Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    18°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    21°C / 9°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%


Leon Rousseau

Onder vier oë: Altyd stewig in beheer

Saterdag 29 Junie 2013
Die uitsaailegende Verna Vels het verlede maand 80 geword. Leon Rousseau het met haar gesels.
Verna Vels in haar huis in Brixton, Johannesburg. Foto: Nelius Rademan

Die jaar is 1939. ’n Verskriklike oorlog lê om die draai, maar op die Vrystaatse dorpie Reitz is alles rustig. Dr. Johnny Mohr se Chrysler het pas die hoofstraat verlaat. By Mohr is sy vrou, hul dogtertjie, Myrna, haar beste maatjie, die sesjarige Verna Vels, en dié se ouers.

Hulle vat die 30 myl-sinkplaatpad na Bethlehem om na Snow White te gaan kyk.

Walt Disney het 5 000 kunstenaars en tegnici in sy ateljees gehad om uiters versigtig, nie op papier nie, maar op glas, die derduisende volkleurskilderye te maak en te verwerk wat vir die wêreld se eerste volwaardige tekenprent in volkleur nodig was.

Digitale kortpaaie het nog ver in die toekoms gelê.

Elke kind wat Snow White and the Seven Dwarfs gesien het, ek inkluis, is verstom deur ’n prent wat sy tyd ver vooruit was. Verna ook; maar die afskuwelike heks wat Sneeuwitjie na haar skuilplek by die kabouters volg en haar ’n vergiftigde appel aanbied, het haar nagte lank laat wakker lê. Veel later sou Verna ’n heksie skep wat geen kind kan bang maak nie. Hieroor later meer.

Verna Vels was haar lewe lank ’n beskeie mens, ’n Israeliet sonder bedrog, maar stewig in beheer van haar eie lewe. So het ek haar leer ken toe ons in 1965 by Human & Rousseau die eerste Liewe Heksie-boeke uitgegee het en so was sy nog toe ek haar vir hierdie artikel in haar huis in Brixton gaan besoek het.

Brixton is nie Johannesburg se deftigste buurt nie, maar “dit grens aan Auckland Park en dis naby die SAUK, die universiteit en die hospitaal”, sê sy.

Van die drie was die SAUK maar altyd vir jou die belangrikste, sê ek, en dit gee sy geredelik toe. “Daar is eintlik geen ander werk waarvan ek iets weet nie.”

Sy wou aanvanklik joernalis word, maar in die laaste jaar van haar letteregraad aan Tuks het sy ’n omroeperstoets by die SAUK afgelê en geweet waar sy wil gaan werk. Daardie werk het sy lewenslank gedoen.

Die laaste van haar drie hoofvakke – Afrikaans-Nederlands, Engels en kunsgeskiedenis – het sy in November 1954 geskryf en twee weke later is sy as omroeper in Durban aangestel, waar haar dorpsgenote Monica Breed en Alewyn Lee reeds gewerk het. Ook ander bekendes soos Bosman de Kock, John van der Berg en Hein Toerien het sy spoedig by die SAUK in Durban leer ken.

Jou lekkerste werktyd?

“Hulle was omtrent almal vir my lekker,” sê sy. “Maar ’n baie besondere een was toe ek van Durban na Johannesburg verplaas is en Vrouerubriek moes behartig. Jy weet, daar was daardie dae nie baie geleenthede vir vroue nie. Baie mans het ons in die eerste plek as huisvroue gesien en gedink ’n program vir vroue moet nét oor resepte en kinders grootmaak gaan. Vroue het ’n baie breë belangstellingsveld selfs toe al gehad.”

Maar dit was nie al wat jy toe gedoen het nie.

“Nee, hoewel Vrouerubriek ’n daaglikse program was en dit hou ’n mens baie besig. In dié tyd het Bep van der Merwe Vir die kleinspan uit Pretoria aangebied.”

Elizabeth van der Merwe? Sy’t wonderlike kinderrympies vir Human & Rousseau geskryf.

