Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    21°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%


Tim du Plessis

Rubriek: ’n Redakteur en ’n ware ‘pro’

Vrydag 16 Augustus 2013

Iewers in 1992 het Salie de Swardt, destyds redakteur van Beeld, Peet Kruger na sy kantoor laat kom. Peet was toe ’n jong politieke verslaggewer hier.

Salie het vir Peet gesê hy wil hom bevorder tot politieke beriggewer. Sou Peet instem, sou dit hom Beeld se politieke indoena gemaak het. Hy sou berig oor die belangrikste politieke gebeure van die dag en sy insigte daarin aan die lesers oordra.

Sou die redakteur iets meer oor die politiek wou weet, was Peet die een na wie hy sou gaan.

Peet sê toe vir Salie ja, hy sal graag politieke beriggewer wil wees. Maar Salie moet weet hy wat Peet is, ondersteun nie die NP nie. Hy is in die algemeen en so ongeveer meer Prog as Nat.

Synde die mens wat hy is, het Salie sonder om ’n oomblik te huiwer vir Peet gesê hy het vrede met sy politiek. Al wat hy van Peet verwag, is om ’n professionele joernalis te wees wat sorg dat Beeld die stories kry. Soos hulle sê, dit kos ’n pro om ’n ander een raak te sien.

So word Kruger toe Beeld se politieke beriggewer in een van die spanningsvolste, mees dramatiese tydperke in die land se geskiedenis. Die Kodesa-onderhandelinge, die ’94-verkiesing, die skryf van die ’96-Grondwet, die WVK-proses, kortom, “die hele katastrofe”.

Kruger was een van ’n merkwaardige korps van “historici op ’n drafstap” – soos joernaliste al genoem is – wat berig het oor ’n waarlik epogmakende tyd.

Deur alles was hy nooit enigiets anders as die man daardie dag in De Swardt se kantoor nie: ’n professionele joernalis tot in sy vingerpunte.

Hieraan dink ek alles laas week toe Kruger voor sy mense in Beeld se redaksiekantoor in Johannesburg staan en hulle meedeel dat hy die topbestuur van Media24 versoek het om hom uit sy veeleisende pos as redakteur te verplaas. Sodat hy sy arbeid kan lewer by ’n minder veeleisende werkstasie.

Hy kon bly sit het, die status en wat daarmee saamgaan, bly geniet het. Soos ander dikwels doen. Maar dis nie hoe Peet Kruger bedraad is nie.

Hy is Beeld se langs dienende redakteur. In totaal 13 jaar, uitgesonderd ’n jaar of wat in ’n ander hoedanigheid by Media24.

Kruger was daardie dag voor sy mense beskeie oor sy wagbeurt. Onnodig so. Want onder hom het Beeld gedy. Sy redaksielede – skrywers én ontwerpers – het stringe pryse en eerbewyse ingeoes. Verkope was etlike jare aaneen gerieflik bo die 100 000-merk. Beeld was ’n kommersiële sukses waaruit dié maatskappy ’n skaflike geldjie gemaak het.

Sulke dinge kom nie vanself nie. Dit gebeur hoofsaaklik as die regte leiers in posisie is.

As redakteur is Kruger ’n vesting van onwrikbaarheid. Altyd beleef, soms teruggehoue, selfs skaam. Maar onmoontlik om rond te stoot. Mag en vertoon het hom nóg betower nóg geïntimideer.

Hy het nooit voor gaan staan nie. Maar hy is omtrent altyd vorentoe geroep. Sy koerant het die praatwerk gedoen.

Kruger het sy lesers geken soos ’n goeie boer sy plaas ken. (Hy was immers in die befaamde Merensky-landbouskool in Tzaneen!) Die geouditeerde sirkulasiesyfer was vir hom mense wat hy gerespekteer het, nie ’n syfer nie.

Nie bang was voor nie, let wel. Kruger het soms posisies ingeneem wat hy geweet het nie strook met talle lesers se verwagtinge, vrese en ja, soms vooroordeel nie. Maar hy het altyd gehou by wat hy geglo het reg is.

Hy is ’n gedagtevennoot en ’n vriend van byna 30 jaar. Een wat goed weet hoe eensaam dit kan raak om ’n redakteur te wees.

Beeld gaan hom mis, dié koerantman/redakteur wat so alles verpersoonlik wat bekwaam en ordentlik is.

• Media24 sal binnekort aankondig wie Kruger sal opvolg.



  • rubrieke

    Bring my t’rug na die ou Transvaal

  • rubrieke

    Nkwinti raak in ras verstrik

  • hoofartikels

    Skep werk deur NOP te laat lewe

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 31 Julie 2014

  • rubrieke

    Lagwekkende situasie, mnr. Turkse pruim

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 31 Julie 2014

  • briewe

    Koot en sy maters sal lank wag voordat die ewige woord van God sal verander

  • briewe

    Kom, Leeus, laat ons weer brul!

  • briewe

    ’n Plan vir al die prez se probleme

  • briewe

    Gun elke ou sy ervaring van godsdiens

  • aktueel

    Skoleplan: Is daar ’n ander motief?

  • briewe

    Stig beursfondse en help jongmense

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

  • aktueel

    ‘Politiek gaan nie werk’

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 30 Julie 2014

  • hoofartikels

    Korrupsie kan tot sterftes lei

  • rubrieke

    Taal word só ’n smal poort vir uitreik

  • briewe

    My hart bloei oor baie dinge, van my hond, tot Gasa, tot kerk se dwaling . . .

  • rubrieke

    Taegrin se stem roep tot ons

  • briewe

    Bybel misbruik

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 30 Julie 2014

  • briewe

    Moeg om bang, agter tralies en platsak op eie grond te wees

  • briewe

    Beeld eer 20 m. jong lewens gepas

  • briewe

    Gelowiges wat soek na meer van God se misterie, kry dit dikwels buite kerk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?