Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


Hoofartikel: Gaan Vavi aardbewing laat begin?

Vrydag 16 Augustus 2013

Die bohaai oor die skorsing van Zwelinzima Vavi as Cosatu se hoofsekretaris het op die oog af niks met politiek te doen nie.

Vavi het hom minstens swak gedra en Cosatu se naam oneer aangedoen. Op sy ergste het hy sy posisie misbruik om ’n junior werknemer seksueel uit te buit. Hy het dit boonop erken – daar is geen geskil oor die feite nie. Cosatu se leierskorps sal hul plig versuim as hulle hom laat aanbly.

So lyk dit vir iemand uit die buitenste ruim wat niks weet van die onderstrominge in die drieparty-alliansie van die ANC, Cosatu en die SAKP nie.

Maar mense wat die onderstrominge in die alliansie ken, wat weet hoe algemeen buite-egtelike seks in die leierskorps van dié organisasies is, weet van beter. Hulle verstaan wat regtig aangaan en weet Vavi se vertrek uit Cosatu-huis het niks met moraliteit te doen nie. Dis ’n magspel waarin hy uitgeskakel moet word.

’n Mens het lankal die indruk gekry dat Vavi ongelukkig is en sy eie ding gaan doen. Met sy statuur was hy reg vir ’n opwindende loopbaan elders in die openbare lewe, waarskynlik in die politiek. Hy wou sekerlik nie gehad het dat dit so moes gebeur nie.

Wat nou? Numsa was vroeër vandeesweek vol bravade toe hy Vavi wou beskerm. Die moontlikheid dat hy hom aan Cosatu gaan onttrek, is druk deur sy leiers bespreek. Vraag is of Numsa nog so dapper is nadat hy die verslag van arbiters onder oë gehad het, Vavi se bekentenisse gehoor het en dit met Vavi se teenstanders gedebatteer het.

As Numsa steeds voel soos Maandag, gaan hy in Desember finaal sy bande met Cosatu verbreek. Dit kan ’n damwal breek. Die ideologiese breuklyne in die alliansie was al dikwels onder druk, maar die spanning was nog nooit so hoog soos nou nie.

Dit gaan nie net oor die inhoud van wat betrokkenes sê nie – jy sien dit aan hul lyftaal. Hulle het genoeg gehad van mekaar.



  • aktueel

    Volksroetes na toekoms

  • spotprent

    Spotprent, 23 April 2014

  • hoofartikels

    Wie gaan met wie in bed spring?

  • briewe

    Groepsbelange is tog belangrik

  • rubrieke

    Kruis sluit ons werklikheid oop

  • voorblad

    Beeld se voorblad op Woensdag, 23 April 2014

  • rubrieke

    Stém: Almal maak saak in demokrasie

  • briewe

    Dink mooi voor jy jou kruisie trek

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Grond: DA veg om beter wetgewing

  • briewe

    Die ANC verdien nie my stem nie

  • briewe

    Stem wel en stem reg op 7 Mei