Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


Elise Tempelhoff

Rubriek: Kragplan vir opheffing kan ellende bring

Die wêreld om ons

Vrydag 19 Julie 2013

Eskom is in die knyp. Asof dié kragverskaffer nie genoeg probleme het met vertragings aan die bouwerk van sy kragsentrales Kusile (Ogies) en Medupi (Lephalale) nie, kou hy deesdae ook naels oor die beskikbaarheid van steenkool én oor die besoedelde water wat met die myn van dié fossielbrandstof gepaardgaan.

Eskom se kragstasies kan nét met skoon water werk en die ironie is dat hy deels aanspreeklik is vir die besoedelde water in Mpumalanga omdat hy steenkool koop van myne wat vleie, riviere en panne opmyn.

Nou sit hy met die hande in die hare, want soos Nandha Govender, bestuurder: water en omgewing by Eskom, vandeesweek gesê het, Eskom kry “nou net steenkool van 15 steenkoolmyne sonder waterlisensies”. Voorheen was dit 45 onwettige myne, het hy gesê. Dié uitlating maak ’n mens onrustig omdat dit begin lyk of die goedkeuring van waterlisensies niks anders as ’n rubberstempel is nie.

Govender het egter onlangs in ’n gesprek met my gesê hulle is “nogal” bekommerd oor waar Kusile sy water gaan kry omdat omgewingsorganisasies Anglo Coal se New Largo-myn naby Ogies oor waterkwessies “terughou”.

Op daardie plek waar Anglo Coal vir Kusile wil steenkool uithaal, is reuse-vleie en -panne, almal in die opvangsgebied van die Olifantsrivier. Die mynreus is dus nog glad nie seker wanneer dié myn in bedryf gaan kom nie.

Dinsdag het Govender in Johannesburg aan lede van die Suid-Afrikaanse nasionale energievereniging (Sanea) gesê Eskom is boonop bekommerd oor klimaatsverandering. Dit kan daartoe lei dat Mpumalanga deur vloede of dalk erge droogtes geteister word.

Kusile het “baie water” en die steenkool lê vlak, maar Medupi, wat baie steenkool het, het min water. Dit maak die ontginning en was van die steenkool moeilik en daar is ook nie genoeg water om Medupi af te koel nie. Dit is waarom daar nou gewerk word aan ’n skema om water van die Krokodilrivier na die Mokolo te bring.

Vir Govender is dit ’n bitter pil dat die vleie en panne in Mpumalanga so vernietig word en as ingenieur (wat ook by Eskom werk) besef hy dat ekostelsels wat behoue bly onvervangbare en onskatbare ekonomiese en natuurlike waarde vir die land inhou.

Maar dit maak nie saak watter kant toe nie, Eskom kners op sy tande en dit gaan veroorsaak dat verbruikers in Suid-Afrika uiteindelik die spit afbyt vir swak beplanning en bestuur.

Ons gaan ook baie jare afbetaal aan ’n Wêreldbank-lening van R30 miljard vir Medupi. Ontleders het verlede week gesê Medupi se koste gaan waarskynlik nou R160 miljard beloop. Waar gaan ons dié geld kry?

Terwyl die regering Suid-Afrika van krag wou voorsien om mense uit armoede op te hef en werk te skep, gaan hy met dié twee projekte die sneller trek vir groter ellendes vir almal.



  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei