Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 8°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Maandag

    19°C / 7°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 21%

  • Dinsdag

    20°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%


SPAARMAAND

Is jy finansieel geletterd?

Sleutel tot dié kennis en begrip is – laat finansies vir jou werk

Vrydag 19 Julie 2013
Julie is spaarmaand en die tema vanjaar is “Belê in finansiële geletterdheid – spaar vir jou toekoms”. In Engels werk dit beter, want die woord vir “spaar” en “red” is dieselfde. Carolien Saayman verduidelik hoe jy jou geletterdheidsvlakke kan toets – en hoe jy dit kan verbeter.
Audrey Mothupi, hoof van inklusiewe bankdienste by Standard Bank.

Spaar is nie iets wat sommer so vanself gebeur nie. As dit het, sou ons almal seker berge spaargeld gehad het.

Jy het ook nie nodig om ’n fortuin te verdien om te kan spaar nie – navorsing wys dat juis die laagste verdieners dit wel regkry om geld af te knyp. Al wat jy nodig het, is om jou gesonde verstand in te span en in jou finansiële geletterdheid te belê.

Presies wat is finansiële geletterdheid en hoe kan jy meet of jy die toets slaag?

In 2010 het die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (Oeso) in 14 lande (waaronder Suid-Afrika) met navorsing begin om vlakke van finansiële geletterdheid te bepaal. Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het dié navorsing in 2011 met die hulp van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) verder gevoer en vier maatstawwe ontwikkel waarvolgens dit gemeet kan word.

Volgens Lyndwill Clark, hoof van verbruikersopvoeding by die RFD, gaan die bevindinge van die navorsing gebruik word om te sien waar die grootste opvoedingsbehoefte is.

Die nasionale tesourie gaan die proses koördineer sodat daar ’n gesamentlike nasionale strategie vir verbruikersopvoeding is. Daar is byvoorbeeld reeds bevind dat 16- tot 19-jariges goed vaar ten opsigte van kennis en begrip (waarskynlik omdat hulle op skool daaroor geleer word) maar uiters swak vaar in die ander maatstawwe. Die navorsing wys ook duidelik hoe vatbaar afgetredenes is vir skelmstreke – hulle weet hulle moet ’n hoë opbrengs op hul geld kry om dit lewenslank te laat hou, maar verstaan nie die produkte nie en word maklik ’n gat in die kop gepraat. Uiteindelik verloor hulle dan al hul geld.

Die RFD het finansiële geletterdheid in vier breë trekke ingedeel:

1. FINANSIËLE BEHEER

Só lyk iemand met dié eienskappe:

* Dié persoon is waarskynlik daagliks by finansiële besluitneming betrokke;

* Het ’n versigtige benadering tot persoonlike finansies;

* Spaar eerder as om geld te bestee; en

* Leef in ’n huishouding wat begroot en wat uitkom met hul geld.

Wat kan jy doen om beter te vaar?

Audrey Mothupi, hoof van inklusiewe bankdienste by Standard Bank, sê in hul navorsing oor die lae-inkomstemark is bevind dat die laagste verdieners en die rykste mense diegene is wat werklik weet wat in hul geldsake aangaan. “Die armstes omdat hulle geen ander keuse het as om te weet waarvoor elke sent gebruik word nie, en die heel rykstes omdat hulle verstaan dat hul geld vir hulle geld kan maak,” sê sy. Die probleem lê in die middel, waar mense beheer verloor oor hul bestedingspatrone.

In die navorsing het Standard Bank aan mense dagboeke gegee waarin hulle rekenskap moes gee van hoe hulle hul geld bestee. “Die lesse wat die laerinkomstemark aan ons kan leer, is baie eenvoudig. Ons het gevind dat hulle hul geld opsy sit vir verskillende behoeftes – ’n koevertjie vir vervoer, een vir kos, een vir skoolgeld. Ons kan dit almal doen.

“Met die finansiële dagboeke kon ons mense help sien waar hulle onnodige uitgawes het wat hulle kon afknyp om vir ander doelwitte te spaar.

“Ek wil ’n uitdaging stel aan Sake24 se lesers – net vir een maand, hou boek van jou uitgawes. Of jy nou R3 000 of R30 000 per maand verdien, hou boek van alles waaraan jy jou geld bestee.”

Die RFD het op sy webwerf ’n voorbeeld van so ’n finansiële dagboek. Besoek www.mylife mymoney.co.za en klik op “budgeting templates”.

2. FINANSIËLE BEPLANNING

Só lyk iemand met dié eienskappe:

* Dié persoon stel finansiële doelwitte en werk hard daaraan om hulle te bereik;

* Spaar vir die lang termyn en is bekommerd oor die dag van môre;

* Het ’n noodfonds; en

* Het onlangs daarin geslaag om te spaar – deur ’n formele spaarproduk of op informele wyse.

