Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 11°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Sondag

    22°C / 10°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    19°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 54%


Die wêreld om ons

Rubriek: Kyk na krieke en jy verstaan die mensdom

Erik Holm

Vrydag 28 Junie 2013

By diere is dit gewoonlik die mannetjies wat meeding om rangorde in die trop – en uiteindelik gaan dit maar oor die wyfies.

Een mannetjie is genoeg om saam met ’n groot klomp wyfies die spesie se voortplanting te verseker. Daarom is daar altyd te veel mannetjies en is die natuur soms rof met hulle.

Die primitiefste vorm van uitdunne is gevegte. Skape, bokke, beeste en baie wildsbokke stamp eenvoudig kop tot een van hulle bes gee.

Kangaroes en hase boks met hul voorpote. Dié gevegte is selde dodelik, maar erg vir die breinselle en kom dus algemeen voor by diere wat min daarvan het of nodig het.

Intelligenter diere het minder skadelike vegmetodes. Sommige soorte skeerbekmuise staan byvoorbeeld net en skree op mekaar totdat een se senuwees ingee en hy gesteriliseer wegsluip.

Die volgende, beter stap is om die wyfies te probeer beïndruk met statussimbole. Die ereboogvoëls bou byvoorbeeld paleise om wyfies te beïndruk en dans en sing dat dit ’n naarheid is. (Hulle saboteer en besteel ook die kompetisie se konstruksies.)

Feitlik alle mannetjies – van insekte tot takbokke – het helder kleure en nuttelose uitgroeisels vir vertoon. Dié statussimbole kan teenproduktief raak as die mannetjie met die grootste horings die wyfie kry, terwyl hy geneties andersins minderwaardig is.

Die beste statussimbole is uiteindelik dié wat ’n hindernis vir die mannetjie kan wees; iets wat sy fiksheid om te oorleef kan takseer, soos die stert van ’n pou of flap.

Verleng jy ’n flap se stert met ’n stuk swart lint, kry hy al die wyfies. Vir hulle lyk dit of hy baie fiks moet wees om met so ’n stert te oorleef. By roofdiere kan die wenner erg beseer raak in so ’n magstryd. Hul rangorde-gevegte neig dus meer na vertoon- of dreiggevegte eerder as die ware Jakob. Die mensdom het ook in daardie rigting ontwikkel.

Die mooiste voorbeeld hiervan kry jy by kriekmannetjies. Hulle hou skouspelagtige, bloedlose rangordegevegte waarin die sterkste een nie noodwendig wen nie. As jy in ’n rangorde van sê een tot tien byvoorbeeld no. 5 of 6 vir ’n ruk isoleer sodat vyf elke aand wen en ses verloor, gebeur iets vreemds as jy hulle terugsit by die res. No. 5 gee dadelik almal bo hom pak en no. 6 sak uit na laaste.

Dit lyk dus of vertoon-rangordes gegrond is op selfvertroue. ’n Wenkriek gee ook ’n “oorwinningskreet” ná ’n geveg en intimideer die verloorder só. Maak jy die kriek doof, hoor hy nie die belediging nie, word al hoe kordater en eindig dikwels heel bo!

Die lessie? As jy boaan die pikorde wil eindig, ontwikkel jou meerderwaardigheidskompleks en skakel jou minderwaardigheidskompleks af.

Moenie werk aan werklike gehalte nie, dit is tydmors. Dit verklaar ook hoe die wêreld bevolk geraak het deur sulke talentlose en dom politieke leiers. Dowe krieke!



  • rubrieke

    Een mens, een stem, een paspoort

  • aktueel

    ‘Onder EFF stap ons Zim-paadjie’

  • spotprent

    Spotprent, 24 April 2014

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 24 April 2014

  • hoofartikels

    Nkandlagate sal nie net weggaan nie

  • rubrieke

    Preek nes jy wil, elk se soeke na sin is haar eie

  • rubrieke

    Wat sal uitslag van kiesers sê?

  • briewe

    Tshwane-manne werk deur die nag

  • briewe

    Heropening van grondeise is nie wys

  • briewe

    Wettig die handel in renosterhoring

  • briewe

    Afrikaans sal gedy as ekonomie groei

  • briewe

    DA-SMS oortuig nie om DA te stem

  • briewe

    Zuma nie die enigste ongewenste hoë

  • briewe

    Só voorspel ek die verkiesingsuitslae

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014