Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    17°C / 7°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 41%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


Woord onderweg

Madiba: God se geskenk aan ons

Vrydag 28 Junie 2013

Geloof in God dring ’n mens om jou lewe nie om jou eie belange en belewinge te laat draai nie, maar om die breër werklikheid en moontlikhede ter harte te neem.

Daarom help die Bybel se getuienisse ons om in te sien dat die lewenskuns nie net om die binnewerking van jou lewe (siel) gaan nie, maar ook oor jou liggaam; nie net oor jou volk nie, maar oor alle nasies; nie net oor die kerk nie, maar oor die “koninkryk”; en nie net oor die werklikheid nie, maar ook oor die misterie daaragter.

Vanuit so ’n geloofsraamwerk is Nelson Mandela God se groot geskenk aan Suid-Afrika en die wêreld.

Mandela het groot frustrasie in sy ywer vir geregtigheid in sy geboorteland be-leef. Hy is byvoorbeeld in 1960 nie eens geantwoord op ’n skriftelike pleidooi om ’n gesprek met dr. H.F. Verwoerd nie. Tog het hy bly verkondig onreg beroof nie net die verdruktes nie, maar ook die verdrukkers van hul menslikheid.

Ná 27 jaar in die tronk is hy nie bitter nie, maar dra die vaandel van versoening te midde van die mag en aansien wat hy as wêreldwye ikoon het.

In die week ná sy veelbesproke verskyning in ’n Springbok-rugbytrui wat hom die no. 1-nasiebouer gemaak het, verwoord hy sy houding in ’n toespraak aan Afrikaner-organisasies.

Hy toon begrip vir die Afrikaner se liefde vir sy taal en kultuur. Hy vind ooreenkomste in die vryheidstryd teen kolonialisme en die verbondenheid aan die grond. Hy huiwer nie om sy teleurstelling uit te spreek omdat Afrikaners wat self erg gely het, hul mede-Suid-Afrikaners soveel lyding kon aandoen nie. Hy benadruk dat die Christelike oortuiging oor die gelykheid van mense ons moet lei om die toekoms saam te bou.

Wanneer die Bybel ons deur groot leiers herinner aan God se genade, skep dit hoop: God kan weer én meer.

– André van Niekerk

Uit die Woord: “Mag die koning se naam altyd onthou word, mag sy roem duur so lank as die son daar is, sodat al die nasies hulle in sy regering verlustig en hom prys!” – Psalm 72:17



  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Spotprent, 26 Julie

  • rubrieke

    Wie is Afrikaans se vyande?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 26 Julie 2014

  • Dis tyd vir doen, nie vir braai

  • Aanhaling van die week

  • Wat sê jy?

  • 45571