Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Dinsdag

    20°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%


DIGITALE BANKDIENSTE

A staan vir app, b vir bank

Selfs ouer generasies kan dié ‘alfabet’ in ’n japtrap bemeester

niel joubert
Vrydag 28 Junie 2013

Deesdae kan jy al die pad bank toe lag sonder om ’n voet in die bank te sit. Die internet en persoonlike rekenaars het reeds ’n besoek aan ’n banktak bykans onnodig gemaak. Nou kan jy dit nóg vinniger doen met ’n toepassing op jou slimfoon of tablet.

Met die koms van slimfone en tablette het ’n hele nuwe ekonomie ontstaan om toepassings – of dan apps – waarmee jy omtrent enigiets onder die son vinnig en moeiteloos kan doen met ’n toestel wat spreekwoordelik in jou agtersak pas.

Suid-Afrika se vier groot banke – Nedbank, Absa, First National Bank (FNB) en Standard Bank – het ook die geleentheid aangegryp en vandag het hulle elkeen hul eie banktoepassing.

FNB was eerste uit die wegspringblokke en het sy banktoepassing in Julie 2011 bekend gestel.

Standard Bank het in Junie verlede jaar sy banktoepassing bekend gestel en ’n paar dae later het Nedbank met syne gevolg.

Absa het vroeër vanjaar syne beskikbaar gestel.

FNB het in minder as twee jaar sowat 500 000 aktiewe gebruikers van sy toepassing gekry.

“Namate die markpenetrasie van slimfone groei, gaan die behoefte aan toepassing-bankdienste groter word en ons verwag bykomende groei op dié platform,” sê Farren Roper, hoof van FNB Connect en sakebedrywighede.

In sy eerste 50 dae is Absa se toepassing meer as 100 000 keer afgelaai en R1 miljard se transaksies is daarmee gedoen.

Arrie Rautenbach, Absa se hoof van kleinhandelbankdienste, sê die waarde van die transaksies is ’n aanduiding dat kliënte dit as ’n oplossing aangryp om hul bankdienste op ’n drafstap te doen.

Standard Bank se toepassing het aan die begin van Junie net minder as 170000 unieke geregistreerde gebruikers gehad en groei met meer as 8% per maand. Nedbank se toepassing is al meer as 200000 keer afgelaai en 60% van die gebruikers is aktief, sê die bank.

Hoewel al die banke ’n toepassing het, sal dit afhang van watter slimfoon of tablet jy het of jy wel die toepassing kan gebruik, want nie al vyf banke se toepassings is op alle platforms beskikbaar nie.

Die toepassing maak sekere funksies moontlik wat nie op gewone internetbankdienste gedoen kan word nie, maar elke bank se toepassing verskil ten opsigte van die soort transaksies of funksies wat jy daarmee kan verrig. Met al vier kan jy die saldo’s en transaksiegeskiedenis van jou rekeninge sien, betalings aan begunstigdes doen, oordragte tussen rekeninge doen, voorafbetaalde lugtyd koop en jou naaste tak opspoor.

Hoekom sou ’n mens ’n toepassing gebruik?

Vuyo Mpako, Standard Bank se hoof van kanaalontwerp en -ontwikkeling, sê met die app kan jy doen wat jy deur internetbankdienste kan doen – maar met die bykomende gerief dat jy toegang tot jou bankrekeninge het deur jou slimfoon of tablet.

Dit bied dus bankdienste op enige plek en tyd, sê Farren Roper, hoof van FNB Connect. “Die gebruikerservaring is ook ongeëwenaard op ’n toepassing – as dit goed gebou is, sonder enige goggas.”

Daarby het die toepassing bykomende funksies: Roper noem die voorbeeld dat ’n gebruiker Lotto-kaartjies kan koop.

In die geval van FNB se GeoPayments gebruik die toepassing die foon se GPS om ander gebruikers naby jou op te spoor en dan ’n betaling aan hulle te doen, sê Roper.

Internetbankdienste is ontwerp vir ’n rekenaar se skerm en blaaier (browser); dit was nooit ontwerp om op ’n foon of tablet gebruik te word nie. Die gebruikerservaring op dié toestelle was dus nie ideaal (voordat die toepassings ontwerp is) nie.

