Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 3°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Sondag

    14°C / 5°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Maandag

    17°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 43%

  • Woensdag

    17°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%


Kommentaar en ontleding

Onder vier oë: Die kuns om te kan Smile

Pauli van Wyk

Vrydag 14 Junie 2013

Plaaslike medici weeg goed op teen dié in die buiteland en kan selfs uitstekend wees as ons net uit die gewoonte kan kom om alles te wil blameer vir ons eie gebreke en tekortkominge, meen prof. George Psaras.

“Dis ’n skewe sirkel en ek sien dit elke keer wanneer ek terugkom Suid-Afrika toe.”

Psaras (54) is ’n Ciprioot.

En ’n plastiese chirurg.

Nie die boobs-, boude- en Bentley-soort nie.

Die soort wat dag lange, peperduur operasies gratis op behoeftiges uitvoer.

Hy is besoekende professor aan die Universiteit van die Witwatersrand se eenheid vir plastiese en rekonstruktiewe chirurgie en medestigter en mediese hoof van die Smile-stigting, ’n plaaslike nie-regeringsorganisasie.

Met sy hulp het die stigting in 12 jaar meer as 1 000 rekonstruktiewe en reanimasie-operasies uitgevoer.

“Rekonstruktiewe chirurgie behels om iets wat weg is, op te bou. Soos om ’n haaslippie en gesplete verhemelte te herstel.

“Reanimasie-chirurgie word gedoen wanneer die gesigsenuwee by geboorte of weens trauma verlam is. ’n Spier en senuwee uit die bobeen word geoes en in die wang ingeplant om die dooie senuwee se funksie oor te neem.”

Hy is een van ’n groepie spesialiste in die land wat dié ingewikkelde en delikate operasies kan uitvoer.

Kort, bonkig, lagplooie langs sy oë, sout-en-peper hare en sekuur hande.

• • •

As jong man het Suid-Afrika met sy kameeldoringbome, houtvure en luiperds in sy hart ingekruip. Hy praat selfs van “ons” wanneer hy na Suid-Afrika verwys.

Die plan was nie om 25 jaar lank by dié “halfwegstasie” vas te haak nie.

Ná sy studie aan die Universiteit van Freiburg in Duitsland (1986) het sy kop VSA se kant toe gestaan. Daar waar dokters lewens red met die nuutste tegnologie, die geld meer geredelik vloei en administratiewe nagmerries ’n vloekwoord is.

Die ding is net dat hy nooit rêrig ingepas het nie.

“In Europa en die VSA is jy altyd ‘die uitlander’. Hier het ek nog altyd tuis gevoel, want die mense is vriendelik.”

Soos in Ciprus.

Psaras het in die plofbare 1970’s op dié eiland grootgeword. Hy was saam met sy gesin op toer in Brittanje toe die Turke sy tuisland in 1974 binnegeval het.

“ ’n Traumatiese tyd wat verwoesting gesaai het. Vlugtelinge van die noorde het na die suide van die eiland gekom en dit het omtrent tien jaar geduur voordat jy nie meer tenthuise gesien het nie, voordat mense genoeg gehad het om te eet.”

Die Psaras-gesin was gelukkig genoeg om nie hul huis te verloor nie, maar het meer as ’n jaar in Brittanje aangebly. ’n Das, pet en ’n stemmige stywelip-skool het egter skeef aan die jong Psaras gehang. Toe die onrus bedaar, het die gesin teruggekeer en Psaras het in 1977 matriek geskryf, waarna hy sy twee jaar verpligte diensplig afgehandel het.

• • •

Psaras was byna vir die mediese wêreld verlore toe die eerste maande van sy studie hom grensloos verveel het.

“So naby,” wys hy met sy duime teenaan mekaar.

Nog altyd kunssinnig het hy argitektuur oorweeg. Hy het gelukkig teenwoordigheid van gees behou, maar dit het hom ook laat besef dat plastiese chirurge kunssinnig is en die gawe van driedimensionele-visualisering moet hê. Daarom het hy voorgestel dat die plastiese chirurge in sy departement by Wits weeklikse beeldhouklasse bywoon.

“Almal was gék daaroor. Dit het bewys dat plastiese chirurgie ’n kombinasie van kuns en medisyne is. Jy moet ’n oor of neus kan visualiseer voordat jy dit kan opbou. Dít is wat ’n goeie plastiese chirurg maak of breek.”

Psaras word wyd as een van die beste en leidende spesialiste gesien, maar dit ontstel hom as vriende dit sê.

“Trouens, ek het ’n yslike probleem daarmee. Hulle kan dinge wat ek nie kan doen nie weer rêrig goed doen. En hoe meet jy ‘die beste’? Dis ’n arbitrêre stelling.”

Hy word ook as besonder nederig gereken, dié dokter wat na Classic FM luister terwyl hy opereer.

“In Ciprus is daar nie ’n klassiekemusiek-radiostasie nie, maar ek skakel met my iPad in en luister na die verkeersuitsendings van Suid-Afrika,” sê hy laggend.

