Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    12°C / 1°C

    Wind 40km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Saterdag

    16°C / 5°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Maandag

    20°C / 7°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 4km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Woensdag

    22°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


JSE

Bied beerfase ’n kans vir die stroomop belegger?

As jy waarde soek, sal jy geduld moet hê

Shaun van den Berg,Tegniese Siening
Vrydag 19 Julie 2013

’n Paar van die JSE se swaargewig-aandele, soos Richemont, MTN Group en Coronation, het onlangs nuwe hoogtepunte bereik en verhandel tans teen relatief hoë prys-verdienste-veelvoude (p/v’s) – ’n aanduiding dat die aandele tans nie as goedkoop gereken kan word nie.

Te midde hiervan is daar ’n swaargewig soos Anglo American, wat teen die laagste vlak in vier jaar verhandel, asook die platinumprodusent Jubilee, wat hom op die lys van nuwe laagtepunte bevind.

Daar is ook baie van die kleiner gekapitaliseerde aandele wat ver onder hul langtermyn- bewegende gemiddelde van 200 dae verhandel en in ’n beerfase verkeer.

Die vraag is of dié aandele nou vir die sogenaamde “stroomop” belegger ’n geleentheid bied en of daar liewer gewag moet word vir ’n besliste verandering in die onderliggende tendens.

Een van die aandele waar hierdie vraag tans van toepassing is, is Ellies (JSE: ELI). Dié groep is een van Suider-Afrika se grootste vervaardigers, groothandelaars en verspreiders van televisie-ontvangsprodukte.

Die groep het pas in ’n handelsoorsig bekend gemaak dat sy wesensverdienste per aandeel in die boekjaar tot einde April vanjaar na verwagting tussen 30% en 40% hoër sal wees as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die aandeel verhandel teen ’n bewegende p/v van 8,7 en kom teen hierdie vlak as goedkoop voor.

Tegnies verhandel die aandeel nou onder sy bewegende gemiddelde van 200 dae en beweeg dit nader aan oorverkoopte vlakke. Dit kan egter nog verder daal.

Hiermee saam vaar die aandeel relatief swakker as die JSE se indeks van alle aandele.

Aanduidings is dat die aandeel tot ’n vlak van sowat R6,80 kan daal voordat daar sprake van ’n moontlike ommeswaai kan wees.

Nog ’n aandeel waarom om bogenoemde vraag draai, is Cadiz (JSE: CDZ).

Dié maatskappy is ’n spesialis-verskaffer van finansiële dienste met die fokus op onder meer aandeleverhandeling, afgeleide instrumente, vaste-inkomstebeleggings, navorsing, korporatiewe oplossings, batebestuur en effektetrusts.

Die maatskappy se bestuur gee tans aandag aan ’n verskeidenheid van kwessies, waaronder die inwerkingstelling van ’n gedesentraliseerde sakemodel en die verskuiwing van die maatskappy se fokus tot die groei van inkomste op mediumtermyn en die beheer van koste.

Tegnies verhandel die aandeel ver onder sy 50-dae- en 200-dae- bewegende gemiddelde en die langtermyntendens bly beeragtig.

Die aandeel bied tans spekulatiewe moontlikhede. Net spekulante moet dus in dié stadium na die aandeel kyk.

Omsigtige beleggers moet na regte sowel tegniese as fundamentele faktore in ag neem wanneer ’n beleggingsbesluit oorweeg word.

Die uitdaging met die meeste aandele wat in ’n beerfase verkeer, is dat ander beleggers negatief is oor die betrokke maatskappy se vooruitsigte.

Vir die beleggers wat na waarde soek, sal ’n besluit egter baie geduld vereis.

* Shaun van den Berg is die hoof- tegniese ontleder by PSG Online.

Besoek www.sake24.com  vir gratis sakenuus en vars markinligting.



  • energie

    Petrolprys: Motoriste kry goeie nuus

  • maatskappye

    OBK maak sy stem dik oor direkteure se vergoeding

  • ekonomie

    Apartheidsdade: Ford, IBM nié skuldig

  • maatskappye

    Malaysia Airlines sny baie poste

  • maatskappye

    Adcock-hoof oor swak vertoning

  • energie

    Eskom wil hoftwis keer

  • maatskappye

    Woolies het wind in sy seile

  • maatskappye

    Uitbreiding van Burger King gee GPI ’n knou

  • maatskappye

    Fronse oor Joffe se Adcock-plan

  • mynbou

    Implats hersien sy aggressiewe groeiplan

  • maatskappye

    Koop en verkoop M&R se strategie

  • maatskappye

    Mustang nou wêreldwyd beskikbaar

  • ekonomie

    Groothandel-inflasie daal stadig maar seker

  • ekonomie

    Yanks skrik nie vir koue pampoen

  • ikt

    Internetreus se Ma rykste in China

  • ikt

    Samsung stel nuwe slimhorlosie bekend

  • maatskappye

    Massmart strydlustig oor mededinging

  • mynbou

    Implats vol vertroue dat platinumprys sal styg

  • maatskappye

    Selfs Woolies se klante maak meer slegte skuld

  • maatskappye

    Adcock bloei – en daar is nie pleisters nie

  • energie

    Krag: ‘Dink uit die boks’

  • maatskappye

    Newtown kry ’n City Lodge-hotel

  • maatskappye

    Wêreld kort skerper tande teen multinasionale maatskappye

  • ikt

    Naspers kry regmerk van Moody’s

  • landbou

    Geheime aanbod vir Agri Voedsel ‘afgehandel’

  • maatskappye

    Buffett sit sy geld in oliebolle

  • landbou

    Kosgroep vat nou pyn vir groei later

  • landbou

    Mielie-oes groter, maar daar is minder koring

  • maatskappye

    V&A se kleinhandelaars floreer

  • energie

    Interdik gevra oor Koeberg-kontrak

  • ekonomie

    Lagarde gaan nie bedank oor ondersoek

  • maatskappye

    Mediese versekering staan Santam nie meer aan nie

  • maatskappye

    Basil Read ly groot verlies

  • ikt

    Uber-app vir eers wettig in Hamburg

  • ekonomie

    Peiling oor armoede, ongelykheid aangepak

  • ikt

    Mustek maak stewige wins

  • maatskappye

    Swak motorverkope laat Imperial swaar trek

  • energie

    Petrol: Dalk kom groot verligting

  • maatskappye

    Rokers in Chili gee dobbelverdienste gas

  • maatskappye

    Sakevroue hou jaarkongres

  • ekonomie

    Resessie moontlik ontwyk met stagnerende groeisyfer

  • maatskappye

    Aussie-groep wil werk skep in SA

  • ekonomie

    SA banke kan Moody’s se flaters oorkom

  • ekonomie

    Regters nou aanlyn in Bfn

  • entrepreneurs

    Geluk is blink klippies en die liefde wat blom

  • maatskappye

    ‘Caxton-sirkus’ ontstig drukkerybaas

  • ekonomie

    Oë dié week op BBP-groei

  • landbou

    Is die landbousektor gereed?