • Beeld se voorblad vir Donderdag, 17 April 2014

  • rubrieke

    Ek dank die God van Pase

  • rubrieke

    Dié kolommekleinskrif suigmy in maalkolk

  • briewe

    Stem Nee-veldtog: Ganôg es ganôg

  • rubrieke

    Kies jy BP of kies jy liewer GvB?

  • briewe

    Loftus dalk net op ’n dag dolleeg

  • briewe

    Stembriewe moet dalk gewysig word

  • briewe

    Ál meer boere aan moord uitgelewer

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • briewe

    Dit is die groter prentjie wat tel

  • briewe

    Onthou wie die skurk in die verhaal is

  • spotprent

    Spotprent 16 April 2014

  • aktueel

    Vurk in die pad is hier

  • hoofartikels

    Stem is te belangrik om te bederf

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Woendag, 16 April 2014

  • rubrieke

    Wilhelm Jordaan: Afsku, want ek doen mee aan Oscar-‘show’

  • rubrieke

    Jaco Strydom: Kerke moet tot bekering kom

  • briewe

    Bedorwe stem is werklik ’n vrot keuse

  • briewe

    Eers verafgod en nou verskeur

  • briewe

    Nel se styl van ondervra nie uniek

  • Vir wie gaan ek stem? Nugter weet!

  • briewe

    Stem tog teen die korrupte spul

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • spotprent

    Spotprent 15 April 2014

  • aktueel

    Grond: Kan kiesers DA glo?

  • hoofartikels

    Staking se tol word te hoog

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Dinsdag, 15 April 2014

  • rubrieke

    Jonathan Jansen: Adv. Nel leer SA gevaarlike les

  • rubrieke

    Wat alle mans oor vroue moet weet

  • briewe

    Tyd vir groter duidelikheid oor regte

  • briewe

    SAUK: Waarom swyg werknemers?

  • briewe

    Só koop die ANC nou skielik stemme

  • briewe

    Inkwisisie en die Oscar-hofsaak

  • briewe

    SA howe het lankal getransformeer

  • briewe

    Regspatrone in apartheid nie só sleg

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Op 7 Mei sal ek in die ry gaan staan

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Maandag 14 April 2014

  • spotprent

    Spotprent 14 April 2014

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • briewe

    Saterdag-Beeld is ’n wenner!

  • briewe

    Raak ontslae van Naka ‘Vrotskie’

  • hoofartikels

    Ander reëls geld in ’n strafhof

  • rubrieke

    André le Roux: Kleinlikheid oor titel wys JZ uit

  • briewe

    Viktimisasie-klag teen Nel is vreemd

  • briewe

    Moordsaak gaan oor ego’s, nie Oscar

  • briewe

    Dr. Landman, die regter sal besluit

  • rubrieke

    Blou Willem: Destyds was dit óf Nat óf Sap, Ford of Chev

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Saterdag 12 April 2014