Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 14.2mm

    Humiditeit 61%

  • Donderdag

    21°C / 11°C

    Wind 14km/h

    Reënval 3.0mm

    Humiditeit 61%

  • Vrydag

    22°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 48%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    23°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Maandag

    22°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 42%


Dana Snyman

Rubriek: Afrikaners is mos hoflik, dit kan julle glo

Beeld-deurloop

Vrydag 16 Augustus 2013

Ons Afrikaners is darem hoflike mense – veral as dit by die groetslag kom.

Ons sal beswaarlik iemand groet, dan wil ons weet hoe dit met hom of haar gaan. “Hoe gaan dit?” sal jy vra. En dan sal die ander een, sê maar, antwoord: “Nee, dit gaan goed, dankie.” Let wel: “Nee, dit gaan goed, dankie.” Asof die persoon effens twyfel of dit regtig goed gaan.

Min mense sal reguit vir jou sê: “Dit gaan sleg, man.” Of: “Man, ek het soveel ellende. Die lewe is ’n gemors.”

Ons is hopeloos te hoflik daarvoor. Jy sal, wanneer dit nie te goed met jou gaan nie, eerder iets sê soos: “Ek is darem nog in een stuk.” Of: “Ek skop darem nog.” Of hoe het my oorle oom Japie altyd gesê as jy hom vra hoe dit gaan? “Aanhou, uithou, kophou en bekhou, ou maat.”

’n Tante in Namakwaland het eenkeer toe ek haar vra hoe dit gaan, geantwoord: “Ek het darem gelukkig vanoggend bo die grond wakker geword, Kind.”

Iemand sal ook vir jou sê: “Ek haal darem nog asem.” Of: “My kop is darem nog in die lug en my voete op die grond.” Of: “Arm maar geduldig.”

Dan is daar dié wat eintlik wil kla, maar besef dit sal nie help nie. Vra jy so een hoe dit gaan, antwoord hy of sy: “Dit gaan met my maar soos dit met ’n arm man gaan.” Ander sal sê: “Dit sal tog nie help om te kla nie” – en dan byvoeg: “ ’n Toe bek is ’n heel bek.”

Dalk verbeel ek my dit net, maar dit voel vir my asof dit veral mans is wat sulke gelaaide antwoorde gee wanneer jy hulle vra hoe dit gaan. Vra jy ’n vrou hoe dit gaan, sal sy nie sommer antwoord “Stil soos ’n landmyn – moet net nie op my trap nie” nie. Of: “Die dokter sê ek lewe darem nog.”

Daar is ook dié wat vir jou wil sê dit gaan goed met hulle, dan gee hulle vir jou ’n kort verduideliking hoekom dit goed gaan. Hulle sal sê: “Dit gaan goed. Dis mos darem al weer Vrydag.” Of: “Dit gaan goed. Die Bokke het darem ’n slag weer gewen.”

Ander kere groet jy ’n ou en vra hom hoe gaan dit, dan antwoord hy: “Kan nie kla nie.” Ek wonder soms wat dit beteken. Kán die persoon nie kla nie? Of wíl die persoon nie kla nie? Partykeer sal een wel vir jou sê: “Ek wil nie kla nie.” En dan begin daardie persoon oor allerhande dinge te kla.

Dan kry jy natuurlik die optimiste – dié wat jou ’n ferm handdruk gee en sê: “Ek moet net keer of dit gaan beter.” Of: “Die Here is goed vir my.”

Ek het ook eenkeer ’n man gevra hoe dit gaan, toe antwoord hy: “Dit gaan met my goed. Ek voel soos ’n oorlogskip op ’n visdam.” Toe kyk hy my in die oë en vra: “En hoe gaan dit met jou?”

“Wil jy regtig weet?” is al waaraan ek kon dink om vir hom te sê.



  • spotprent

    Spotprent 16 April 2014

  • aktueel

    Vurk in die pad is hier

  • hoofartikels

    Stem is te belangrik om te bederf

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Woendag, 16 April 2014

  • rubrieke

    Wilhelm Jordaan: Afsku, want ek doen mee aan Oscar-‘show’

  • rubrieke

    Jaco Strydom: Kerke moet tot bekering kom

  • briewe

    Bedorwe stem is werklik ’n vrot keuse

  • briewe

    Eers verafgod en nou verskeur

  • briewe

    Nel se styl van ondervra nie uniek

  • Vir wie gaan ek stem? Nugter weet!

  • briewe

    Stem tog teen die korrupte spul

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • spotprent

    Spotprent 15 April 2014

  • aktueel

    Grond: Kan kiesers DA glo?

  • hoofartikels

    Staking se tol word te hoog

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Dinsdag, 15 April 2014

  • rubrieke

    Jonathan Jansen: Adv. Nel leer SA gevaarlike les

  • rubrieke

    Wat alle mans oor vroue moet weet

  • briewe

    Tyd vir groter duidelikheid oor regte

  • briewe

    SAUK: Waarom swyg werknemers?

  • briewe

    Só koop die ANC nou skielik stemme

  • briewe

    Inkwisisie en die Oscar-hofsaak

  • briewe

    SA howe het lankal getransformeer

  • briewe

    Regspatrone in apartheid nie só sleg

  • Wat sê jy?

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • sielsgoed

    Uit die Woord

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • briewe

    Op 7 Mei sal ek in die ry gaan staan

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Maandag 14 April 2014

  • spotprent

    Spotprent 14 April 2014

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • briewe

    Saterdag-Beeld is ’n wenner!

  • briewe

    Raak ontslae van Naka ‘Vrotskie’

  • hoofartikels

    Ander reëls geld in ’n strafhof

  • rubrieke

    André le Roux: Kleinlikheid oor titel wys JZ uit

  • briewe

    Viktimisasie-klag teen Nel is vreemd

  • briewe

    Moordsaak gaan oor ego’s, nie Oscar

  • briewe

    Dr. Landman, die regter sal besluit

  • rubrieke

    Blou Willem: Destyds was dit óf Nat óf Sap, Ford of Chev

  • voorblad

    Beeld se voorblad vir Saterdag 12 April 2014