Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 7°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Donderdag

    18°C / 9°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 9°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Saterdag

    19°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Sondag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Pieter du Toit

Rubriek: As die ANC sy mag verloor

Vrydag 19 Julie 2013

Dis 11 Mei 2014, 20 jaar ná Nelson Mandela se inhuldiging as Suid-Afrika se eerste demokratiese president en twee weke ná ’n algemene verkiesing op 27 April 2014. Hier is Beeld se hoofberig:

Potchefstoom. – Pres. Jacob Zuma het gisteraand laat ’n noodtoestand in die land afgekondig en die Grondwet opgeskort nadat voorlopige verkiesingsuitslae gewys het die ANC staan op die punt om sy meerderheid te verloor.

Dié ongekende stap is volgens hom nodig omdat daar “groot onsekerheid oor die juistheid van die uitslae is”.

Opposisiepartye, wat al geruime tyd oor ’n koalisieregering samesprekings voer, het die president se proklamasie skerp veroordeel en internasionale ingryping gevra. ’n Woordvoerder van die opposisie het gesê hulle het die regerende party in die aanloop tot die verkiesing gemaan om die demokratiese proses en Grondwet te eerbiedig, “maar sy ware kleure wys nou”.

Die presidensie het gesê die opskorting van die Grondwet – benewens die Handves van Menseregte – is gedoen sodat die regering “bandeloos ondersoek kan instel” na die verkiesing en of dit bekook is om die regerende party van sy mag “te stroop”. Die noodtoestand sal ook stabiliteit verseker omdat dit bepaal bestaande ampsbekleërs bly in hul poste totdat die regering die uitslae kan sertifiseer.

Die hoofregter het volgens sy woordvoerder skriftelik kapsie gemaak by die president. Hy is volgens die presidensie “na ’n plek van veiligheid” geneem en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

’n Regeringswoordvoerder het gesê die minister van justisie, in oorleg met die president, sal in die tussentyd as die oppergesag van die reg funksioneer en dat “burgerlikes die regering kan vertrou om die regte ding in dié onstuimige en moeilike tyd te doen”.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se voorlopige uitslae gaan die ANC vir die eerste keer tot minder as 50%-steun gedwing word. Net die uitslae in die ooste van Pretoria, landelike Noordwes, Kaapstad se noordelike voorstede en enkele townships rondom Port Elizabeth is nog uitstaande.

Onrus dreig in verskeie stede en dorpe nadat die OVK die voorlopige uitslae uitgereik het. ANC-ondersteuners hou vol “dit is onmoontlik” dat dié bevrydingsorganisasie se steun so verswak het terwyl ander sê die party moet getrou aan die gees van Suid-Afrika se politieke skikking bly en die uitslag aanvaar.

Die polisie en weermag is in die vernaamste stede ontplooi terwyl ’n aandklokreël ook van vanaand sal geld.

’n Span onder leiding van die minister in die presidensie gaan met die hoofkiesbeampte vergader sodat die uitslae nagegaan kan word. “Dis noodsaaklik sodat die land berusting oor die verkiesing kan kry,” het ’n presidensiële woordvoerder gesê en bygevoeg die ANC se sekretaris-generaal en hoofstrateeg sal die vergadering ook bywoon omdat hulle ’n “regstreekse belang” by die proses het.

Die ANC het gesê hy is verlig die staatshoof het opgetree. “Die president moet geprys word vir die manier waarop hy die opposisie se politieke opportunisme gesmoor het.”

Ontleders het die regering gewaarsku hy dobbel met die demokrasie.

Een meen ontslape ANC-leiers sou geskok gewees het oor die ANC se omgaan met grondwetlikheid. “Dr. Frederik van Zyl Slabbert het destyds gewaarsku die ware toets vir Suid-Afrika gaan kom wanneer die ANC mag verloor en hoe hy dit gaan hanteer. Ons demokrasie word afgetakel elke keer wanneer hy nie prosesse nakom en reëls eerbiedig nie,” het hy verduidelik.

• Die ANC weier om die mag in Potchefstroom aan die DA te oorhandig ná ’n mosie van wantroue in die burgemeester. Die hooggeregshof in Pretoria beslis Dinsdag oor die saak.



  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?