Wat is ’n app?

Die woord “app” is in 2010 as die woord van die jaar aangewys deur die American Dialect Society.

Dié vereniging gee die volgende definisie daarvan: ’n verkorte vorm van ’n toepassing, ’n sagtewareprogram vir ’n rekenaar of foon.

’n “Toepassing” is bloot ’n ander term vir ’n rekenaarprogram wat vir ’n spesifieke doel gebruik word, sê Arthur Goldstuck, tegnologiekenner en besturende direkteur van World Wide Worx.

’n App is ’n mini-toepassing met ’n klein stel prosedures en neem min rekenaargeheue op, wat beteken dit is ideaal vir ’n slimfoon of tablet, sê Goldstuck. “Hoewel toepassings al bestaan sedert voor die eerste slimfone, was dit slegs sedert die vestiging van die Apple App Store in 1998 dat die term app standaard en algemeen geword het.”

Die app-ekonomie

Apple het sy app-winkel bekend gestel ’n jaar nadat die eerste iPhone verkoop is. Die verkope in die eerste jaar was nie te sleg nie, maar toe gebruikers eers kon kies tussen duisende verskillende, onafhanklik ontwikkelde programme wat geoptimaliseer is vir mobiele toestelle, het verkope ontplof.

Vandag is daar al amper 50 miljard toepassings afgelaai met Apple-toestelle en toepassing-ontwikkelaars het al $9 miljard daaruit verdien. Die app-ekonomie het na raming al meer as 460000 hoogs betaalde werkgeleenthede geskep.

Facebook is ’n groot voorstander van die app-ekonomie – 20miljoen toepassings word elke dag deur mense op hul Facebook-profiel gelaai. Dit behels verkope van minstens $1,7 miljard in virtuele goedere elke jaar.

* Bron: The Motley Fool

GRADERING

Die stergraderings op ons grafika hierbo kom van Google Play. Ons het dit gebruik omdat dit die volledigste aanlyn graderingsplatform is. Nog graderings is te sien in Apple se App Store en by BlackBerry World. (Om die verskillende grafika te sien, klik regs op die voorste grafika of wag dat dit vanself verander.)

FNB: Hoe meer jy dit gebruik, hoe meer wil jy

Myburg van Niekerk sê:

As ’n kliënt van die bank wat in 2012 as die mees innoverende bank in die wêreld aangewys is, is ek dan ook ’n aktiewe en trotse gebruiker van FNB se bank-toepassing. Dit voeg werklik waarde toe en die bank moedig ook sy kliënte aan om sy toepassings vir slimfone en tablette aktief te gebruik eerder as om sy takke te besoek.

Buiten die selfoon-app is FNB tans die enigste bank met ’n toepassing wat spesiaal vir tablette ontwikkel is. Die voorkoms en funksionaliteit daarvan is regtig indrukwekkend en die toepassing maak ten volle gebruik van die groter skerm-oppervlak wat ’n tablet bied. Buiten die gewone funksies wat ’n mens al verwag, soos om betalings te doen of om geld tussen jou rekeninge oor te plaas, kan ek ook die volgende doen:

* Voorafbetaalde lugtyd, SMS- en databondels en elektrisiteit koop;

* My bankkaarte se kitsbank- en betaalpunt-limiet aanpas;

* ’n Betaling aan iemand doen deur bloot die ander persoon se selfoonnommer te gebruik;

* Lotto- of Powerball-kaartjies koop; en

* Aansoek doen om ’n tjekrekening, spaarrekening, kredietkaart of oortrokke gerief.

Die toepassing het ook ’n funksie waardeur jy jou naaste tak kan opspoor en ’n lys van telefoonnommers van al die bank se afdelings. Jy kan ook die wisselkoers van die rand en ander geldeenhede met mekaar vergelyk.

As jy eers daaraan gewoond raak om die toepassing te gebruik en die gerief daarvan besef, sal jy dit al hoe meer gebruik.

Ander sê:

* Matthys Greeff: Baie stewig, vinnig, het al die funksies wat ek soek en dit lyk koel!

