Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    30°C / 16°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Donderdag

    29°C / 11°C

    Wind 30km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 15%

  • Vrydag

    24°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Saterdag

    21°C / 9°C

    Wind 19km/h

    Reënval 12.7mm

    Humiditeit 51%

  • Sondag

    21°C / 11°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.1mm

    Humiditeit 45%

  • Maandag

    24°C / 14°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%


BELEGGINGS

Waar daar ’n rokie is, kyk ’n slim belegger

Hou egter wisselvalligheid en gedempte markte dop

Shaun van den Berg,Tegniese Siening
Vrydag 28 Junie 2013

Waar daar ’n rokie is, is daar ’n vuurtjie. Vir Jan en alleman beteken dié gesegde dat as iets verdag lyk, ís daar waarskynlik iets verkeerd.

Vir die slim beleggers op die JSE kan dit egter ’n heeltemal ander betekenis hê: Daar is dalk ’n geleentheid wat benut kan word en wat verder ondersoek moet word.

Een van die maniere om toekomstige prysbewegings op te tel, is om te kyk na die volumeverhandeling van ’n aandeel – met ander woorde hoeveel aandele op ’n slag verhandel word.

Die ideale situasie is wanneer ’n aandeel gaandeweg geakkumuleer word sonder dat die aandeelprys die hoogte in skiet. Dit is hier waar die slim belegger, of clever money, na vore tree in die hoop dat die res van die mark dit die een of ander tyd gaan opmerk en die aandeelprys sodoende gaan styg.

Twee van die aandele waar daar tans ’n rokie te bespeur is, is Omnia (JSE: OMN) en Grindrod (JSE: GND).

Omnia is ’n gediversifiseerde en spesialis- chemiese maatskappy wat in die landbou-, mynbou- en chemiese sektor betrokke is.

Die groep se aandeel verhandel reeds sedert middel 2011 in ’n nou opwaartse kanaal met verhandeling bo sy 50-dae- en 200-dae- bewegende gemiddeldes.

Die langtermyn-tendens vertoon deurgaans bulagtig.

Die volume-prys-tendens (VPT), ’n aanwyser wat die verhouding tussen die volume van ’n aandeel en die beweging in sy prys aandui, dui tans daarop dat akkumulasie van die aandeel plaasvind. Die moontlikheid bestaan dus dat die vorige rekordsluitingsvlak van R175 selfs oortref kan word.

Die groep het onlangs in ’n handelsverslag gesê dat ’n wesensverdienste per aandeel van tussen R13,10 en R13,40 – ’n styging van onderskeidelik 36% en 40% teenoor die vorige jaar se wesensverdienste per aandeel van 958,6c – vanjaar verwag kan word.

Die aandeel verhandel teen ’n bewegende prys-verdienste-veelvoud (p/v) van 12,3 en 2,3 keer sy netto batewaarde. Die aandeel blyk billik gewaardeer te wees. Beleggers moet liefs nog hulle aandele hou.

Grindrod is hoofsaaklik by skeepsdienste en handelsbedrywighede betrokke, asook in vragvervoer en finansiële dienste, wat bedryfs- en bemarkingsinergieë sowel plaaslik as internasionaal aan die groep bied.

Sy aandeelprys het reeds ’n weerstandsvlak by R21,46 getoets, wat terselfdertyd ’n rekordvlak vir die aandeel is. Die langtermyn-tendens bly bulagtig, met die VPT-aanwyser wat steeds op volume-akkumulasie teen hierdie vlakke dui.

Die aandeel verhandel tans teen ’n p/v van 15,7 en teen ’n premie van 30% teenoor sy tasbare netto batewaarde. Aanduidings is dat ook Grindrod tans billik gewaardeer is en dat aandeelhouers nog hul aandele kan hou.

Daar is ook ’n gesegde dat as daar ’n geritsel tussen die blare is, kan dit ’n slang wees. Beleggers moet kennis neem van die huidige wisselvalligheid in die internasionale markte, asook die gedempte handelstoestande. Ondanks waar die rokies is, moet beleggers onder sulke omstandighede omsigtigheid aan die dag lê.

* Shaun van den Berg is die hoof- tegniese ontleder by PSG Online.

Die webwerf www.sake24.com bly jou gratis portaal tot nuus en markinligting. Ander lesers het gehou van:



  • ekonomie

    Klingel-klingel by die kasregister

  • maatskappye

    Nog ’n ondersoek na lenings

  • ikt

    Internet behaal mylpaal

  • maatskappye

    Rupert terug na sabbatsverlof

  • ikt

    Vodacom belê in vinniger netwerk

  • maatskappye

    SABMiller vry dalk harder

  • ikt

    ’n Visuele revolusie begin aanlyn

  • maatskappye

    SA maatskappye sluit nuwe Airbus-ooreenkoms

  • entrepreneurs

    Klein ondernemings ‘broei innovasie uit’

  • ekonomie

    Sukses in onseker bedryf

  • maatskappye

    Vier groot banke trotseer die storms

  • energie

    Gas word dalk goedkoper

  • maatskappye

    Vakansieklubs gaan uiteindelik vasgevat word

  • ikt

    Slimhorlosies bring omwenteling in bemarking

  • energie

    Eskom trek sy sokkies op

  • landbou

    Boereverneukery, sê aandeelhouer op warm vergadering

  • ekonomie

    Obsa leen R3,5 miljard aan buurstate

  • ekonomie

    Dollars stroom uit SA weens rentekoersvrees

  • ikt

    SA verskaffer nou PayPal-vennoot

  • ekonomie

    Taai ekonomie raak ook plastiekherwinning

  • mynbou

    AngloGold se planne aan skerwe

  • maatskappye

    SA sake is gedemp, maar PPC brei uit in Afrika suid van die Sahara

  • ikt

    Twyfel oor Telkom laat aandeel daal

  • energie

    Beurtkrag kom dalk dié somer

  • maatskappye

    Privateskolegroep koop drie skole

  • ikt

    Alibaba gaan nog groter

  • landbou

    Amerikaners suur oor suiker

  • ikt

    Dis té groot, té vinnig, té veel, sê Minecraft-skepper

  • maatskappye

    Wal-Mart draai New Yorkers rat voor oë

  • landbou

    Geen melkwit glimlag vir Clover

  • landbou

    Boere sê ja vir Zeder-aanbod

  • mynbou

    AngloGold gaan nié ontbondel

  • ekonomie

    Wêreldmarkte storm voort, maar lande groei nie

  • landbou

    Voedselgroep pen datum vir notering vas

  • energie

    Olieprys daal skerp oor Chinese data