Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 15°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 25%

  • Woensdag

    25°C / 14°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Donderdag

    27°C / 15°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Vrydag

    30°C / 18°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Saterdag

    29°C / 15°C

    Wind 23km/h

    Reënval 2.3mm

    Humiditeit 19%

  • Sondag

    26°C / 12°C

    Wind 22km/h

    Reënval 14.8mm

    Humiditeit 31%


BREË SEB

Hersiene kodes kan bemagtiging erg bemoeilik

Niel Joubert
Donderdag 30 Mei 2013

Johannesburg. – Die afgelope paar jaar was daar ’n groot verbetering in voldoening aan die vereistes van breë swart ekonomiese bemagtiging (BSEB), maar kliënte plaas groter druk op hul verskaffers om nog meer te doen.

Baie ondernemings sukkel reeds om die paal te haal, en die hersiene kodes van goeie praktyk gaan dit nóg moeiliker maak om voldoende BSEB-vlakke te bereik.

Die gemiddelde telling op maatskappye se bemagtigingstelkaart was verlede jaar 63,94 teenoor slegs 46,11 in 2008, volgens KPMG se sewende jaarlikse SEB-verslag, wat gister uitgereik is.

Die meeste ondernemings drentel tussen vlak 4 en 5, sê Bonolo Sinobolo, senior bestuurder van transaksionele dienste van KPMG. Vlak 4 is die minimum wat vereis word om ’n verskaffer van die regering te word. Vlak 4 was altyd die norm wat kliënte van ondernemings verwag het, maar dit gebeur al hoe meer dat vlak 3 en selfs 2 vereis word, sê Sinobolo.

Maatskappye vereis dat hul verskaffers aan bemagtigingsvereistes voldoen omdat hulle op dié manier punte op hul eie telkaart verdien.

Van die respondente in KPMG se peiling het 43% gesê kliënte verwag vlak 4 – maar meer as die helfte (51%) verwag ’n hoër vlak: 19% vlak 3 en 23% vlak 2.

Die departement van handel en nywerheid het aangedui dat die nuwe kodes al volgende maand in die Staatskoerant afgekondig sal word. Daar is twee groot veranderinge aan die hersiene kodes wat ondernemings gaan laat sukkel, sê Sinobolo.

Eerstens word die sewe elemente op die SEB-telkaart tot vyf verminder. Voorkeurverkryging en ondernemingsontwikkeling word saamgevoeg, asook indiensnemingsekwiteit en bestuursbeheer.

Tweedens, as ’n onderneming nie aan die minimum vereistes voldoen in die elemente eienaarskap, vaardigheidsontwikkeling en ondernemingsontwikkeling nie, sal die totale SEB-telling verlaag word.

Verreweg die meeste (91%) van die respondente verwag dat die hersiene kodes hul SEB-vlak sal afdruk en meer as die helfte (55%) glo nie die nuwe kodes sal voldoening verbeter nie.

Lees alle artikels op Sake24.com  verniet. Gaan na Sake24.com  vir vars markpryse en die jongste geldnuus.

Gewild op Sake24.com  :



  • maatskappye

    Kliënte hou banke op hul tone

  • maatskappye

    Dié SA maatskappye waai die groen vlag hoog

  • ikt

    Jaguar wil motors slimmer maak

  • landbou

    Apartheid het agteruitgang van grond veroorsaak - minister

  • ikt

    Rowers slaan op iPhone-geld toe

  • maatskappye

    'Ons moet 'n tweede African Bank-fiasko voorkom'

  • ikt

    Tencent geknou deur Alibaba-sukses

  • maatskappye

    Whopper kry sy 21ste 'huis'

  • maatskappye

    Bridge in sakeredding

  • landbou

    ’n Nederige begin, maar met baie meer skop

  • ikt

    Alibaba sak effens terug

  • ekonomie

    Kragtige dollar klap rand en platinumprys

  • maatskappye

    Hare (en 'n kop) waai by PPC

  • energie

    Skok oor kernkrag-ooreenkoms met Russe

  • ekonomie

    Reserwebank: 'Genoeg diepte' vir opvolger

  • ikt

    Google kies HTC vir nuwe tablet

  • landbou

    Wit boere ‘moet kans kry om te floreer’

  • maatskappye

    Pamflet in pos ‘skandelik’

  • ekonomie

    Dit is onnodig om jou flou te skrik vir die groter tekort

  • entrepreneurs

    Selfs die wyn wat jy koop, is ’n avontuur

  • ekonomie

    Sakedagboek: 22 - 26 September 2014

  • ekonomie

    Modderfontein kry slimstad, nie ’n ‘China Town’

  • ekonomie

    Neasa, Solidariteit hof toe oor loonuitbreiding

  • ikt

    Open, Sesam, sê Alibaba – en die mark luister

  • entrepreneurs

    Oh-lief se susters wen R1 miljoen

  • ekonomie

    Eiendomsmark lewendig in Vrystaat en Noord-Kaap

  • ekonomie

    ‘Kroonjuweel’ vier 25 jaar van drome en groei

  • ekonomie

    V & A: Brenda Magqwaka

  • ikt

    Boek vir vlugte met dié app

  • ekonomie

    Bier: Wie brou die meeste?

  • geldsake

    Pensioen: Dis nie vir kinders

  • geldsake

    Iets broei by bier en goud sorg vir aksie

  • geldsake

    Reisversekering

  • maatskappye

    FlySafair binnekort in die lug