• • •

Wêreldboorling is hy, selde langer as ’n paar maande in dieselfde land.

Psaras verdeel die meeste van sy tyd tussen Suid-Afrika en Ciprus, maar is selde vir langer as drie weke op ’n slag hier.

Kinders is sy passie.

Oudpres. Nelson Mandela se persoonlike versoek om ’n organisasie op die been te bring wat kinders met haaslippies en verlamde gesiggies gratis kan opereer, was ’n uitdaging en ’n geleentheid wat Psaras en Mark Lubner, filantroop, aangegryp het.

In 12 jaar het Psaras glimlagte op menige gesiggie gesit en hy is ’n held vir talle. Met sy hulp is plaaslike dokters opgelei om die hoogs gespesialiseerde operasies uit te voer en ’n eenheid elk in Tygerberg, Durban en Johannesburg is tot stand gebring.

’n Nuwe droom is om die Smile-stigting se reikwydte in Suider-Afrika uit te brei.

Nou waarom het hy nooit getrou en kinders gehad nie?

Vir die eerste keer is hy op die agtervoet, lag ongemaklik en ontsluit net sy gevoude arms voor sy bors toe hy ’n vars koffie kan vashou.

“Ek. Sou. Daarvan. Gehou. Het . . . ja.” Versigtig, afgemete.

“Eendag, as ek ouer is, as ek grootgeword het . . . ” sê hy laggend.

Ongemaklik.

Dan sag: “Ek dink kinders is belangrik in ’n mens se lewe.”

Nie dat hy ’n familielewe mis nie, want hoe mis jy iets as jy dit nog nooit gehad het nie? Hy is elk geval nou te vol nonsens, skerts hy.

• • •

Suid-Afrika vergelyk gunstig met ontwikkelde lande, meen Psaras.

“Ons gebruik nie verouderde tegnieke nie en ons resultate is op standaard, al het die VSA beter tegnologie.

“Die tegnologie hier en in Ciprus is baie dieselfde. Waaraan ons wel soms ’n gebrek het, is infrastruktuur, veral in openbare hospitale. Wat ek deesdae hier sien, is ’n gebrek aan belangstelling . . . dinge val net uitmekaar.”

Want as jy nie self met ’n projek deurdruk nie, is daar beslis niemand wat jou sal stoot nie. “Jy moet altyd druk om iets gedoen te kry, en soms voel dit of jy teen geslote deure druk.”

’n Groter begroting sal die ding dalk doen.

“Om gewillige, konsensieuse mense aan te stel wat nie net bakhand wag vir ’n salaris nie, maar die standaard in hospitale wil verhoog. Veral in die administrasie van ons hospitale.

“In plaas daarvan sê ons altyd die toerusting werk nie, die administrasie is wanfunksioneel . . . daar is altyd iets en ek dink dit het ’n kenmerk van die moderne Suid-Afrika geword.”



  • spotprent

    Spotprent, 26 Julie

  • rubrieke

    Wie is Afrikaans se vyande?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 26 Julie 2014

  • Dis tyd vir doen, nie vir braai

  • Aanhaling van die week

  • Wat sê jy?

  • 45571

  • aktueel

    PW se woede teenoor Madiba

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 25 Julie 2014

  • spotprent

    Spotprent, 25 Julie

  • rubrieke

    Ek sal weer vlieg, maar gee my ’n waarborg

  • rubrieke

    Zuma swak tuis en beter buite

  • hoofartikels

    Baie vrae oor staat se plan vir kernkrag

  • briewe

    Vra vir ’n draadgekoppelde alarmstelsel

  • briewe

    Nie seker of ek hartseer, verward of kwaad moet wees oor dié skrywe

  • briewe

    Sing ‘Nkosi Sikelel’ iAfrika’ in Afrikaans

  • briewe

    Meer universiteite met Afrikaans nodig

  • briewe

    ‘Veldslag’ oor kos lê nog voor ons

  • briewe

    Christene glo;wetenskap bewys

  • briewe

    Ek bly ook in kerk tot hul my verstaan

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Pad na revolusie loop deur maag

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • spotprent

    Spotprent, 24 Julie

  • rubrieke

    Die dag toe die ‘CEO’ van ’n myn kom kuier

  • aktueel

    Taaldebat sonder ’n rasonderrok

  • rubrieke

    Lot van Dasnois sleg vir vryheid

  • hoofartikels

    Boewe wys die EFF se ware kleure

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 24 Julie 2014

  • briewe

    Ek het De Kock nie in die steek gelaat

  • briewe

    Nuwe planne vir kaarte in rugby

  • briewe

    Losprys vir ‘Stem’al in 1994 betaal

  • briewe

    Taegrin se dood: Net nóg ’n misdaad?

  • briewe

    Balpeutery vernederend vir SA, spelers

  • briewe

    Dit klink asof jy in ander land woon

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter