Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Vrydag

    19°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    20°C / 4°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    12°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 11.8mm

    Humiditeit 62%


Woord onderweg: Soos die skil van ’n lemoen

Vrydag 19 Julie 2013

Die mens is volgens Jesus nie vir die sabbat gemaak nie, maar die sabbat vir die mens.

Ons lewe nie ter wille van godsdiens nie. Godsdienstige aktiwiteite soos ere-dienste, gebede en liedere help ons om in die alledaagse lewe van God bewus te bly, geïntegreerd te kan lewe en nuwe krag en hoop te ontvang.

Vir kinders stel ek geloof voor as ’n lemoen wat jy gratis by God kry. Die skil van die lemoen is godsdiens, terwyl jou lewe die binneste vrug is. Sonder die beskerming van die skil, kan daar geen vrug wees nie. Lemoene met dikker skille is egter nie soeter nie.

Die fokus van die Bybel op die gewone lewe is nogal verbasend. Die wysheids-boeke help ons met praktiese lewens-waarhede. Die profetiese boeke leer ons om met ’n geloofsbril na omstandighede te kyk.

Sommige profete verkondig selfs dat God eerder minder godsdiens en meer geregtigheid in die lewe wil hê.

Ook die Bybelboeke met baie gods-dienswette se fokus was oorspronklik op die lewe.

Bevestig die tempel-inrigting dit nie? Op die plein was daar godsdienstige aktiwiteite soos offers en gebede. Maar in die allerheiligste gaan dit om daaglikse lewe. Daar is die tien gebooie bewaar – riglyne om in die verbond met God en teenoor ons naaste te lewe.

Mettertyd is die skil verdik en die liefdesgebod omseil. Daarom vertel Jesus ’n storie: ’n Priester en ’n Leviet sien ’n halfdooie man. Hulle stap verby. Rein-heidswette dwing hulle (byvoorbeeld Levitikus 21).

Ook ’n Samaritaan sien die halfdooie Jood. Samaritane is volksvyande met ’n onsuiwer godsdiens. Die Samaritaan stap egter nader. Deernis dring hom.

’n Dik godsdienstige skil kan keer dat jy die vrug by jou naaste laat uitkom. Daarteenoor kan ’n godsdienstige skil – al is daar vlekkies en kepies van onsuiwerheid – sorg vir lewe met ’n gesonde vrug wat jou naaste red.

– André van Niekerk

Uit die Woord: “Toe sê Jesus vir hom: ‘Gaan maak jy ook so!’ ” – Lukas 10:37



  • rubrieke

    Pa, vir jou wens ek ’n Bosveldplaas

  • rubrieke

    De Kock-parool is ’n bitter pil

  • aktueel

    Twyfel nié Bybel se pad

  • hoofartikels

    Zuma en regering takel OB af

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 22 Julie 2014

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 22 Julie 2014

  • briewe

    ’n Jong man vertel oor sy lewensles

  • briewe

    Pak swak staat oor kind se lyding

  • briewe

    Finale afskeid wag op almal

  • briewe

    Geldgierigheid kos SA sy waardes

  • briewe

    Israel wil net voortbestaan as volk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • Spotprent, 20 Julie 2014

  • rubrieke

    ​Wêreld is tans skrikwekkend

  • briewe

    Poetin se hande het hul bloed op

  • hoofartikels

    Vliegramp Poetin se morele skuld

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 21 Julie

  • rubrieke

    ​Wie’t matriek nodig om TV te kyk, regeer?

  • briewe

    Heelwat bronne oor ‘foute’ in Bybel

  • briewe

    Haaie is erg gehelp

  • briewe

    Daar is steeds arrogansie teen swartes

  • Wat sê jy?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 19 Julie 2014

  • rubrieke

    Dankie tog ons bly in SA

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 19 Julie 2014

  • hoofartikels

    Die wêreld wag op antwoorde

  • 45571

  • Aanhaling van die week