Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    16°C / 5°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    16°C / 5°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Sondag

    17°C / 6°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Dinsdag

    23°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 9%

  • Woensdag

    24°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%


ALTRON

Mark verlig oor Altech-oorname

David van Rooyen
Sondag 19 Mei 2013

Johannesburg. – Beleggers in die beleërde Altech-groep is duidelik baie verlig dat dié maatskappy se beheermaatskappy, Altron, nou die probleemkind van hul hande af wil neem.

Altron het Vrydag aangekondig dat hy al die aandele in Altech (Allied Technologies) wat hy nog nie besit nie, wil bekom, en dat hy ’n premie van 32% daarvoor aanbied. Altron besit reeds 61% van Altech.

Dié premie is egter feitlik heeltemal uitgewis, want Altech se aandeelprys het Vrydag in reaksie op die aankondiging met ’n yslike 29,69% tot R44,60 verbeter. Altron bied R47,50 aan.

Die premie van 32% is gegrond op die aandeelprys van R35,96 op 20 Maart, die laaste verhandelingsdag voordat aangedui is dat Altech en Altron met samesprekinge besig is wat ’n invloed op die aandeelprys kan hê.

Na dié aankondiging is wyd bespiegel dat die onderhandelinge op ’n moontlike oorname dui – Altron het dit al vroeër probeer doen, maar kon toe nie die nodige steun daarvoor kry nie.

Dié keer gaan dit waarskynlik anders wees, want Altech se aandeelprys was teen die einde van April op die laagste vlakke in vyf jaar nadat die maatskappy se winsgewendheid die afgelope jaar sterk onder druk was.

Dis weens die groot verliese wat Altech se filiale in Oos- en Wes-Afrika gely het. Die verliesmakende filiale is sedertdien verkoop.

Altron het Vrydag aangekondig dat 59,1% van Altech se minderheidsaandeelhouers onderneem het om sy aanbod te aanvaar.

Altech het onder meer op 24 April vanjaar aangekondig dat hy die eerste keer nóg nie ’n dividend gaan betaal nie. Dit het daartoe gelei dat die aandeelprys op die dag tot R31,20 verswak het, want Altech was tot dusver ’n stewige dividendbetaler, met ’n dividendopbrengs van meer as 6%.

Altron bied nou aan om die oorblywende aandele in Altech vir R47,50 kontant te koop of vir 2,22 Altron-voorkeuraandele vir elke Altech-aandeel.

Dit plaas ’n markwaarde van sowat R4,05 miljard op Altech en gaan aan Altron ’n markwaarde van R10,3 miljard besorg.

Die aanbod maak egter daarvoor voorsiening dat nie meer as die helfte van die aandele waarvoor die aanbod gedoen word, met voorkeuraandele gekoop kan word nie.

As daar vir meer as die helfte van die aandele aanbiedinge in ruil vir voorkeuraandele is, sal die persentasie bo 50% in kontant afgelos word.

Die voorkeuraandele dra geen stemreg nie.

Altron het reeds twee van sy ander filiale wat eens genoteer was, Bytes Technology en Powertech, se minderhede uitgekoop.

Robbie Venter, Altron se uitvoerende hoof, sê dit sal makliker wees om sinergieë tussen Bytes en Altech te ontsluit as albei maatskappy ten volle deur Altron besit word.

Die gewildste berigte op Sake24.com :



  • geldsake

    Slaap rustig, belegger

  • geldsake

    Hoe lank hou lekker leef?

  • Capitec-brein is sakeleier van die jaar

  • geldsake

    Hardewerk kom ná idee

  • geldsake

    Laer prys beteken nie dis tyd om te koop

  • ekonomie

    Fitch het goeie nuus oor SA banke

  • maatskappye

    Ikoniese speelgoedwinkel kom SA toe

  • geldsake

    Capfin: ‘Net ID nodig vir ’n lening’

  • maatskappye

    Geen ligpunte oor besteding in dié syfers

  • energie

    Krag ruk kleinsake

  • ekonomie

    Moody’s én dollar druk rand

  • maatskappye

    Van Burger King tot elektronika

  • mynbou

    Steenkool ’n ligstraal vir Exxaro

  • maatskappye

    Eienaars knap op en Italtile vaar puik

  • geldsake

    African Bank: Fondse beskerm beleggers

  • maatskappye

    Banke veilig, vir eers

  • maatskappye

    Truworths voel klante se pyn

  • landbou

    Swaziland 'steel' 6 000 SA poste in bosbou

  • energie

    ‘Uitdagings’ kalwe aan Afrox se wins

  • ekonomie

    Bus, trein of vliegtuig - in SA reis jy die goedkoopste

  • mynbou

    Gold Fields keer enorme verlies om in wins

  • maatskappye

    Edcon lewer 'aanvaarbare' resultate

  • energie

    Eskom: Alle hoop op ‘skerp’ nuwe baas

  • maatskappye

    Grindrod wil R10 mjd. bestee aan hawens, tenkplase

  • maatskappye

    Banke boer agteruit op JSE ná afgradering van hul krediet

  • geldsake

    SA aandele is hoog, tyd om oorsee te kyk

  • mynbou

    Glencore Xstrata keer $1 mjd. uit

  • landbou

    Soveel kleur is rede vir feesvier

  • ikt

    Staan opsy, Iron Man, hier kom die exoskelet

  • maatskappye

    Massmart se aandeelprys val ergste in 8 jaar

  • maatskappye

    50 fondse aan Abil blootgestel

  • entrepreneurs

    Entrepreneurs kry TV-raad

  • maatskappye

    Werk én speel hard

  • maatskappye

    Shoprite-meubelwinkels vaar goed

  • mynbou

    Billiton gee dawerend pad uit SA

  • mynbou

    Poste in gedrang by Harmony

  • maatskappye

    V&A kry H&M in 2015

  • landbou

    Landbou gee nasie kos, plase is veilig – minister

  • maatskappye

    Massmart neem 94 weer in diens

  • geldsake

    Blootstelling aan African Bank kom beleggers duur te staan

  • maatskappye

    ‘Niks te vrees oor Capitec’

  • maatskappye

    Groot banke en Capitec vermy Abil se skuldstrik

  • ekonomie

    Sun verkoop groot deel van belange

  • ekonomie

    ‘Regering keer met beleid ontwikkeling’

  • ekonomie

    Shelley Point weer op dreef