“Dis dieselfde een. Toe vra sy my om ’n storie te skryf waarin kinders kan kennis maak met die instrumente van die orkes. So het Liewe Heksie en die orkes ontstaan. Die kinders het dit blykbaar geniet en ek kan maar net hoop hulle het darem iets van die instrument agtergekom, want Heksie wou geen instrument bespeel nie, sy wou net sing. Liewe Heksie en die orkes was die eerste in die eerste volwaardige reeks Liewe Heksie-stories. Daarna het ek nog vyf of ses reekse vir die radio geskryf.”

Enter Human & Rousseau, dink ek, omstreeks 1965?

“Dis reg. Die eerste van die ewe kleinerige versamelbundels het in daardie jaar verskyn. Daar was ook twee groter versamelings. En heel laaste nog ’n groot omnibus” (37 jaar later, in 2002).

Toe ek by Human & Rousseau was, was Liewe Heksie van ons heel beste verkopers. Bly sy gewild?

“Ek dink so. Al die boeke word gereeld herdruk en die omnibus was ’n groot sukses. Albei boeke wat in hierdie eeu verskyn het, is in hul sewende druk. Intussen was daar nog Liewe Heksie-plate ook, ons het hulle langspelers genoem, van 1968 af.”

Ek onthou die plate baie goed. Maar die opwindendste was seker vir jou die TV-reekse.

“Opwindend, maar nie maklik nie. Ek het self die stories vir TV verwerk en TV was toe nog ’n betreklik nuwe medium. Jy besef gou hoe geduldig papier is. In die boeke was daar geen einde aan wat die karakters kon doen nie, maar met die visuele beeld moes ’n mens wel deeglik rekening hou met die beperkings van die poppe wat die stories moes vertel.”

Die poppe was pragtig. Wat noem ’n mens daardie soort pop?

“Ons het hulle staafpoppe genoem, om hulle te onderskei van handpoppe.”

Ek het die stel in jul ateljee kom bekyk. Dit was toweragtig.

“Daarvoor moes ons die SAUK se modelbou-afdeling bedank. En die rekwisiete, soos Karel Kat se motor en die helikopter, was enige kind se droom. Ons het die eerste reeks van 26 episodes in 1978 gemaak. Dit was so ’n groot sukses dat nog ’n reeks van 26 in 1982 gevolg het.”

Die evolusie van Liewe Heksie: Eers oor die radio, toe in gedrukte vorm, daarna op plate, uiteindelik as poppespel oor TV. En nou, die ultimate . . .

“Nou is daar ’n maatskappy wat ’n animasie-weergawe van Liewe Heksie wil vervaardig, maar dis ’n langdurige proses; ons werk al nege jaar daaraan en ek het onlangs die vyfde konsep vir ’n draaiboek voltooi. Op die oomblik staan dit stil omdat geld in die resessie so skaars is. Die werk wat ek wel al aan ’n paar tekste vir animasie gedoen het, is baie opwindend, want animasie bied talle moontlikhede en die storie kry ’n heel nuwe aanskyn.”

Niemand kan sê jy is nie vir jou harde werk beloon nie. Al die opwinding, die menigte pryse . . .

“Dis nie net die pryse nie, dis die kinders en hul ouers se mooi woorde. Dis ’n groot vreugde. En die geesdrif oor die DVD’s van die TV-reeks duur voort.”

In die laat 1960’s was jy ook in Nederland.

“Daar was ’n uitruilskema tussen ons en hulle. Ek het ’n jaar daar gewerk, by die Wêreldomroep in Hilversum, dit was in 1968. Hulle het elke dag ’n program in Afrikaans uitgesaai en ek en my kollega Pieter Spaarwater moes stof daarvoor soek. Onderhoude met beroemdes soos A. Roland Holst en Jan Greshof. En Annie Schmidt. En Corrie ten Boom. Heerlike dae!”

Dit was net agt jaar voor TV.

“Net agt jaar, maar dit was nie maklik om daarby uit te kom nie. Dr. Albert Hertzog, die minister, het nie lus gevoel vir ‘die kassie’ nie. ’n Paar van ons het vir TV betoog, een jaar op ’n soort maskerbal by die SAUK. Ons het allerlei slagspreuke uitgedink.”

