Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 11°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 36%

  • Donderdag

    21°C / 9°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    22°C / 10°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Saterdag

    23°C / 13°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Sondag

    23°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 1.7mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    22°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%


Tim du Plessis

Rubriek: ‘Ons’ het niks te vrees in dié tyd

Donderdag 13 Junie 2013

Lank terug in die ou bedeling is die storie vertel van die vurige tannie op een van die woeste politieke vergaderings wat so eie aan daardie tyd was.

Die vergadering was tydens die referendum oor republiekwording in die 1960’s. In vraetyd staan ’n oom op en vra: “Maar as Suid-Afrika nou nie meer ’n lid van die Britse Statebond is nie, wie gaan ons beskerm?”

Waarop die Nat-tannie hom platdruk op die stoel: “Sit man, ék sal jou jou beskerm!”

In dié tye van berigte en gerugte oor die kom en gaan van mnr. Nelson Mandela hoor jy ál meer hoe mense hardop wonder wat van “ons” gaan word as hy nie meer daar is nie.

Soms moet jy fyn luister om raak te hoor presies wie met “ons” bedoel word. In sommige gevalle word bedoel Suid-Afrikaners.

Dan is die antwoord maklik. Suid-Afrika gaan bly voortsukkel, soos altyd. En anderkant uitkom, soos altyd.

In ander gevalle is daardie “ons” egter kodetaal vir wittes. Niks om oor afwysend te wees nie. Onder die vraestellers wat wittes bedoel wanneer hulle van “ons” praat, is goeie mense. Mense wat ja gestem het vir die huidige bedeling en wat Mandela as Suid-Afrika se eerste swart president sonder voorbehoud aanvaar het.

In 1994 het Mandela dit betreklik maklik gemaak vir wittes om beskerm te voel onder sy bewind.

Prakties kon hy hulle weinig meer bied as wat mnr. Jacob Zuma vandag as “beskerming” kan bied: ’n regstelsel, landswette, die polisiediens, die Grondwet en die howe.

Maar Mandela het “skare-intelligensie” gehad. Soos in emosionele intelligensie. Hope daarvan. Hy het geweet hoe om met die hart – die setel van vrees en ander emosies – te praat. Met álle mense, nie net wittes nie.

Daardie vermoë het baie wittes laat voel hulle is beskerm solank Mandela daar is. Let wel: voel. Want die werklikheid is dat wittes onder Mandela so beskerm, of onbeskerm, was as wat hulle vandag onder Zuma is.

Om die ou harige storie van “die nag van die lang messe” op te haal: As so ’n nag regtig beplan was, is daar geen rede waarom die “mestrekkers” sal wag totdat Mandela nie meer daar is nie.

’n Meer sinvolle vraag is wat die land te wagte kan wees in die ure en dae onmiddellik ná die bekendwording van die nuus.

Daar was ’n tyd toe dít taamlik voorspelbaar was: Groot uitstortings van nasionale hartseer sou in die hoofstroom-media en in beheerde openbare ruimtes voorgekom het. Amper soos in Brittanje toe prinses Diana dood is.

Vandag is die openbare reaksie nie meer so voorspelbaar nie. Sosiale media en goed soos blogs het openbare kanale en ruimtes geskep wat ’n paar jaar gelede nooit bestaan het nie. Ook vir kwetsend en verdelend wees.

Kyk maar hoe die einste Britte gereageer het op die dood van Margaret Thatcher, die belangrikste Britse premier sedert Winston Churchill. Twitter en Facebook was vol bitsige boodskappe – wat natuurlik Thatcher-verfoeiers aangespoor het om op TV vreugdesdanse met bruiswynbottels in die hand te dans.

Dit is onmoontlik om te weet of dit ook in Suid-Afrika sal gebeur. “Afskeid neem van Nelson Mandela” het altyd die potensiaal gehad om Suid-Afrikaners opnuut oor grense heen te verenig, al sou dit ook net vir enkele weke gewees het.

Dit sal goed wees as dit weer kan gebeur. Niemand in Suid-Afrika het spesiale beskerming nodig nie.

Wat almal wel nodig het, is om net weer herinner te word aan die essensie van dié land, netjies verwoord deur Leon Wessels in die 1980’s: Suid-Afrika is groot genoeg om plek te hê vir almal, maar te klein om vir mekaar weg te kruip.



  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei