Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Saterdag

    18°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    17°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 2.5mm

    Humiditeit 41%

  • Maandag

    16°C / 8°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 47%

  • Dinsdag

    17°C / 6°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%


Woord onderweg: Krag van nuwe generasies

Vrydag 14 Junie 2013

Ons identifiseer graag generasies en ken eienskappe aan hulle toe.

Alle vorme van veralgemening het die nadeel dat dit die raaksien van diversiteit beperk en karikature kan skep: “Jy is suinig, want jy is van die “stil generasie” (gebore 1920 – 1945).

Generasie-teorieë word veral deur bemarkers – van klere tot godsdiens – benut.

Werklike voordele is die insig hoe gebeure soos oorloë en beter tegnologie ons lewensingesteldheid en geneigdheid om te konformeer beïnvloed.

Wyse Bybelskrywers het opgemerk dat een “geslag” ’n volgende ten goede of ten kwade beïnvloed.

Daarom het elke geslag ’n toekoms-verantwoordelikheid.

In sy artikel oor die millennium-generasie (Millennials) toon Joel Stein eers – met “bewyse” uit navorsing, statistieke en geleerdes se menings – dat die generasie van 1980 tot 2000 glo die mees narsistiese, luiste en tegnologie-verslaafde generasie van alle tye sou wees (Time, 20 Mei 2013).

In die tweede deel toon hy eweneens met “bewyse” uit navorsing, statistieke en geleerdes se menings dat juis dié geslag se aanvaarding van alle soorte mense, ’n sterker behoefte aan ervarings as besittings en omgewingsbewustheid ons wêreld kan red.

As gesin het ons nogal pret gehad om die geneigdhede oor en weer te erken. Selfs om as “Baby Boomer”-ouers van die “luies” te hoor hoe ons van werk ’n afgod maak.

Saam besef ons ook dat ons meer oor die Westerse jeug bespiegel as om ons eie land te ken. Hoe waar is die gerugte oor alkohol- en dwelmkrisisse, vroue-mis-kenning en die gebrek aan stimulasie en storieboeke?

Kan ons met die intergeneratiewe rykdom van ’n gesin nie net een skooltjie help bou aan ’n beter toekoms nie?

– André van Niekerk

Uit die Woord: “Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.” – Psalm 100:5.



  • aktueel

    Taaldebat sonder ’n rasonderrok

  • rubrieke

    Lot van Dasnois sleg vir vryheid

  • rubrieke

    Pad na revolusie loop deur maag

  • rubrieke

    Die dag toe die ‘CEO’ van ’n myn kom kuier

  • spotprent

    Spotprent, 24 Julie

  • hoofartikels

    Boewe wys die EFF se ware kleure

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 24 Julie 2014

  • briewe

    Ek het De Kock nie in die steek gelaat

  • briewe

    Nuwe planne vir kaarte in rugby

  • briewe

    Losprys vir ‘Stem’al in 1994 betaal

  • briewe

    Taegrin se dood: Net nóg ’n misdaad?

  • briewe

    Balpeutery vernederend vir SA, spelers

  • briewe

    Dit klink asof jy in ander land woon

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 23 Julie 2014

  • aktueel

    #NextGiantLeap: Mars

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • briewe

    Wetenskaplikes laat gnostisisme herrys

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Twyfelaars, waarin glo julle dan?

  • spotprent

    Spotprent, 23 Julie

  • rubrieke

    Die dood kan die lig laat skyn

  • rubrieke

    Stories om herkoms van alles te begryp

  • hoofartikels

    Staat moet boere kan beskerm

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • briewe

    Wag voordat ons skuld op Russe pak

  • briewe

    VSA skiet óók passasiersvliegtuig neer

  • briewe

    Skeidsregter het Haaie g’n gehelp

  • briewe

    Witbank trek aan kortste krag-ent

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 22 Julie 2014

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 22 Julie 2014

  • rubrieke

    Pa, vir jou wens ek ’n Bosveldplaas

  • rubrieke

    De Kock-parool is ’n bitter pil

  • hoofartikels

    Zuma en regering takel OB af

  • briewe

    ’n Jong man vertel oor sy lewensles

  • briewe

    Pak swak staat oor kind se lyding

  • briewe

    Finale afskeid wag op almal

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • aktueel

    Twyfel nié Bybel se pad

  • Wat sê jy?

  • briewe

    Geldgierigheid kos SA sy waardes

  • briewe

    Israel wil net voortbestaan as volk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus