Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 6°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Woensdag

    18°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    19°C / 7°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Vrydag

    19°C / 7°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    20°C / 4°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 24%

  • Sondag

    12°C / 8°C

    Wind 23km/h

    Reënval 11.8mm

    Humiditeit 62%


Ferdi Greyling

Rubriek: King se poësie begeester nog

Maandag 02 September 2013

In 1963 het die Amerikaanse burgerregteleier Martin Luther King een van die groot poëtiese toesprake van die vorige eeu gelewer.

Dit was die “I have a dream”-toespraak waarin die ideaal van nie-rassigheid helder vasgepen word – vir alle rasse.

Wit en swart kan vandag daarna luister en begeester word vir ons toekoms.

Die toespraak het verlede week sy halfeeuviering gehad en is wyd herdenk, maar ’n belangrike deel daarvan is nie genoeg genoem nie. Dit is dat daardie toespraak ’n seëviering van poësie is. Van hoe digkuns die wêreld kan inspireer om te verander.

Dis waarskynlik reg wat die Engelse digter W.H. Auden in sy aangrypende gedig oor die dood van die Ierse digter W.B. Yeats gesê het: “For poetry makes nothing happen: it survives in the valley of its making where executives would never want to tamper . . .”

Die digkuns self verander nie veel nie, maar dit gaan sit soms in mense se koppe en daardie mense kan dan dinge verander. Dis die mag van elegante woorde.

Taal en die uitdrukking van ons gedagtes in woorde lê diep in ons wese en dit konnekteer met wie en wat ons is en waar ons is. Soos die filosoof Johann Degenaar sê: Wanneer ons met dinge te doen kry wat nog buite die grense van die bekende is, val ons terug op poësie. (Dit was ’n opmerking van hom oor die name wat astrofisici gee aan verskynsels wat vir die eerste keer in die universum om ons waargeneem word.)

“Where executives would never want to tamper . . .”

Vandag leef ons in ’n wêreld waar die ontledingstaat regeer. ’n Wêreld wat neig om waarde aan die hand van geld (ingesamel in die volgende drie maande) toe te skryf.

Meer as 250 000 mense het in 1963 in Washington na King se toespraak gaan luister. Die ontledingstaat-generasie van vandag sal seker die bemarkingsgeleenthede sien in 250 000 mense wat vrywilling saamkom om na iemand te luister, maar in 1963 was dit poësie wat dinge verander het. Poësie wat vandag – 50 jaar later – nog net so helder gehoor word.

Die sleutel is die deel van King se toespraak wat as die “I have a dream . . .” -segment bekend is. Dit het 12 minute diep in die kort toespraak gebeur.

Clarence Jones, toe King se toespraakskrywer, het laas week daarvan vertel.

Die reëlings vir die optog het voorrang geniet en die aand voor die tyd het hy gou met King en ’n paar ander oor die toespraak gepraat. Almal se bydraes is verwoord in die toespraak wat King die volgende oggend gekry het. Dit was ook die toespraak wat die media gekry het.

Maar op die verhoog, later die dag, was daar ’n poëtiese oomblik.

Jones het gesê ’n ent in die toespraak in het King ’n oomblik stilgebly en toe hoor hy die sangeres Mahalia Jackson (op die verhoog) sê: “Tell them about your dream.”

King het opgekyk van die teks en Jones vertel hy kon sien King se liggaaamshouding verander van toespraakleser na “Baptiste-prediker”.

“Ek het gedink die skare weet dit nie, maar hulle was op die punt om kerk toe te gaan . . .”

Toe volg King se “I have a dream” – ’n onbeplande improvisasie. Dis ’n visie wat King glo al voorheen in toesprake gebruik het, maar dié dag het dit ’n poëtiese hoogtepunt gekry wat vandag nog inspireer, soos groot poësie die gewoonte het om te doen. Op videoweergawes (op www.youtube.com) van die toespraak kan gesien word hy kyk deurentyd op en nie na die voorbereide toespraak nie.

King is daarna vermoor, maar verlede week het ’n swart Amerikaanse president op dieselfde plek hulde aan daardie toespraak gebring. ’n Toespraak wat my weer hier in Suid-Afrika geïnspireer het oor ons eie droom van nie-rassigheid wat vandag soms so liederlik afgeskeep word.



  • rubrieke

    Pa, vir jou wens ek ’n Bosveldplaas

  • rubrieke

    De Kock-parool is ’n bitter pil

  • aktueel

    Twyfel nié Bybel se pad

  • hoofartikels

    Zuma en regering takel OB af

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 22 Julie 2014

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 22 Julie 2014

  • briewe

    ’n Jong man vertel oor sy lewensles

  • briewe

    Pak swak staat oor kind se lyding

  • briewe

    Finale afskeid wag op almal

  • briewe

    Geldgierigheid kos SA sy waardes

  • briewe

    Israel wil net voortbestaan as volk

  • sielsgoed

    Goeie Nuus

  • So sê Beeld-lesers op Facebook en Twitter

  • Wat sê jy?

  • Spotprent, 20 Julie 2014

  • rubrieke

    ​Wêreld is tans skrikwekkend

  • briewe

    Poetin se hande het hul bloed op

  • hoofartikels

    Vliegramp Poetin se morele skuld

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 21 Julie

  • rubrieke

    ​Wie’t matriek nodig om TV te kyk, regeer?

  • briewe

    Heelwat bronne oor ‘foute’ in Bybel

  • briewe

    Haaie is erg gehelp

  • briewe

    Daar is steeds arrogansie teen swartes

  • Wat sê jy?

  • voorblad

    Beeld se voorblad, 19 Julie 2014

  • rubrieke

    Dankie tog ons bly in SA

  • Wat sê jy?

  • spotprent

    Beeld se spotprent, 19 Julie 2014

  • hoofartikels

    Die wêreld wag op antwoorde

  • 45571

  • Aanhaling van die week