Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    18°C / 8°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 40%

  • Woensdag

    22°C / 9°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%


André le Roux

Rubriek: SA verloor sy M-handelsmerk

Saterdag 29 Junie 2013

Die dag as Suid-Afrika van Nelson Mandela se graf af wegdraai, gaan hy hom in homself vasloop.

Ons het reeds ons Madiba-handelsmerk verloor en daarmee die politieke en ekonomiese verebed waarop dié land in 1990 geland en sedertdien gerits het.

Die tekens is reeds daar dat Suid-Afrika voor ’n nuwe werklikheid staan.

Die afgelope week is bekend gemaak dat regstreekse buitelandse beleggings in Suid-Afrika jaar ná jaar bly val, verlede jaar met $1,4 miljard (R14,2 miljard) vergeleke met 2011.

“Disinvestering” – ’n woord uit die donker sanksiejare – is weer met ons soos wat veral buitelandse mynmaatskappye hulle ontkoppel ná die Marikana-slagting en die ANC-spook van “nasionalisering” met nuwe ywer roer.

Suid-Afrika het sy internasionale statuur te danke gehad aan Mandela.

In die 23 jaar sedert sy vrylating het Suid-Afrika sy muishond-mantel afgegooi en, raar vir ’n Derdewêreldland, reeds twee termyne as tydelike lid van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies gedien.

Dié land is, buite verhouding tot die grootte van sy ekonomie en sy werklike politieke invloed, die enigste Afrika-land in die G20-groep.

Suid-Afrika is tot vier jaar gelede as gas by G8-spitsberade betrek. Sedertdien – of eerder sedert Jacob Zuma se onbeholpenheid by die L’Aquila-G8 in 2009 – het die leiers van Tanzanië, Nigerië, Ghana en Kenia die uitnodigings gekry.

Die ANC-regering, met Mandela wat uit die openbare oog weggedryf het, het sy vervreemding in Wes-Europa en Noord-Amerika begin aanvoel.

Pres. Jacob Zuma se komieklike pogings om sy eertydse borg, kol. Moeammar Ghaddafi, van ’n revolusie te red, was dié keerpunt in die politieke belegging wat die Weste in die apartheidsjare aan die ANC in ballingskap gemaak het.

Dit het die erosie van Suid-Afrika se wêreldstatuur en politieke vertroue in die land sedert die Mandela-era verhaas.

Suid-Afrika kan, ná Mandela se dood, ten beste maar net hoop dat hy nog na die diplomatieke skemerkelkparty genooi sal word.

Of hy nog ’n plek aan die saakmakende internasionale besluitnemingstafel gaan vind, is te betwyfel.

Die voortekens van Suid-Afrika se uitsluiting bars reeds deur die oppervlak.

Sodra die internasionale gemeenskap die Zuma-bewind nie meer aan Mandela gelyk hoef te stel nie, gaan die wêreldlandskap vir Suid-Afrika drasties verander. Dit gebeur reeds tot ons skade.

So ervaar die Europese Unie (EU) hierdie ANC-regering se China-gerigtheid en houding teenoor Westerse maatskappye en beleggings toenemend as politieke én ekonomiese antagonisme.

Die EU kyk eerder na die ekonomiese gemeenskappe van Wes- en Oos-Afrika as meer polities volwasse vennote.

Die Britte het pas maatskaplike geldhulp aan Suid-Afrika gestaak.

Die VSA heroorweeg tans Suid-Afrika se status as ’n voorkeur-handelsvennoot.

Dit is ’n ou waarheid dat lande se politieke vennootskappe en hul handelsbande die twee kante van dieselfde munt is.

Wanneer die diplomatieke skemerkelkpartytjie verby is, bly dié waarheid oor: Lande en regerings het nie vriende nie, hulle het belange.

En wanneer die Madiba-moetie nie meer vir Zuma en sy regering beskikbaar is nie, sal die keiser ook sy klere verloor. Sy belange, bedoelende dié keer sy politieke belange, sal ontbloot wees.

Suid-Afrika betree gevolglik met sy bedenklike leiers ’n onsekere tydperk waarin hy net op homself aangewese sal wees.

Hierdie land sal nie op sy Madiba-rente kan bly teer nie.

Nelson Mandela sal dus ’n gat in Suid-Afrika se siel laat en hy verdien nie om dit te weet nie.



  • spotprent

    Spotprent 25 April 2014

  • aktueel

    ’n Brandpunt-gebied

  • hoofartikels

    Mdluli wys hoe die staat intimideer

  • rubrieke

    Só kan die DA swartes lok

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 25 April 2014

  • rubrieke

    Jou kaartjies vir rugby word een – agter die pale

  • briewe

    Lig net eers die ANC uit die kussings

  • briewe

    Kry rugby uit vervelige doodloopstraat

  • briewe

    Gesonde mededinging is nodig

  • briewe

    Afrikaanse kerke het ’n rol te speel

  • briewe

    Engelse ook deel van wit bevolking

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Een mens, een stem, een paspoort

  • aktueel

    ‘Onder EFF stap ons Zim-paadjie’

  • spotprent

    Spotprent, 24 April 2014

  • Beeld se voorblad op Woensdag, 24 April 2014

  • hoofartikels

    Nkandlagate sal nie net weggaan nie

  • rubrieke

    Preek nes jy wil, elk se soeke na sin is haar eie

  • rubrieke

    Wat sal uitslag van kiesers sê?

  • briewe

    Tshwane-manne werk deur die nag

  • briewe

    Heropening van grondeise is nie wys

  • briewe

    Wettig die handel in renosterhoring

  • briewe

    Afrikaans sal gedy as ekonomie groei

  • briewe

    DA-SMS oortuig nie om DA te stem

  • briewe

    Zuma nie die enigste ongewenste hoë

  • briewe

    Só voorspel ek die verkiesingsuitslae

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014