Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 33%

  • Maandag

    25°C / 13°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 35%

  • Dinsdag

    23°C / 12°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 34%

  • Woensdag

    21°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.3mm

    Humiditeit 50%

  • Donderdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%



Privaatheid

PRIVAATHEIDS- EN BEVEILIGINGSBELEID:MEDIA24 DIGITALE KOERANTE

1 INLEIDING

1.1 Hierdie privaatheids- en beveiligingsbeleid (“hierdie Beleid”) verduidelik hoe ons jou Persoonlike Inligting beskerm en gebruik.

1.2 “Persoonlike Inligting” beteken vir die doeleindes van hierdie Beleid enige inligting wat ingevolge die Suid-Afrikaanse reg as sodanig erken word en sluit in, maar is nie beperk nie tot, enige inligting wat jou identifiseer, soos jou naam, adres, kontaknommers, e-posadres, gebruikername.

1.3 Alle omskrywings wat in die Voorwaardes vervat is, is ook op hierdie Beleid van toepassing, tensy die samehang anders aandui.

2 INLIGTING WAT ONS INSAMEL

2.1 Met jou gebruik van die Dienskanale en Dienste, kan ons die volgende Persoonlike Inligting insamel en bewaar:

2.1.1 naam, adres, e-posadres, fisiese kontakinligting en finansiële inligting (soos kredietkaart- of bankrekeningnommers);

2.1.2 transaksie-inligting op grond van jou aktiwiteite op die Dienskanale;

2.1.3 rekeninginligting;

2.1.4 besprekings deur gemeenskappe, geselsies, korrespondensie deur die Dienskanale, en korrespondensie met ons;

2.1.5 webwerfkonneksie-inligting, statistiek oor bladbesoeke, verkeer vanaf en na die Dienskanale, adres van internetverskaffer en standaard- webjoernaalinligting; en/of

2.1.6 addisionele inligting wat ons jou kan vra om te stuur om jouself te identifiseer (ons kan jou byvoorbeeld vra om vir ons ’n afskrif van jou identiteitsdokument of ’n nutsrekening te stuur om jou adres te verifieer, of om addisionele vrae te beantwoord om jou identiteit te bevestig).

3 HOE ONS PERSOONLIKE INLIGTING GEBRUIK

3.1 Ons wil jou uit die staanspoor gerus stel dat jy altyd jou Persoonlike Inligting sal besit en dat ons nie jou Persoonlike Inligting op enige tydstip om enige rede aan iemand anders sal verkoop nie.

3.2 Ons gebruik en openbaar jou Persoonlike Inligting slegs soos volg:

3.2.1 om webwerf- en diensgebruik te ontleed en die Diens te verbeter;

3.2.2 om administratiewe kennisgewings, waarskuwings en kommunikasie met betrekking tot jou gebruik van die Diens aan jou te lewer;

3.2.3 om ons in staat te stel om versoeke te verwerk, valideer en verifieer;

3.2.4 vir marknavorsing, projekbeplanning, probleemoplossing, opsporing van en beskerming teen foute, bedrog of ander kriminele bedrywigheid;

3.2.5 deur jou Persoonlike Inligting bekend te maak aan derdeparty-diensverskaffers wat deur ons aangestel word om ons in staat te stel om die Dienste aan jou te lewer, en wat deur hierdie selfde privaatheidsbeperkings gebind word; en/of

3.2.6 soos andersins in hierdie Beleid uiteengesit word.

3.3 Verder kan ons Persoonlike Inligting aan wetstoepassings- of ander staatsamptenare, of ander derde partye bekend maak soos ons na eie goeddunke nodig of toepaslik ag in verband met ’n ondersoek na bedrog, skendings van intellektuele eiendom, of ander aktiwiteit wat onwettig is of ons aan regsaanspreeklikheid kan blootstel, of in verband met ’n samesmelting, konsolidasie of verkoop van ons bates.

4 WEIERING

Jy is geregtig om enige bekendmaking van jou Persoonlike Inligting aan ’n derde party of die gebruik van jou Persoonlike Inligting vir ’n doel wat nie strook met die doel waarvoor dit oorspronklik ingesamel is of later deur jou gemagtig is nie, te weier deur e-pos aan ons te stuur by help@dieburger.com, help@beeld.com of help@volksblad.com

5 KOEKIES

5.1 Ons samel outomaties inligting en data in deur Koekies te gebruik.

5.2 “Koekies” is klein tekslêers wat ’n webwerf kan gebruik om gereelde gebruikers te herken en deurlopend toegang tot en gebruik van die Dienskanale aan hierdie gebruikers te verleen, en stel ’n webwerf in staat om gebruiksgedrag na te spoor en data saam te voeg wat inhoudverbeterings en teikenadvertensies moontlik sal maak.

5.3 Ons kan Koekies en joernaalinligting gebruik om:

5.3.1 inligting te onthou sodat jy dit nie weer tydens jou besoek of volgende keer wanneer jy die Dienskanale besoek, hoef in te voer nie;

5.3.2 pasgemaakte, verpersoonlikte inhoud en inligting te verskaf;

5.3.3 die doeltreffendheid van ons bemarkingsveldtogte te monitor; en/of

5.3.4 saamgevoegde metingsinligting soos totale getal besoekers, bladsye besoek, ens. te monitor.

6 BEVEILIGING

6.1 Ons doen redelike tegniese, administratiewe en fisiese stappe om beskerming te verleen teen ongemagtigde toegang tot en bekendmaking van Persoonlike Inligting.

6.2 Ons gebruik onder andere ’n kombinasie van brandmuurversperrings, enkripsietegnieke en verifiëringsprosedures om die veiligheid van jou aanlynsessie te verseker en Media24 Digitale Koerante se rekeninge en stelsels teen ongemagtigde toegang te beskerm.

6.3 Ons databasisse word beide fisies en logies teen algemene toegang deur personeel beskerm. Ons enkripteer jou wagwoord sodat jou wagwoord nie herwin kan word nie – nie eens deur ons nie. Alle rugsteun-skyfaandrywers en -bande word ook geënkripteer.

6.4 Geen personeel mag sensitiewe inhoud op ’n onbeveiligde masjien plaas nie (d.w.s. niks kan uit die databasis geneem en op ’n onbeveiligde skootrekenaar geplaas word nie).

6.5 Ons is deur Thawte geverifieer vir die gebruik van SSL-enkripsietegnologie. Verder toets ons die Dienskanale daagliks vir enige falingspunte wat indringing moontlik sal maak.

7 SKAKELS MET ANDER WEBWERWE

Ons kan inhoud van derdeparty-webwerwe aan jou beskikbaar stel via skakels op ons eie webwerf. Hierdie webwerwe is nie aan hierdie privaatheids- en beveiligingsbeleid onderhewig nie. Ons beveel aan dat jy die privaatheids- en beveiligingsbeleid van elkeen van hierdie webwerwe nagaan om vas te stel hoe die betrokke webwerf jou privaatheid beskerm.

8 BELEIDSWYSIGINGS

Ons kan hierdie privaatheids- en beveiligingsbeleid van tyd tot tyd verander en ons sal veranderings op die Dienskanale plaas.

9 KOMMENTAAR EN VRAE

As jy enige vrae, kommentaar of kwellings oor ons privaatheids- en beveiligingsbeleid het, kontak ons gerus by terugvoer@dieburger.com, terugvoer@beeld.com, terugvoer@volksblad.com.