Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    18°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 24km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Woensdag

    20°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%


BANKE

Capitec 'het wet oortree'

bloomberg,sake24
Donderdag 30 Mei 2013

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) beweer Capitec het die Nasionale Kredietwet oortree met onder meer die aanvangsgeld wat hy op produkte hef.

Dié aangeleentheid is na die Verbruikerstribunaal verwys.

Capitec het gister in ’n Sens-verklaring gesê hy meen steeds dat die saak bevredigend opgelos kan word in ’n ondersoek.

Hy het in sy resultate vir die boekjaar tot einde Februarie in ’n nota daarna verwys en gesê die bank het regsadvies oor die beweringe ingewin.

Die groep se aandeelprys het gister deur die dag met 3,5% geval tot die laagste vlak sedert Desember en het uiteindelik 1,6% laer gesluit op R186,90.
African Bank Investments Limited (Abil), die grootste ongesekureerde lener in Suid-Afrika, het in Februarie bekend gemaak dat die reguleerder hom ‘n boete van R300 miljoen wil oplê weens bedrog by een van sy takke. Die groep betwis die aantyging. 
“Capitec moet meer deursigtig wees,” sê Neville Chester, ‘n fondsbestuurder by Coronation. “Die bankbedryf is gegrond op vertroue en jy moet baie versigtig wees om nie die mark die skrik op die lyf te jaag nie, maar terselfdetyd moet jy kommunikeer.” 
Hiper-konserwatief
Capitec Bank het vroeër vandeesweek gesê hy sal nie aan beleggers ’n verrassing oor slegte skuld gee nie.
Die bank het gereageer op ’n mediaberig wat te kenne gee die bank leen nog te veel uit.
Riaan Stassen, uitvoerende hoof, sê Capitec reageer nie sommer op mediaberigte nie, maar die artikel het ’n wanindruk geskep oor hoe die bank sake doen.
Hy meen daar is geen rede tot kommer nie.
“Ons sal nie die mark verras met slegte skuld nie," het hy gesê.
Volgens hom het Capitec reeds sedert Julie verlede jaar in afwagting van die verswakking in die kredietmark die kriteria waarvolgens hy uitleen wesenlik aangepas.
’n Grafika wat by die verklaring ingesluit is, toon dat Capitec Bank se uitleenkoers per maand van Oktober af afgeneem het.
Hy het ook die datums gegee waarop die bank sedert 2005 sy leningstermyne elke paar jaar verleng het. “Ons is gemaklik met ons kredietmodel.”
Daar bestaan kommer oor banke wat die afgelope jare baie persoonlike lenings toegestaan het; veral sedert African Bank se onlangs resultate wat die mark geskok het.
Persoonlike lenings staan ook as ongesekureerde lenings bekend omdat verbruikers nie bates nodig het wat as waarborg kan dien om geld te leen nie.
Stassen ontken dat daar ’n kredietborrel is. “Mense dink daar is ’n kredietborrel wat net gaan ontplof, maar dit gaan nie gebeur nie,” sê hy.
Stassen meen dis “ 'n oorverhitte mark wat nou geleidelik gaan afkoel” omdat banke minder van dié soort skuld toestaan.
Die oorverhitting hou verband met die hemelhoë groei wat die afgelope jare in ongesekureerde lenings gesien is. Dit gebeur gewoonlik wanneer al meer rolspelers ’n mark betree en al meer geld uitgeleen word. Die groei het intussen begin afplat, maar is steeds hoog.
African Bank het ook reeds verlede jaar begin om minder lenings toe te staan.
African Bank se aandeelprys het sedert begin Mei - toe hy ’n handelsoorsig uitgereik het - met 41% gedaal.
Ontleders sê dit het ook sentiment oor Capitec Bank beïnvloed en sy aandeelprys het sedertdien met 14% gedaal.
“ ’n Kredietborrel ontplof wanneer daar ’n groot katastrofe is; soos dat die staatsdiens 80% van sy personeel afdank,” sê Stassen.
Só 'n gebeurtenis sal verbruikers met hoë skuld verder onder druk plaas. Kommer oor verbruikers se skuldlas verhoog gewoonlik die besorgheid oor ’n borrel wat gaan bars en oor die hoeveelheid slegte skuld waarmee banke gevolglik gaan sit.
Ongesekureerde lenings het die afgelope jare skerp gestyg en kommer bestaan oor rolspelers in die mark se voorsiening vir slegte skuld.
Johny Lambridis, ’n portefeuljebestuurder van Element Investment Managers, meen ook daar was ’n borrel omdat daar te veel ongesekureerde lenings toegestaan is. Omdat rolspelers nou al minder uitleen, is dit “ 'n borrel wat besig om af te blaas”, sê hy.
“Net tyd sal (egter) leer of dit te laat was,” sê hy.
Capitec Bank het ná African Bank se resultate ’n aanbieding aan ontleders gedoen om hulle in te lig oor die stand van sy sake.
“Ons doen voortdurend aanpassings om te verseker dat daar nie verrassings is wat betref slegte skuld nie,” sê Stassen. Daar is ’n “senuagtigheid” in die mark vir ongesekureerde lenings wat aangedryf word deur die sterk groei wat die bedryf gehad het en vrese dat die ekonomiese afswaai tot 'n groot skuldlas kan ly.
Capitec 'anders as African Bank'
Volgens Stassen is die senuagtigheid vererger deur African Bank se resultate wat die mark onkant betrap het.
Capitec Bank verskil egter wesenlik van African Bank.
Op 'n vraag of kliënte ook senuagtig is, sê hy hulle sien netto groei in deposito's (wat beteken dat meer geld gedopeneer word as wat onttrek word).
Capitec het die beste kapitaaltoereikendheidsverhouding in Suid-Afrika, sê Stassen.
Sy likiditeitsbestuur onderskei hom ook. Dit is gewoonlik met likiditeit wat banke ’n probleem ondervind as depossante hul geld probeer onttrek en dié geld uitgeleen is.
“Ons het sedert Capitec se ontstaan ’n baie konserwatiewe likiditeitsbenadering gevolg.”
“Ons is hiper-konserwatief want ons het ontstaan uit die kleinbankkrisis,” sê hy met verwysing na 13 jaar gelede se gebeure wat tot Saambou se ineentstorting gelei het. 

