Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    21°C / 11°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    22°C / 7°C

    Wind 23km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%


Liberty: Stewige groei in nuwe premies

adri van zyl
Sondag 19 Mei 2013

Die sakebedrywighede van Liberty Holdings het in die eerste drie maande van die jaar voortgebou op die fondamente wat in die vorige boekjaar gelê is.

In ’n handelsverklaring vir die drie maande tot einde Maart sê die groep die kleinhandelbedrywighede in Suid-Afrika het veral goed gevaar, terwyl die bedryfsvertoning van die res van die bedrywighede sterk was.

Nuwe sake in die lewensafdeling het met 17% toegeneem tot R1,5 miljard. Dit is veral te danke aan ’n styging van 7% in nuwe herhalende premies by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede en verkope van kredietlewensversekering.

Die beleggingsportefeulje van aandeelhouers is bevoordeel deur die styging op die markte en die opbrengs was beter as die teiken wat dié afdeling vir homself gestel het.

By die afdeling vir werknemervoordele het nuwe sake met 57% toegeneem tot R166 miljoen danksy ’n toename van 65% in nuwe herhalende premiesake.

Dié afdeling is op koers om verder te groei en onttrekkings is beperk tot R168 miljoen vergeleke met R488 miljoen in die vergelykende tydperk.

Die bates onder bestuur van die portefeuljebestuursafdeling Stanlib het met 1% toegeneem tot R469 miljard nadat nuwe beleggings met R5,4 miljard gegroei het. Die totale bates onder bestuur het ook baat gevind by die styging van die markte.

By sy bedrywighede in die res van Afrika het die groep se versekeringsbedrywighede vrugte gedra. Nuwe lewensbedrywighede het met 6% gestyg en die verhouding van eise tot premies in die korttermynversekeringsafdeling het verbeter.

Die twee nuwe afdelings in die groep, gesondheidsorg en regstreekse versekering, het in die oorsigtydperk belowend gegroei. 

Die gewildste berigte tans op Sake24.com :



  • ekonomie

    Ekonomie: DA wil te veel inmeng; EFF sou Stalin trots gemaak het

  • maatskappye

    Platespelers vlieg van die rakke

  • maatskappye

    Nuwe rol vir Michael Jordaan

  • maatskappye

    Ford Mustang op 'n galop in nuwe mark in

  • ikt

    Tencent-baas een van invloedrykstes

  • maatskappye

    Siekes behandel hulself al hoe meer

  • geldsake

    Aandele begeester nog die superrykes

  • ekonomie

    Regering kyk weer na bouprofessies

  • ikt

    MTN sukkel (steeds) in Suid-Afrika

  • maatskappye

    Transnet-pensioentrekkers ruk op na Uniegebou

  • ikt

    Facebook los sy een groot probleem op

  • ikt

    Apple se beste dae nié verby nie

  • mynbou

    Platinum haal die blink uit Anglo se produksiesyfers

  • maatskappye

    Clicks-klante trek swaar

  • ekonomie

    Inflasie erger as wat verwag is

  • maatskappye

    Toyota wil Afrika-nis vul met Quest

  • landbou

    ’14-oesjaar belowe goeie rooiwyn

  • ekonomie

    Biobrandstof: Laaste hekkie gou oorgesteek

  • ekonomie

    Adviseurs nie reg vir verandering

  • ekonomie

    Goedkoper huise ruggraat van mark

  • maatskappye

    Vlugte tussen Suid-Afrika en Dubai verminder

  • ekonomie

    Groot kontrak vir Stutterheim

  • maatskappye

    Jaar ná Rana Plaza-ramp is die wonde nog rou

  • maatskappye

    Motorreus vaar uit teen e-tolprobleme

  • ikt

    Occupy Wall Street 'kaap' polisie se Twitter-veldtog

  • ekonomie

    Inflasie raak aan Reserwebank se plafon

  • energie

    Aardedag: bespaar só energie

  • ekonomie

    Inflasie verloor dalk fut, petrolpyn ligter

  • maatskappye

    Transnet gee pensioentrekkers nog ’n bonus

  • geldsake

    Wenke wat jou werkaansoek kan versterk

  • landbou

    Storm oor navorsing bedreig Rooibosraad

  • ekonomie

    Jan Taks steek stokkie voor dié selfooneise

  • maatskappye

    Kleremaatskappy wil vinniger op modes reageer

  • landbou

    Nuwe sojapers aanwins vir SA

  • ekonomie

    China se floute sal SA nie regstreeks laat ly

  • ekonomie

    ‘Ontwikkeling in die Wes-Kaap neem nié af’

  • maatskappye

    Perlemoen, kreef help Sekunjalo

  • geldsake

    Kredietamnestie: Hoe voel jy oor skuld?

  • maatskappye

    Twitter-flater maak FNB se naam krater

  • ikt

    Groener Apple op Aardedag bekend gestel

  • ikt

    Microsoft se koop van Nokia-fone voltooi

  • mynbou

    Platinumgordel hou asem op oor nuwe loonaanbod