Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    25°C / 7°C

    Wind 29km/h

    Reënval 1.0mm

    Humiditeit 17%

  • Vrydag

    16°C / 5°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 14%

  • Saterdag

    16°C / 6°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%

  • Maandag

    21°C / 10°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%

  • Dinsdag

    22°C / 8°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 11%


JSE daal effens, maar ontleders is nie verbaas

Mari Blumenthal,I-Net Bridge
Vrydag 19 Julie 2013

Pretoria. – Winsneming en swakker groeivooruitsigte vir Suid-Afrika het die JSE gister in die rooi gehou.

Die JSE se indeks van alle aandele het 1,45% laer gesluit op 40 549 punte. Die nywerheidsindeks het die hardste pak slae gekry en 1,76% verloor. Die finansiële en die hulpbronindeks het onderskeidelik 1,48% en 1,24% laer gesluit.

“Ons sien nou normale wisselvalligheid en konsolidasie in die mark wat nie verbasend is nadat dit die afgelope ruk stewig geklim het nie,” sê Ferdi Heyneke, portefeuljebestuurder by Afrifocus.

Viv Govender, ontleder by Vunani Private Clients, sê plaaslike marksentiment is ook geknou nadat die Reserwebank Donderdag sy groeivooruitsigte vir Suid-Afrika tot net 2% verlaag het.

Die rand het gisteraand vroeg teen R9,86 teenoor die dollar verhandel nadat dit vroeër in die dag tot R9,93 teruggesak het.

Theuns de Wet, hoof van navorsing van Rand Merchant Bank, sê dit lyk of die rand nou in ’n band tussen R9,80 en R10,00 verhandel.

De Wet sê marksentiment het vandeesweek verbeter nadat dr. Ben Bernanke, president van die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed), markte verseker het dat hy nie sommer binnekort die Fed se aankope van staatseffekte sal begin verminder nie.

Bernanke het gesê dit is “steeds heeltemal te vroeg” om te besluit of die Fed in September sy aankope moet begin afskaal, berig Bloomberg.

“Ná twee dae se verslagdoening voor die Amerikaanse kongres lyk dit of Bernanke dit reggekry het om markte te kalmeer,” sê De Wet.

De Wet sê die wyse waarop die opbrengskoers op Amerikaanse staatseffekte gestabiliseer het, toon ook dat Bernanke beleggers vir eers gerus gestel het.

Besoek www.sake24.com  vir gratis sakenuus en vars markinligting.



  • energie

    Eskom: Alle hoop op ‘skerp’ nuwe baas

  • maatskappye

    Banke boer agteruit op JSE ná afgradering van hul krediet

  • landbou

    Swaziland 'steel' 6 000 SA poste in bosbou

  • geldsake

    SA aandele is hoog, tyd om oorsee te kyk

  • mynbou

    Glencore Xstrata keer $1 mjd. uit

  • landbou

    Soveel kleur is rede vir feesvier

  • ikt

    Staan opsy, Iron Man, hier kom die exoskelet

  • maatskappye

    Massmart se aandeelprys val ergste in 8 jaar

  • energie

    Eskom se nuwe hoof aangestel

  • maatskappye

    Kitskosreus se koffie kom

  • ekonomie

    Kospryse bly skerp styg, al daal inflasiekoers

  • maatskappye

    50 fondse aan Abil blootgestel

  • entrepreneurs

    Entrepreneurs kry TV-raad

  • maatskappye

    Werk én speel hard

  • maatskappye

    Shoprite-meubelwinkels vaar goed

  • mynbou

    Billiton gee dawerend pad uit SA

  • mynbou

    Poste in gedrang by Harmony

  • maatskappye

    V&A kry H&M in 2015

  • maatskappye

    Moody’s gradeer banke af weens redplan

  • ikt

    Soekenjin word internetreus in 10 jaar

  • maatskappye

    Capitec klim weer na graderingskok

  • mynbou

    Tata, Suid-Afrika, sê mynreus

  • ikt

    'Onbeperkte' internet van Telkom dalk nie so onbeperk

  • maatskappye

    Beurs het min genade met Shoprite, ondanks 'stewige' resultate

  • landbou

    Landbou gee nasie kos, plase is veilig – minister

  • maatskappye

    Massmart neem 94 weer in diens

  • geldsake

    Blootstelling aan African Bank kom beleggers duur te staan

  • maatskappye

    ‘Niks te vrees oor Capitec’

  • maatskappye

    Groot banke en Capitec vermy Abil se skuldstrik

  • ekonomie

    Sun verkoop groot deel van belange

  • ekonomie

    ‘Regering keer met beleid ontwikkeling’

  • ekonomie

    Shelley Point weer op dreef