Lees alle artikels op Sake24.com  verniet. Gaan na Sake24.com  vir vars markpryse en die jongste geldnuus.

Gewild op Sake24.com  :



  • maatskappye

    Spur ‘wen 6 000 lojale klante’

  • maatskappye

    Outa ‘nie verras’ dat Sanral-hoë bedank

  • maatskappye

    Goedkoper vlugte kom in Oktober

  • mynbou

    Amplats se voeteslepery krap in Froneman se slaai

  • ikt

    Oefen jou brein met dié apps

  • ekonomie

    Goeie nuus oor salarisse - vir die meeste mense

  • ekonomie

    Regering moet ’n bank koop – Mboweni

  • maatskappye

    Goeie vrugteseisoen gee Sappi ’n hupstoot

  • maatskappye

    Meer vroue moet in topposte kom

  • ekonomie

    Styging in kospryse het dalk draaipunt bereik

  • maatskappye

    Resultate lig winkelsentrumgroep se aandeelprys

  • maatskappye

    Vrystater wen vir volhoubare ontwikkeling

  • geldsake

    Spaarmaand kom tot 'n einde - hier's die laaste blog

  • mynbou

    Sibanye se wins daal, 'maar dis net geraas'

  • maatskappye

    Burger King-koning kry ook belang in Spur

  • maatskappye

    Minder Barclays-kliënte verloor hul huis, motor weens swak skuld

  • geldsake

    Pas op vir die topdrie wat JSE aandryf

  • ekonomie

    Kind wat in puttoilet sterf, moet ingenieurs aanspoor

  • maatskappye

    Van Marokko tot Mosambiek - nou kan jy deel in die groei in Afrika-eiendom

  • landbou

    Taksowerhede luister na boere se BTW-besware

  • energie

    Verbruikers gaan selfs méér opdok vir krag

  • maatskappye

    ‘Breek houvas van kosgroepe’

  • geldsake

    Loop katvoet as aandelemark styg

  • ekonomie

    Landbou in Wes-Kaap skep nóg werk

  • ekonomie

    Hoë werkloosheid in Vrystaat kwel

  • ikt

    Telkom-hoë se dissiplinêre verhoor begin

  • maatskappye

    Só rook die wêreld Rothmans

  • maatskappye

    Barclays Africa 'op koers', sê Maria Ramos

  • ikt

    Kubermisdaad broei in sukkeltye soos nou

  • geldsake

    Daardie SMS wat vir jou ’n lening aanbied, dalk onwettig

  • geldsake

    Loonsubsidie is net 'n pleister op die probleem

  • energie

    Eskom-geldsake raak nou kritiek

  • ekonomie

    Werkverliese skrikwekkend - veral in landbou

  • energie

    Kompleks verkoop krag aan munisipaliteit

  • geldsake

    Só verswak huishoudings se finansiële welstand

  • landbou

    Uithou vir beter pryse kom boere duur te staan

  • ekonomie

    Numsa, Seifsa maak stram vrede