Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Vrydag

    24°C / 10°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    24°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


ANNUÏTEITE

Polishouers se inkomste was 10% hoër in 2012

Adri van Zyl
Vrydag 31 Mei 2013

Johannesburg. – Polishouers het verlede jaar gemiddeld ’n 10% groter inkomste uit lewensannuïteite gekry as in die vorige jaar, al het hulle ’n kleiner persentasie van hul kapitaal onttrek.

Dit weerspieël die netto styging van meer as 10% in die waarde van die beleggings in lewensannuïteite, sê Peter Dempsey, adjunk- uitvoerende hoof van die vereniging van spaar en beleggings in Suid-Afrika (Asisa).

Volgens die jongste peiling oor lewensannuïteite wat Asisa vandeesweek uitgereik het, was die gemiddelde inkomste wat polishouers verlede jaar uit hul lewensannuïteite gekry het, R3 690 vergeleke met R3 352 in 2011.

Die koers waarteen inkomste onttrek is, het van 6,99% tot 6,77% gedaal.

Die gemiddelde koers is bepaal deur die totale waarde van die onttrekkings te meet aan die totale waarde van beleggings in lewensannuïteite, maar koste is buite rekening gelaat.

Dempsey sê ’n onttrekkingskoers van 5% is wenslik. Kapitaal kan gou verwater word as die koers te hoog is. Die resultate van die peiling dui daarop dat die onttrekkingskoerse nie so hoog is dat polishouers die risiko loop dat hul kapitaal gou gaan opraak nie.

Vir polishouers is dit belangrik dat die onttrekkingskoers nie hoër is as die groei wat op die onderliggende bates behaal word nie.

Polishouers wat ná Februarie 2007 ’n lewensannuïteit gekoop het, kan ingevolge wetgewing tussen 2,5% en 17,5% van die beleggingswaarde van hul lewensannuïteite as inkomste onttrek. Die onttrekkingskoers kan een keer per jaar hersien word.

Einde verlede jaar het polishouers altesame R191,2 miljard in 305 145 lewensannuïteite gehou en nuwe beleggings van R27,1 miljard is gedoen.

Die webwerf www.sake24.com is jou gratis portaal tot wisselkoerse, aandeelpryse, sakenuus en meer. Die gewildste berigte op die oomblik is:



  • mynbou

    Platinumaandele het vir OBK 'n blinker toekoms as goudaandele

  • ikt

    Bel, én betaal, met nuwe iPhone

  • maatskappye

    Verkrygings gee reus nog meer omsetkrag

  • entrepreneurs

    ’n Handgeskrewe brief ná elke saketransaksie

  • maatskappye

    Inkopieplekke raak groener

  • ekonomie

    Groei in skuld futloos

  • ekonomie

    Wat is die nut van kredietgraderings?

  • entrepreneurs

    Besighede traag om lenings aan te gaan

  • ekonomie

    Sakedagboek: 1-5 September 2014

  • ekonomie

    Sake se top-10-berigte van die week

  • ikt

    E-handel: China se vier rykstes in geveg

  • ikt

    Naspers staan sterk op 100ste jaarvergadering

  • geldsake

    Bateklasse: Loop nou lig vir aandele

  • geldsake

    Bulmark: Tyd vir aktief of passief bestuurde fondse?

  • geldsake

    Vyf redes om te bedank

  • ikt

    Kuberkrakers breek by bank in

  • energie

    Sonpanele op water

  • geldsake

    Kyk onder radarskerm vir geleenthede

  • maatskappye

    Mense is die sleutel tot hotelbestuur

  • ikt

    Tencent loop deur onder sensuur

  • energie

    Petrolprys: Motoriste kry goeie nuus

  • maatskappye

    OBK maak sy stem dik oor direkteure se vergoeding

  • ekonomie

    Apartheidsdade: Ford, IBM nié skuldig

  • maatskappye

    Malaysia Airlines sny baie poste

  • maatskappye

    Adcock-hoof oor swak vertoning

  • energie

    Eskom wil hoftwis keer