Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    17°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 43%

  • Woensdag

    17°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 39%

  • Donderdag

    19°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Sondag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Hoofartikel: Obama in ’n hoek, maar SA kortsigtig

Maandag 02 September 2013

In beginsel moet daar begrip wees vir die Suid-Afrikaanse regering se kritiek op die Amerikaanse voorneme om Sirië te bombardeer.

Pres. Barack Obama en die Britse eerste minister, David Cameron, kry immers albei soveel teenstand daarteen van hul eie landgenote dat Obama self taamlik besluiteloos lyk.

Maar oor Suid-Afrika se benadering is daar belangrike voorbehoude. Enersyds: Dis ’n ope vraag of bombardemente tot ’n politieke oplossing sal bydra.

Dis nie ’n kwessie van goed teen kwaad nie – dit is ’n wrede en diktatoriale, maar sekulêre regime teenoor onder meer fanatieke fundamentalistiese Moslems. As die rebelle ’n oorwinning behaal, is die kans goed dat die nuwe regime erger as die oue gaan wees.

Ook is dit ’n feit dat die Obama-administrasie se bombardement-voornemens nie sigbaar deel is van ’n omvattende politieke strategie nie. Niks word byvoorbeeld gesê oor onderhandelinge tussen die vegtende partye nie.

Bowendien sal ’n tweedaagse bombardement, soos wat geopper is, kwalik meer as ’n blote tik op die vingers wees. As dit die Siriese regime nie werklik seermaak nie, help dit niks.

Aan die ander kant: Die Suid-Afrikaanse regering se neiging om byna instinkmatig negatief te reageer op alles en enigiets wat Amerika en die Weste doen, is kortsigtig. Dit word waarskynlik veroorsaak deur die ANC se verlede as kritieklose volgeling van die Sowjetunie – maar dit is nou al meer as twee dekades agter die rug, en die regering moet nou landsbelang voorop stel.

Die regering is in beginsel reg om waarde aan ’n Veiligheidsraadresolusie te heg om militêre ingryping goed te keur. Maar die volkereg is die laaste jare uitgebrei met ’n nuwe beginsel, naamlik dat state kan ingryp as ’n regime ’n onmiddellike bedreiging is vir sy eie burgers. Dit is die geval in Sirië.

Dis reg dat die regering Amerika krities bekyk. Maar outomatiese veroordelings doen SA meer kwaad as goed.



  • spotprent

    Beeld se spotprent, 29 Julie 2014

  • aktueel

    Nuwe gees gee Kerk weer ’n kans

  • hoofartikels

    Vrede in Israel verg politieke wil

  • rubrieke

    Vernedering wat klou soos ’n neet

  • briewe

    Als sal regkom in nuwe sonskynnasie

  • rubrieke

    Talle blink uit sonder matriek

  • briewe

    Ek het gedien en salueer generaals

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 29 Julie 2014

  • briewe

    Vakansieklub-lede word só uitgebuit

  • briewe

    Ons is moeg vir al hierdie e-bollie

  • briewe

    Pak kwotas in sportsoorte trompop

  • briewe

    Sluit dan maar net die OB se kantoor!

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 28 Julie 2014

  • rubrieke

    Moenie EFF as ’n grap afmaak

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 28 Julie 2014

  • hoofartikels

    Zuma móét getuig voor kommissie

  • rubrieke

    Skoorsoek 101: Laat 26 van jou 40 vroue erf

  • briewe

    Croucamp verwater goeie argument so

  • briewe

    Hoekom kap niemand Medunsa nie?

  • briewe

    Héle FNB-stadion sing ‘Stem’-deel

  • briewe

    Motiewe laat RAU sneuwel

  • Wat sê jy?