En die owerheid? Geen nagevolge nie?

“Mnr. Douglas Fuchs was toe direkteur-generaal en hy het gelukkig ook gedink dit is snaaks. En toe kry ons ’n prys vir ons poging boonop. Teen 1974, met twee jaar voor D-dag, het ons vir TV begin beplan en programme begin opstel. Ek was nóú daarby betrokke. Ook programme in die buiteland aangekoop.”

Kraaines en Wielie Walie het mos onder jou leiding ontstaan.

“Ja, maar ek het hoogs talentvolle regisseurs gehad. By Kraaines was dit mense soos Awie Bosman, Jan Horn en Leonora Nel, en Wielie Walie was Louise Smit se baba. Karakters soos Bennie Boekwurm, Karel Kraai en Sarel Seemonster was almal haar geesteskinders.”

En wie was die stem van Bennie Boekwurm? Om te swyg oor die stem van Liewe Heksie en Blommie Kabouter . . .

“Dit was ek. Al drie. In 1983 het ek programdirekteur van TV1 (Afrikaans) geword. Dit was die hoogste pos wat ’n vrou toe nog ooit by die SAUK beklee het. Dit was ander tye. Eintlik was Liewe Heksie die belangrikste vrou. Een koerant het selfs gespot sy gaan nou die ‘nies’ lees.”

Om al jou pryse te noem: ’n Artes van die SAUK vir jou bydrae tot die uitsaaiwese. Die Tienie Holloway-medalje vir kleuterlektuur van die Akademie. ’n Erepenning van Unisa, ook vir kleuterlektuur. ’n Laureata-toekenning van Tuks Alumni. En toe jy nou in 1993 aftree, op 60, was dit nie die laaste sien nie.

“ ’n Mens bly maar besig. Ek reis baie. En toe 7de Laan in 2000 begin het, het Danie Odendaal en Annie Basson my gevra om te help. Eers meestal met die storielyn. Van 2001 af werk ek twee dae in die week as toesighoudende regisseur. Lekker werk. Maar jy moet by die sepie betrokke raak om te besef dis nie net maanskyn en rosegeur nie. Streng dissipline, ekstra harde werk. As net een speler of lid van die produksiespan laat slap lê, is die hele rooster daarmee heen.”

In die loop van ons lang gesprek in Verna se huis was haar huiswerker, Francina, gedurig in die kombuis besig en haar twee hondjies oral. “Sisi en Vicky regeer die plek,” sê Verna. Miskien soms, maar daar is geen twyfel oor wie stewig in beheer is nie.

• Rousseau is ’n skrywer en oud-uitgewer.



  • rubrieke

    Bring my t’rug na die ou Transvaal

  • rubrieke

    Nkwinti raak in ras verstrik

  • hoofartikels

    Skep werk deur NOP te laat lewe

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 31 Julie 2014

  • rubrieke

    Lagwekkende situasie, mnr. Turkse pruim

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 31 Julie 2014

  • briewe

    Koot en sy maters sal lank wag voordat die ewige woord van God sal verander

  • briewe

    Kom, Leeus, laat ons weer brul!

  • briewe

    ’n Plan vir al die prez se probleme

  • briewe

    Gun elke ou sy ervaring van godsdiens

  • aktueel

    Skoleplan: Is daar ’n ander motief?

  • briewe

    Stig beursfondse en help jongmense

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • aktueel

    ‘Politiek gaan nie werk’

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 30 Julie 2014

  • hoofartikels

    Korrupsie kan tot sterftes lei

  • rubrieke

    Taal word só ’n smal poort vir uitreik

  • briewe

    My hart bloei oor baie dinge, van my hond, tot Gasa, tot kerk se dwaling . . .

  • rubrieke

    Taegrin se stem roep tot ons

  • briewe

    Bybel misbruik

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 30 Julie 2014

  • briewe

    Moeg om bang, agter tralies en platsak op eie grond te wees

  • briewe

    Beeld eer 20 m. jong lewens gepas

  • briewe

    Gelowiges wat soek na meer van God se misterie, kry dit dikwels buite kerk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?