* Alton Jacobs: Dit het alles wat ek nodig het, en meer.

* Oswald Mashamba: Vervang bank oor die internet. Dankie. Ek hoop die app het ’n goeie sekuriteitstelsel.

* Locaster Msiska: Wonderlike app, dit maak my lewe in die bankwêreld maklik. Dol daaroor.

STANDARD BANK: Dis so maklik, almal kan dit gebruik

Daniël du Preez sê:

Een Sondagaand gaan die krag af en daar’s geen hoop vir lig nie, behalwe kerslig. So sê my meisie se ma vir my of ek nie dalk gou sal gaan krag koop, as ek nie omgee nie. Ek besluit toe dis tyd om my foon uit te pluk om te wys hoe tegnologie deesdae ’n mens kan uithelp en ek koop binne sekondes deur Standard Bank se app krag! Dit vat nie eens ’n minuut nie, ek pons die kode in – en voila – die hele familie is vol vreugde! Standard Bank tot u redding!

Op my foon se eerste bladsy van vele toepassings is Standard Bank s’n heelbo, maklik een van die mees gebruikte programme wat ek het. Ek klik net daarop, druk “start banking” en tik my PIN in. ’n Mens kan baie maklik vir jou lugtyd koop, met geen gesukkel nie. Dis so ’n maklike program om te gebruik selfs die ouer geslag mense sal dit kan bemeester! Die program gebruik ook ’n mens se koördinate en vind die naaste kitsbank of bank.

Al waaraan Standard Bank na my sin moet werk, is om vir die Nokia-platform ook ’n program bekend te stel. Anders is dit tops!

Ander sê:

* Tom Esterhuysen: Die enigste probleem is dat jy nie begunstigdes daarop kan skep nie.

* Omar Galsoolker: Ek verkies dit om my banksake op die app te doen eerder as deur die webwerf.

NEDBANK: Ja, dis maklik en gerieflik, maar...

Carolien Saayman sê:

Ek het ten beste maar ’n ongemaklike verhouding met tegnologie; ek gebruik dit omdat ek moet, nie omdat ek wil nie. Ek het darem al vrede gemaak met my banksake oor die internet doen. Dis gerieflik, dis maklik en ek is gewoond daaraan.

Hoekom dus nou ’n app gebruik? Hier is die lof wat almal besing, en dis waar:

* Dis vinnig. Jy meld baie vinniger aan as deur die webwerf.

* Dis mobiel. Solank jy jou slimfoon by jou het, kan jy jou banksake enige plek doen.

Hier is hoekom ek ’n weerstand teen tegnologie het: Dit was soos tandetrek om die app afgelaai te kry. Daar was dae lank tegniese probleme aan Nedbank se kant. Nedbank se oproepsentrum is wel wonderlik en het my uiteindelik deur die proses gekry, maar ek voel daar is te veel tyd uit my lewe gesteel wat ek aan lekkerder goed kon bestee het.

As jy deur dié irritasie is, werk die app goed genoeg. Dis gerieflik dat ek lugtyd en databondels daarop kan koop. Maar of dit die manier waarop ek my banksake hanteer gaan verander – ek glo nie.

Ander sê:

* Sivuyile Hamza: Lekker app, welgedaan, Nedbank!

* Bob Jones: Ek hou daarvan dat ek op my foon my banksake kan doen en lugtyd koop. Baie handig.

* Sammy Jackles: Beslis beter as om in ’n ry te staan.

ABSA: Dié app gaan ek nog baie gebruik

Riana de Lange sê:

Ek kan sien dat ek binnekort oor my Absa-app sal voel soos oor ’n mikrogolfoond of ’n motor met kragstuur: Jy kan jou nie ’n lewe daarsonder indink nie. Banksake is vir my sinoniem met moeite – staan in ’n ry by die bank, wag dat die internet reageer of jy loop jou in die een of ander tegniese probleem vas wanneer jy betalings doen. Goed dan, kom ek probeer die Absa-app...

Taamlik vinnig en moeiteloos om dit van die iStore af te laai – wel met die hulp van ’n tiener, maar dit het niks met die app te doen nie! Ek begin meer positief voel. Die rooi ikoon het ’n paar dae op die iPad gepryk voordat ek dit uiteindelik getakel het. Eers haak ek vas by die kitsbank-opspoorder – baie bruikbaar!

