Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    19°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 25km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Woensdag

    20°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 24%


EKONOOM VAN DIE JAAR

‘Rentekoerse sal nie verander’

Deelnemers meen prima koers bly op 8,5%

David van Rooyen
Vrydag 28 Junie 2013

Johannesburg. – Suid-Afrika se voorste ekonome het oënskynlik daarmee vrede gemaak dat die land se rentekoerse nie veel gaan verander nie.

Dit blyk uit die feit dat altesame 31 van die 36 ekonome wat aan vanjaar se Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, verwag dat die prima uitleenkoers in die laaste kwartaal van vanjaar onveranderd op 8,5% gaan wees.

Een ekonoom – Carmen Nel van RMB – verwag selfs dat die prima koers tot 8% kan daal, terwyl vier ander ’n styging van tussen 25 en 50 basispunte verwag.

Die ekonome moet elke maand 14 ekonomiese veranderlikes voorspel en dié 36 voorspellings word dan deur prof. Eon Smit, direkteur van die nagraadse bestuurskool aan die Universiteit van Stellenbosch, verwerk in ’n konsensusraming, wat vir lesers ’n aanduiding gee van wat die beste ekonome dink met die ekonomie gaan gebeur.

Dié siening stem waarskynlik ooreen met dié van die Suid-Afrikaanse Reserwebank dat die ekonomie tans te pap is om ’n rentekoersverhoging te kan absorbeer.

Die deelnemende ekonome het soos verwag is hul voorspelling oor ekonomiese groei heelwat afwaarts aangepas. Volgens die jongste konsensusraming word ’n groeikoers van 2,33% verwag, teenoor 2,63% in die vorige maand.

Dit lyk ook of die ekonome dink dat die opwaartse druk op rentekoerse van ander ekonomiese aanwysers ook dalk effens verslap het.

Die ekonome is oënskynlik nie te bekommerd dat die inflasiekoers gaan handuit ruk nie, is meer optimisties oor die tekort op die lopende rekening en is selfs hoopvol dat die rand van sy huidige vlakke ietwat kan herstel.

Só verwag die konsensusraming dat die verbruikersprysindeks vanjaar en aanstaande jaar binne die inflasieteikenband van die Reserwebank sal bly, al is dit net-net. Vir vanjaar word nou voorspel dat inflasie die jaar op 5,94% gaan afsluit, teenoor ’n voorspelling van 5,92% ’n maand gelede en 5,88% in Februarie.

Vir aanstaande jaar word ’n inflasiekoers van 5,65% voorspel, byna dieselfde as die 5,61% waarmee vanjaar se voorspellings begin is. En daar is redelike eenstemmigheid daaroor want die standaardafwyking met die konsensus oor vanjaar se inflasiekoers is net 0,14 en vir aanstaande jaar s’n 0,36.

Die tekort op die lopende rekening is een van die faktore wat opwaartse druk op rentekoerse kan plaas, maar die ekonome het hul voorspelling oor dié tekort effens afwaarts aangepas nadat daar volgens die Reserwebank se kwartaalverslag ’n kleiner as verwagte tekort was.

Die jongste voorspelling is ’n tekort van R197,21 miljard teenoor die vorige maand se voorspelde R201,54 miljard. Die ekonome is egter nie te seker nie, want die standaardafwyking is 22,29.

Die een veranderlike waaroor die ekonome behoorlik kopkrap is die goudprys met ’n standaardafwyking van 108,04. Die jongste dalings in die goudprys tot naby $1 200 per fynons het die ekonome onkant betrap, want hulle verwag nog dat die gemiddelde goudprys in die laaste kwartaal $1 420,43 per fynons gaan wees. Hulle het wel hul voorspelling heelwat afwaarts aangepas van $1 515,90 in die vorige maand en $1 661,07 aan die begin van die jaar.

Die webwerf www.sake24.com bly jou gratis portaal tot nuus en markinligting. Ander lesers het gehou van:



  • geldsake

    Mediese kortings vir taks: 2 boekjare, 2 berekenings

  • maatskappye

    Rupert-trust vaar puik

  • geldsake

    Banke, kleinhandel is nou die room van die oes

  • ekonomie

    Vyf produkte wat uit die mode gaan

  • maatskappye

    Wat kook in Kaapstad?

  • maatskappye

    ArcelorMittal se aandeelprys tuimel ná power resultate

  • maatskappye

    Goedkoper vlugte kom in Oktober

  • ekonomie

    Regering moet ’n bank koop – Mboweni

  • maatskappye

    Vrystater wen vir volhoubare ontwikkeling

  • maatskappye

    Outa ‘nie verras’ dat Sanral-hoë bedank

  • maatskappye

    Spur ‘wen 6 000 lojale klante’

  • mynbou

    Amplats se voeteslepery krap in Froneman se slaai

  • maatskappye

    Goeie vrugteseisoen gee Sappi ’n hupstoot

  • maatskappye

    Meer vroue moet in topposte kom

  • ekonomie

    Goeie nuus oor salarisse - vir die meeste mense

  • maatskappye

    Resultate lig winkelsentrumgroep se aandeelprys

  • ikt

    Oefen jou brein met dié apps

  • mynbou

    Sibanye se wins daal, 'maar dis net geraas'

  • ekonomie

    Styging in kospryse het dalk draaipunt bereik

  • maatskappye

    Burger King-koning kry ook belang in Spur

  • maatskappye

    Minder Barclays-kliënte verloor hul huis, motor weens swak skuld

  • geldsake

    Spaarmaand kom tot 'n einde - hier's die laaste blog

  • ekonomie

    Landbou in Wes-Kaap skep nóg werk

  • maatskappye

    Van Marokko tot Mosambiek - nou kan jy deel in die groei in Afrika-eiendom

  • ekonomie

    Kind wat in puttoilet sterf, moet ingenieurs aanspoor

  • ekonomie

    Hoë werkloosheid in Vrystaat kwel

  • geldsake

    Pas op vir die topdrie wat JSE aandryf

  • maatskappye

    ‘Breek houvas van kosgroepe’

  • landbou

    Taksowerhede luister na boere se BTW-besware

  • geldsake

    Loop katvoet as aandelemark styg