Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    22°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Sondag

    26°C / 12°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%


JSE bereik nuwe hoogte, maar rand kry pak

i-net bridge,reuters
Vrydag 31 Mei 2013

Terwyl alle oë gister weer op die rand was, het die JSE se indeks van alle aandele ’n vars hoogtepunt bereik en deur die vlak van 42 000 gebreek.

Die beurs het 0,18% hoër op 42 016 punte gesluit.

Vir die maand tot op hede is die indeks van alle aandele sowat 8% hoër, gelei deur die hulpbron- en nywerheidsindeks wat bevoordeel is deur die swak wisselkoers.

Ian Cruickshanks, onafhanklike ontleder, sê maatskappye wat heelwat van hul inkomste in die buiteland verdien, het ook op grond van randswakheid die afgelope week goeie lopies beleef.

Die rand het gister vir die soveelste dag slae gekry en het in ’n stadium tot R10,28 teenoor die Amerikaanse dollar verswak. Teen laatmiddag het dit herstel tot ’n vlak van R10,05.

Daar is egter kommer oor verdere randswakheid op kort termyn nadat die handelsbalans vir April veel swakker as verwag was.

Dié tekort het op R15 miljard te staan gekom.

In Maart was die handelstekort R7,8 miljard.

Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, sê hoewel ’n tekort nie ’n verrassing was nie, is so ’n erge tekort nie verwag nie.

“Suid-Afrika sukkel met uitvoer en die vraag na ingevoerde goedere is hoog. Dit belig die kwesbaarheid van die rand. Ons moet steeds groot bedrae buitelandse geld lok om die rand se verswakking te keer en dít het ons nie in die onlangse verlede goed reggekry nie.

“Dit wys weer hoe afhanklik Suid-Afrika van buitelandse geld is,” het Lings gesê.

Die webwerf www.sake24.com is jou gratis portaal tot wisselkoerse, aandeelpryse, sakenuus en meer. Die gewildste berigte op die oomblik is:



  • maatskappye

    Spesialiste ruk weer jou én mediese fondse se sak

  • ekonomie

    ‘Kunsmatige krisis’ help brouer

  • maatskappye

    Ondersoek na bedrog by African Bank begin

  • maatskappye

    Cashbuild begin lewe sien

  • entrepreneurs

    Laat werkers hul ruimte kies

  • ekonomie

    Kos laat jou beursie krimp

  • maatskappye

    Bank se stelsel gee steeds probleme

  • maatskappye

    Aston Martin stel nuwe grootkop aan

  • maatskappye

    Meubelgroep raak van leningsboek ontslae

  • ikt

    Mens-robot binnekort op winkelrakke

  • maatskappye

    Joffe het sy oog op VSA

  • ekonomie

    ‘Anemiese’ ekonomie strem huismarkgroei

  • maatskappye

    Adcock verkoop? Hm . . . Ja. Of nee

  • ekonomie

    Voertuigmark se wiele geklamp

  • ekonomie

    Regering ‘nie kitsbank vir ondernemings’

  • maatskappye

    Aussies se goeie skole help WBHO

  • maatskappye

    Rhodes Food beplan R600 miljoen notering

  • entrepreneurs

    ‘Tupperware meer as werk, dis ’n passie’

  • ikt

    Microsoft kry spertyd in China

  • ekonomie

    Voertuigverkope daal in Augustus

  • ekonomie

    Vervaardiging lig effens kop op

  • mynbou

    Platinumaandele het vir OBK 'n blinker toekoms as goudaandele

  • maatskappye

    Blou Maandag vir Standard Bank

  • ikt

    Bel, én betaal, met nuwe iPhone

  • maatskappye

    Verkrygings gee reus nog meer omsetkrag

  • entrepreneurs

    ’n Handgeskrewe brief ná elke saketransaksie

  • maatskappye

    Inkopieplekke raak groener

  • ekonomie

    Groei in skuld futloos

  • ekonomie

    Wat is die nut van kredietgraderings?

  • entrepreneurs

    Besighede traag om lenings aan te gaan