Aanmeld op die app is vinnig – sonder die hulp van ’n tiener! Met elke stap ontvang ek ’n SMS-boodskap wat my bedrywighede monitor. Die app is gebruikersvriendelik, sonder fieterjasies, is vinnig en veel makliker as via die internet. Ek vind dit maklik om begunstigdes by te voeg en sien die waarde daarvan om lugtyd deur die app te koop.

Die beste van alles: geen gewag in ’n ry of vir jou beurt by die tuis-/skootrekenaar nie – sommer op die rusbank voor die TV: my iPad, my app en my Absa!

Ander sê:

* Sam Thurgood: Die app is goed opgestel, intuïtief en intelligent. Ek kan sien dat dit my baie tyd sal spaar.

Die webwerf www.sake24.com bly jou gratis portaal tot nuus en markinligting. Ander lesers het gehou van:



  • mynbou

    Sibanye se wins daal, 'maar dis net geraas'

  • ekonomie

    Styging in kospryse het dalk draaipunt bereik

  • maatskappye

    Burger King-koning kry ook belang in Spur

  • maatskappye

    Minder Barclays-kliënte verloor hul huis, motor weens swak skuld

  • geldsake

    Pas op vir die topdrie wat JSE aandryf

  • geldsake

    Spaarwenke vir Spaarmaand: Mens kán op kosinkopies bespaar

  • ekonomie

    Kind wat in puttoilet sterf, moet ingenieurs aanspoor

  • maatskappye

    Van Marokko tot Mosambiek - nou kan jy deel in die groei in Afrika-eiendom

  • landbou

    Taksowerhede luister na boere se BTW-besware

  • energie

    Verbruikers gaan selfs méér opdok vir krag

  • maatskappye

    ‘Breek houvas van kosgroepe’

  • geldsake

    Loop katvoet as aandelemark styg

  • ekonomie

    Landbou in Wes-Kaap skep nóg werk

  • ekonomie

    Hoë werkloosheid in Vrystaat kwel

  • ikt

    Telkom-hoë se dissiplinêre verhoor begin

  • maatskappye

    Só rook die wêreld Rothmans

  • maatskappye

    Barclays Africa 'op koers', sê Maria Ramos

  • ikt

    Kubermisdaad broei in sukkeltye soos nou

  • geldsake

    Daardie SMS wat vir jou ’n lening aanbied, dalk onwettig

  • geldsake

    Loonsubsidie is net 'n pleister op die probleem

  • energie

    Eskom-geldsake raak nou kritiek

  • ekonomie

    Werkverliese skrikwekkend - veral in landbou

  • energie

    Kompleks verkoop krag aan munisipaliteit

  • geldsake

    Só verswak huishoudings se finansiële welstand

  • landbou

    Uithou vir beter pryse kom boere duur te staan

  • ekonomie

    Numsa, Seifsa maak stram vrede

  • ekonomie

    Werkloosheid styg - maar 'n graad kan jou steeds vrywaar

  • maatskappye

    Vakansieklubs: Ferm optrede verwag

  • ikt

    Telkom 'het wet oortree' met kontrak vir R91 miljoen

  • ekonomie

    Staking verby, maar dié werkgewers onverbiddelik

  • maatskappye

    Medisyne se koste gaan nog styg

  • mynbou

    Mynbase maar katvoet vir meganisering

  • maatskappye

    SA kleremakers kan nog baie uit Agoa put

  • ekonomie

    Handel met die VSA gaan voor die wind

  • ekonomie

    Dié base slaan dalk eie koers in

  • ekonomie

    SA klop Nigerië nog in die swaargewig-kryt

  • maatskappye

    Oprah se publikasie sluit deure in SA

  • entrepreneurs

    Hy wou besig bly – nou loon wassery

  • ekonomie

    IMF verwag swakker wêreldgroei

  • maatskappye

    V&A se Silo-distrik brei uit

  • ekonomie

    Reisigers sê dít neem die wind uit hul seile in SA