Wat kan jy doen om beter te vaar?

Ronald King, hoof van tegniese ondersteuningsdienste by PSG Wealth, skryf in antwoord op dié vraag baie mense beskou hul huis as deel van hul spaarplan, maar dit is ongelukkig nie die geval nie. “Jy gaan altyd ’n huis nodig hê en sal nooit daardie geld kan gebruik vir iets anders nie.”

Hoewel die vinniger afbetaling van jou verband sin maak, werk dit net as ’n spaarplan as die volle premie wat jy aan die verband betaal het, ná die afbetaling daarvan in ’n spaarproduk belê word en nie gebruik word om jou lewenstyl te verhoog nie.

“Die oomblik dat jy minder as 97% van die premie spaar, sou dit beter gewees het om die bykomende afbetaling aan die verband eerder van die begin af in ’n ander belegging te geplaas het.

“Dit is ook belangrik om sterk mure tussen jou behoeftes te plaas,” sê King.

Ongelukkig is dit waar dat tydsverloop daartoe lei dat ’n risiko kleiner begin lyk en baie mense wat van werk verander, gebruik hul langtermyn-aftreegeld om hul korttermyn-behoeftes te vervul. Maak seker jy weet wat jou korttermyn-behoeftes en wat jou langtermyn-behoeftes is. Kyk hoeveel van elkeen jy kan bybring en hou by jou plan.

Die aanpasbaarheid van nuwe-generasie-produkte maak dié produkte baie meer aantreklik, maar het dit ongelukkig ook makliker gemaak om toegang tot jou spaargeld te kry.

Mense moet onthou lewensdekking is ook ’n vorm van spaar – spaar vir jou nageslag.

En in jou beplanning moet jy pasop om “roekeloos konserwatief” te wees, sê King.

“As jy 55 is, is jou lewensverwagting nog 30 jaar en jou beleggingstermyn derhalwe ook. Oor daardie periode moet jy in aandele wees vir ’n beter opbrengs. Slegs geld wat jy gaan gebruik in die volgende ses jaar moet in kontant en kontant-ekwivalente-fondse geplaas word.

“Onthou vyf jaar vóór aftrede gaan jy nie oor vyf jaar al jou geld gebruik nie; jy gaan bloot van beleggingsvoertuig verander.”

3. PRODUKKEUSE

Só lyk iemand met dié eienskappe:

* Dié persoon het ’n breë kennis van die verskillende soorte bank-, krediet-/leen-, spaar- en beleggings- en versekeringsprodukte;

* Het minstens een uit elke kategorie van dié produkte;

* Doen deeglike navorsing voordat hy ’n produk kies;

* Is nie spyt oor enige besluite wat hy in die voorafgaande jaar oor finansiële produkte geneem het nie; en

* Het nie in die afgelope vyf jaar ’n onvanpaste produk gekies nie.

Wat kan jy doen om beter te vaar?

King sê dit is baie belangrik om daarop te let dat spesifieke produkte vir spesifieke behoeftes geskep word.

“Dit help daarom om altyd by elke produk neer te skryf wat die rede vir daardie produk is. As jy ’n lewenspolis uitgeneem het om jou huisverband te dek en die verband is afbetaal, kan jy kyk of die produk vir iets anders gebruik kan word of anders kan jy dit kanselleer.

“Jy moet ook seker maak dat die maksimum belastingvoordele wat produkte jou kan bied, geken en benut word.

“So byvoorbeeld is daar geen beter spaarproduk vir aftrede as ’n pensioen-/voorsorgfonds of uittree-annuïteit nie. Die belasting wat jy spaar, is aansienlik meer as die belasting wat jy eendag op die uitbetalings gaan betaal. Wat egter belangrik is om te besef, is dat die produk nie die opbrengs bepaal nie, maar die onderliggende fondse,” sê King.

’n Fonds van 20 jaar gelede is heel moontlik nie meer geskik vir jou bestaande behoeftes nie. Wees ook versigtig om nie produkte te koop vir die “gim”-byvoordele nie. Maak eers seker dat die produk in eie reg aan jou behoeftes voldoen voordat na enigiets verder gekyk word.

4. FINANSIËLE KENNIS EN BEGRIP

Só lyk iemand met dié eienskappe:

Dié persoon het ’n basiese begrip van wiskunde, die uitwerking van inflasie, rente betaalbaar op lenings, die risiko wat met hoë-opbrengsbeleggings verband hou, die krag van saamgestelde rente en risiko-diversifisering.

Wat kan jy doen om beter te vaar?

