Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 6°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Dinsdag

    16°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Gerhard Verdoorn

Die wêreld om ons: As jy na ander wys, wys drie vingers na jou

Vrydag 14 Junie 2013

Dit is maklik om ewig te kritiseer en mense en instansies te pak. Myne, die landbou, plaagdodermaatskappye, petrochemiese reuse, jagters, ontwikkelaars en wie ook al loop deur omdat hulle die aarde besoedel en verwoes.

Waar jy kom – om vleisbraaivure of in winkelsentrums – hoor jy hoe sleg die boere is omdat hulle die natuur beskadig en die myne en . . .

Die werklikheid van ons wêreld is egter dat die mensdom ’n geweldige impak op die aarde het.

Dit laat jou wonder oor die spesie Homo sapiens, die dier wat mens genoem word. Genetici het al oor en oor bewys alle mense behoort tot dieselfde spesie. Maar nou begin dit lyk of ’n nuwe subspesie van die mens ontstaan het:

Homo sapiens onskuldigus, of die een wat geen skuld dra aan die aarde se agteruitgang nie.

Dis hulle wat die rekenaar gryp en kritiseer, valse gerugte en bewerings van aktiviste soos soetkoek opeet en dan gal braak oor die wêreld om ons.

Ek beskou die wêreld om ons as een massiewe organisme genaamd Mensdom. Dit is byna soos Eugène Marais se beskrywing destyds van termiete as een groot, lewende organisme waarvan die individue maar net kleiner boustene is.

Sowat 6 000 miljoen individue maak die Mensdom wat hy is; 6 000 miljoen organismes wat elke dag kos, water, suurstof en ander natuurlike hulpbronne by ander lewende wesens wegneem om voort te gaan met die voortplanting van die reeds ontploffende Mensdom.

As die wysvinger egter na ander mense of instansies wys, bly die middelvinger, ringvinger en pinkie terugwys na ’n selfvoldane lid van die Mensdom wat hom- of haarself verontskuldig aan die Mensdom se klad op Moederaarde.

Miskien het die vingerwyser nog nooit gif gegooi vir aasvoëls nie. Waarskynlik ook nog nooit ’n dier doodgemaak of ’n myn bedryf nie. Tog skuil daar agter die wysvinger ’n organisme wat die voordeel van gesonde bestaan geniet weens besoedeling deur myne, ontbossing vir boerdery, die ontginning van steenkool vir die vervaardiging van petroleumbrandstowwe en die geneties gemodifiseerde kos op die tafel.

Niemand is onskuldig nie. Almal trek voordeel uit die Mensdom se snelle ontwikkeling.

Dieselfde mens wat kla oor die lugbesoedeling, bestuur ’n motor. Dieselfde mens wat vinger wys na die landbou, eet lustig aan die kos. Dieselfde mens wat kla oor plaagdoders, sluk parasetamoltablette, wat giftiger as baie plaagdoders is. Dieselfde mense wat almal om hulle pak oor dit en dat, bestee Desembers by die see in hul huise op die duine wat eens die broeiplekke vir strandlopertjies en swart tobies was.

Dis goed om vir die aarde se voortbestaan te baklei. Maar agter daardie wysvinger is ook ’n spieël, en al wat jy daarin sal sien, is jou eie gesig.



  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Spotprent, 26 Julie

  • rubrieke

    Wie is Afrikaans se vyande?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 26 Julie 2014

  • Dis tyd vir doen, nie vir braai

  • Aanhaling van die week

  • Wat sê jy?

  • 45571