Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    21°C / 8°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    23°C / 9°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Vrydag

    24°C / 10°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    24°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%


GELDKLINIEK

Moet ek my Investec-effektetrust verkoop?

Vrydag 19 Julie 2013
Sake24 lewer 'n Geldkliniek-diens waar lesers vrae kan instuur en ons dit deur kundiges laat beantwoord. Dié vraag handel oor Investec se Waarde-effektetrust.

* VRAAG:

Ek het jare gelede ’n redelike bedrag belê in die Investec Waarde-effektetrust en tot so drie, vier jaar gelede was dit ’n toppresteerder in die waarde-sektor, maar die afgelope paar jaar die heel swakste met voortdurende negatiewe opbrengste. Die afgelope jaar, tot hede, was dit -8,28%(!) terwyl sy eweknieë almal positiewe opbrengste gelewer het.

Moet ’n mens maar tou opgooi en teen die huidige lae eenheidsprys verkoop of is daar dalk hoop vir die toekoms?

* John Biccard, portefeuljebestuurder van die Investec Waarde-effektetrust, antwoord:

Die Investec Waarde-effektetrust sukkel relatief gesproke as ’n mens die meedoënlose voortsetting van positiewe prysmomentum in spesifieke nywerheidsektore in ag neem.

Die mark se algehele verontagsaming van waarde blyk duidelik as ’n mens kyk na die relatiewe prestasie van aandele met ’n hoë prys-verdienste-veelvoud (p/v) versus aandele met ’n lae p/v oor die afgelope 20 maande. Sien die grafiek hierby.

Ons het al voorheen soortgelyke tydperke gesien waar die mark nie heeltemal soos verwag optree nie vanweë sentiment-gedrewe mark-uitbundigheid.

Ons glo ten sterkste daarin dat buitengewone opbrengste net behaal kan word deur ons beleggers se geld te belê in ondergewaardeerde aandele, wat ons deeglik navors.

Onder die heersende omstandighede van uiterste teenstrydigheid is ons posisionering stroomop teen die konsensus-sentiment. Die mark jaag aandeelpryse op gegrond op stewige historiese verdienstes.

Ons het byvoorbeeld beperkte blootstelling aan binnelands-georiënteerde aandele soos kleinhandelaars, banke, voedselvervaardigers en nywerheidsaandele.

’n Reuseheraanslag het oor die afgelope vier jaar plaasgevind wat daartoe gelei het dat binnelands-georiënteerde aandele nou op ’n gemiddelde historiese p/v van 17 verhandel. Ons glo dit is eenvoudig ’n te hoë prys om te betaal vir blootstelling aan die trae Suid-Afrikaanse ekonomie waar groei oor die afgelope vyf jaar hoofsaaklik aangedryf is deur kredietverlening.

Die Investec Waarde-effektetrust gaan nie afwyk van sy langtermyn-beleggingsfilosofie nie. Ons glo vas daaraan dat die huidige toestande opgevolg sal word deur die gebruiklike vinnige ommekeer wat ons al in die verlede gesien het.

Besoek www.sake24.com  vir gratis sakenuus en vars markinligting.



  • maatskappye

    Inkopieplekke raak groener

  • ekonomie

    Groei in skuld futloos

  • ekonomie

    Wat is die nut van kredietgraderings?

  • entrepreneurs

    ’n Handgeskrewe brief ná elke saketransaksie

  • entrepreneurs

    Besighede traag om lenings aan te gaan

  • ekonomie

    Sakedagboek: 1-5 September 2014

  • ekonomie

    Sake se top-10-berigte van die week

  • ikt

    E-handel: China se vier rykstes in geveg

  • ikt

    Naspers staan sterk op 100ste jaarvergadering

  • geldsake

    Bateklasse: Loop nou lig vir aandele

  • geldsake

    Bulmark: Tyd vir aktief of passief bestuurde fondse?

  • geldsake

    Vyf redes om te bedank

  • ikt

    Kuberkrakers breek by bank in

  • energie

    Sonpanele op water

  • geldsake

    Kyk onder radarskerm vir geleenthede

  • maatskappye

    Mense is die sleutel tot hotelbestuur

  • ikt

    Tencent loop deur onder sensuur

  • energie

    Petrolprys: Motoriste kry goeie nuus

  • maatskappye

    OBK maak sy stem dik oor direkteure se vergoeding

  • ekonomie

    Apartheidsdade: Ford, IBM nié skuldig

  • maatskappye

    Malaysia Airlines sny baie poste

  • maatskappye

    Adcock-hoof oor swak vertoning

  • energie

    Eskom wil hoftwis keer