Moenie bang wees om ’n paar sommetjies te maak nie; jy móét begryp hoe inflasie jou koopkrag beïnvloed, die duur prys wat jy vir krediet betaal, en hoe saamgestelde rente oor tyd vir jou welvaart kan skep.

Thandi Ngwane, hoof van strategiese markte by Allan Gray, gee ’n voorbeeld van hoe jy met ’n bietjie selfdissipline en sonder om enige gerief prys te gee, ’n neseier kan opbou.

Jou motor is byvoorbeeld nog in ’n heel goeie toestand, maar jy brand om die nuutste model te kry. In plaas daarvan om R2 500 per maand méér aan die bank te betaal vir hierdie voorreg, kan jy dié R2 500 eerder vyf jaar lank belê en dan die voordeel van saamgestelde rente vir die volgende vyf jaar geniet, sê sy.

“As jy dit tien jaar gelede gedoen het, sou jy R150 000 (uit jou sak) gespaar het, maar die belegging sou nou reeds tot R445 816 gegroei het.” Dié syfers is gegrond op ’n belegging in die Alan Gray- gebalanseerde effektetrust.

Ngwane sê ook beleggers moet inflasie verstaan – wat betref die invloed wat dit op lewenskoste het, sowel as die rol wat dit in beleggingsbesluite speel. Jy moet dus belê in instrumente wat inflasie klop. “Inflasie diskrimineer nie; oor tyd raak dit die prys van die meeste goedere en dienste en kalwe die koopkrag van spaargeld weg.

“Dit is waarom welvaart altyd op grond van koopkrag gemeet moet word en nie in die nominale bedrag rande wat ’n mens het nie,” sê sy.

Die sleutel ten opsigte van finansiële kennis en begrip, is dat jy moet verstaan dat jou geld vír jou kan werk.

Besoek www.sake24.com  vir gratis sakenuus en vars markinligting.



  • geldsake

    Pas op vir die topdrie wat JSE aandryf

  • ekonomie

    Kind wat in puttoilet sterf, moet ingenieurs aanspoor

  • maatskappye

    Van Marokko tot Mosambiek - nou kan jy deel in die groei in Afrika-eiendom

  • landbou

    Taksowerhede luister na boere se BTW-besware

  • energie

    Verbruikers gaan selfs méér opdok vir krag

  • maatskappye

    ‘Breek houvas van kosgroepe’

  • geldsake

    Loop katvoet as aandelemark styg

  • ekonomie

    Landbou in Wes-Kaap skep nóg werk

  • ekonomie

    Hoë werkloosheid in Vrystaat kwel

  • ikt

    Telkom-hoë se dissiplinêre verhoor begin

  • maatskappye

    Só rook die wêreld Rothmans

  • maatskappye

    Barclays Africa 'op koers', sê Maria Ramos

  • ikt

    Kubermisdaad broei in sukkeltye soos nou

  • geldsake

    Daardie SMS wat vir jou ’n lening aanbied, dalk onwettig

  • geldsake

    Loonsubsidie is net 'n pleister op die probleem

  • energie

    Eskom-geldsake raak nou kritiek

  • ekonomie

    Werkverliese skrikwekkend - veral in landbou

  • energie

    Kompleks verkoop krag aan munisipaliteit

  • geldsake

    Só verswak huishoudings se finansiële welstand

  • landbou

    Uithou vir beter pryse kom boere duur te staan

  • ekonomie

    Numsa, Seifsa maak stram vrede

  • geldsake

    Spaarwenke vir Spaarmaand: Spaar selfs as jy met vakansie gaan

  • ekonomie

    Werkloosheid styg - maar 'n graad kan jou steeds vrywaar

  • maatskappye

    Vakansieklubs: Ferm optrede verwag

  • ikt

    Telkom 'het wet oortree' met kontrak vir R91 miljoen

  • ekonomie

    Staking verby, maar dié werkgewers onverbiddelik

  • maatskappye

    Medisyne se koste gaan nog styg

  • mynbou

    Mynbase maar katvoet vir meganisering

  • maatskappye

    SA kleremakers kan nog baie uit Agoa put

  • ekonomie

    Handel met die VSA gaan voor die wind

  • ekonomie

    Dié base slaan dalk eie koers in

  • ekonomie

    SA klop Nigerië nog in die swaargewig-kryt

  • maatskappye

    Oprah se publikasie sluit deure in SA

  • entrepreneurs

    Hy wou besig bly – nou loon wassery

  • ekonomie

    IMF verwag swakker wêreldgroei

  • maatskappye

    V&A se Silo-distrik brei uit

  • ekonomie

    Reisigers sê dít neem die wind uit hul seile in SA