Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


André le Roux

Rubriek: Mandela al in ’97 ‘laat gaan’

Vrydag 14 Junie 2013

Hy is byna 95 jaar en die regie vir sy begrafnis is al reg, maar wat het Nelson Mandela werklik vir die ANC en veral vir sy opvolgers beteken?

Toe dié man wat die “struggle” dekades lank versinnebeeld het op 11 Februarie 1990 uit die tronk stap, het niemand hom geken of selfs geweet hoe hy ná 27 jaar sou lyk of wat hy sou sê of doen nie. Ook nie die ANC nie.

Maar vandag weet ons dat dit tot die land én die ANC se skade strek dat hy uiteindelik net een termyn as staatshoof gedien het.

Soos wat Moses se gloed verdof het toe hy van die berg af gekom het, het die Mbekïete Mandela se lig reeds by die ANC se Mafikeng-leiersverkiesing in 1997 afgeskakel.

In die aanloop tot Mafikeng is in die ANC polities strategies geskinder dat Mandela, dié simbool van swart bevryding, eintlik “die eerste swart president nét vir wit Suid-Afrikaners” is.

As eregas van die NP-regering op Robbeneiland het Mandela kwansuis, in die oë van militante, nie regtig “struggle”-geloofsbriewe gehad nie.

Boonop, só is gefluister, het die Weste dit van Mandela vereis om as eerste swart president hulle en dié land se wit vrese oor ’n swart Suid-Afrika te paai.

Die sogenaamde “exiles” (dié ANC-kaders wat in selfopgelegde ballingskap was) het die “insiles” (hulle wat binnelands die stryd gestry het) in hul magstryd behoorlik ore aangesit.

Die “exiles” het hul seën toegesê aan Mbeki, ’n verklaarde dissipel van wyle Oliver Tambo, nooit van Mandela nie.

Ek het Mbeki in 1985 – midde-in die era van halssnoermoorde tuis – tydens die Amerikaanse senator Ted Kennedy se besoek aan Tambo in Lusaka daar raakgeloop.

Die samesprekings het plaasgevind in pres. Kenneth Kaunda se ampswoning. Mbeki was Tambo se aktetas-draer.

Toe Kennedy vir Tambo sê hy kan nie die ANC se geweld goedpraat nie, fluister Mbeki iets in Tambo se oor.

Tambo het vervies sy stoel agteruit geskuif en met ’n “this meeting is over” by die vertrek uitgestap met Mbeki agterna.

Kennedy kon net na sy asem hap.

Mbeki, vir wie dit nooit nodig was om sy snyerspak in woede af te stof nie, het uit sy ballingskap teruggekeer as die “groot gewapende bevryder”.

As president het sy intellektuele meerderwaardigheid, sy Pan-Afrikanisme en sy gefladder van die een wêreldforum na die ander Mbeki duur te staan gekom.

Gou het hy die ANC-etiket gekry as die land se “eerste afwesige en afsydige swart president”. Mbeki was net vir homself president, is gesê.

Toe kom Polokwane in 2007 en daar kry Suid-Afrika sy “eerste swart president vir sy swart mense”. Toe eers.

Jacob Zuma se presidensie strompel voort van die een verleentheid na die ander. Selfs die rand kan dit nie hou nie.

Dit was Zuma wat op bedenklike wyse enkele weke gelede die laaste greintjie waardigheid vir homself uit ’n stikstarende Mandela probeer tap het.

Zuma en Mbeki het – hul weersin in mekaar ten spyt – één ding gemeen: Hulle het verseker dat Mandela se merkwaardige morele erflating vir Suid-Afrika saam met hom begrawe sal word.

Dit lê hulle ten laste dat Suid-Afrika op ’n glybaan, soos die rand, op pad is na die karikatuur van “net nog ’n Afrika-staat”.

Die ANC het Mandela lank gelede al “laat gaan”. Daarvan getuig die ANC se interne storms en sy korrupsiedeurdrenkte kaderbevoordeling.

Die ANC en die land is sedert 1997 – drie jaar ná “bevryding” – onherkenbaar verwyder van die Mandela-era se morele grondslag.

Mbeki en Zuma se erflating is dat hulle elke dag die statuur wat Mandela Suid-Afrika gegee het, aftakel. Hul huidige vergoddeliking van hom is net siniese selfverheerliking.



  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei