Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 10°C

    Wind 26km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 38%

  • Donderdag

    19°C / 6°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    22°C / 12°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    22°C / 6°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 49%


MARKTE

Rand begin stabiliseer, meen ontleders

Nellie Brand-Jonker
Vrydag 14 Junie 2013

Die rand het gistermiddag tot R9,93 teenoor die dollar verswak teenoor eergister se R9,82 per dollar.

Die sterkste vlak gister gedurende die dag was R9,81.

Jim Bryson, ’n valutahandelaar by Rand Merchant Bank (RMB), het aan I-Net Bridge gesê dit was weer ’n “uiters wisselvallige” dag vir die rand, met “wilde swaaie” na gelang van die heersende nuusopskrifte.

Die rand was ook gister swakker teenoor die euro op R13,29 vergeleke met R13,14 teen marksluiting Donderdag.

Die rand was die afgelope week groot nuus. Sy wisselkoers teenoor die dollar was gister heelwat sterker as die laagtepunt van R10,36 Maandag, maar effens swakker teenoor die euro.

RMB se navorsingspan het gisteroggend in ’n nuusbrief gesê die rand het gestabiliseer.

“Beleggers se vrese bedaar . . . Opkomende markte begin herstel,” skryf RMB se navorsers.

Beleggers het die afgelope ruk veral opkomende markte se aandele en effekte verkoop omdat kommentaar van dr. Ben Bernanke, president van Amerika se Federale Reserweraad, beskou is as ’n aanduiding dat kwantitatiewe verruiming verminder gaan word. Dit het beleggers na tradisionele en minder riskante toevlugsoorde laat vlug.

Effekte en aandele in Suid-Afrika het ook deurgeloop.

Die markte het egter vandeesweek gestyg nadat beter as verwagte nuus uit Amerika oor werkloosheid- en kleinhandelsyfers ontvang is. RMB meen die positiewe reaksie van markte toon dat kommer oor kwantitatiewe verruiming reeds ingeprys is.

Die JSE het gister 1,29% hoër gesluit op 40 323,62. Die mark was egter nog meer as 1% laer as sy sluitingsvlak verlede week van 40 813 indekspunte.

Gaan na Sake24.com  vir gratis geldnuus en vars markaanwysers.

Gewild op Sake24.com:



  • maatskappye

    Motorreus vaar uit teen e-tolprobleme

  • ikt

    Occupy Wall Street 'kaap' polisie se Twitter-veldtog

  • ekonomie

    Inflasie raak aan Reserwebank se plafon

  • energie

    Aardedag: bespaar só energie

  • ekonomie

    Inflasie verloor dalk fut, petrolpyn ligter

  • maatskappye

    Transnet gee pensioentrekkers nog ’n bonus

  • geldsake

    Wenke wat jou werkaansoek kan versterk

  • landbou

    Storm oor navorsing bedreig Rooibosraad

  • ekonomie

    Jan Taks steek stokkie voor dié selfooneise

  • maatskappye

    Kleremaatskappy wil vinniger op modes reageer

  • landbou

    Nuwe sojapers aanwins vir SA

  • ekonomie

    China se floute sal SA nie regstreeks laat ly

  • ekonomie

    ‘Ontwikkeling in die Wes-Kaap neem nié af’

  • maatskappye

    Perlemoen, kreef help Sekunjalo

  • geldsake

    Kredietamnestie: Hoe voel jy oor skuld?

  • maatskappye

    Twitter-flater maak FNB se naam krater

  • ikt

    Groener Apple op Aardedag bekend gestel

  • ikt

    Microsoft se koop van Nokia-fone voltooi

  • mynbou

    Platinumgordel hou asem op oor nuwe loonaanbod