Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 10%

  • Saterdag

    24°C / 9°C

    Wind 18km/h

    Reënval 2.4mm

    Humiditeit 29%

  • Sondag

    25°C / 14°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Maandag

    26°C / 14°C

    Wind 11km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 27%

  • Dinsdag

    28°C / 14°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Woensdag

    27°C / 13°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 28%

navigeer met sleutelbord-pyltjies
  • 1 maand gelede |

    Suid-Afrikaners dobbel weer

  • 1 maand gelede |

    Nuwe taxidiens in Berlyn verbied

  • 1 maand gelede |

    Bedrog kos Standard Bank R850 miljoen

  • 1 maand gelede |

    Hyundai begin in SA vervaardig

  • 1 maand gelede |

    Geen nuwe stoele, mevrou

  • 1 maand gelede |

    Laer oesversekering laat Santam-syfers blink

  • 1 maand gelede |

    Japan: eerste ekonomiese inkrimping sedert 2011-aardbewing

  • 1 maand gelede |

    Prysvasstelling: China teiken nie nét oorsese firmas

  • 1 maand gelede |

    Word só 'n leier én entrepreneur

  • 1 maand gelede |

    Minder mense vlieg in Suid-Afrika

  • 1 maand gelede |

    Sakegesprek praat met Gautrein-baas


Sibanye wil dividend betaal, aandele lóóp

sake24
Dinsdag 13 Augustus 2013
Sibanye Gold oorweeg om spesiale dividende uit te betaal nadat sy wins en produksie in die eerste helfte van die boekjaar skerp gestyg het.
Sy bedryfswins het met 63% geklim tot R3,3 miljard in die ses maande tot Junie, vergeleke met die vorige ses maande.
Die groep se goudproduksie het met 23% geklim tot 656 399 fynonse en beskikbare kontant het agt keer toegeneem tot R2,1 miljard.
“Die verbeterde bedryfsvertoning en die herstrukturering van sy skuld het verseker dat die groep sy eerste dividend kan verklaar sodra daar genoegsame finansiële- en bedryfstabiliteit is,” het die maatskappy in ’n verklaring gesê.
Sibanye sê hy sal besluit oor die dividend wanneer daar duidelikheid is oor die uiteinde van loononderhandelinge.
“Ons is voorbereid op uitgebreide stakings en het planne beraam om verliese te beperk indien produksie ontwrig word.” 
Die groep se wesensverdienste het amper verdubbel tot R881 miljoen vergeleke met die vorige ses maande. Dit was egter 65% laer as die R2,52 miljard wat in die eerste helfte van 2012 verklaar is.
Teen 10:45 was die groep se aandeelprys amper 7% sterker by 872c. Die goudindeks het Dinsdagoggend steeds versterk ná gister se reusagtige lopie. Die goudmyn-indeks het Maandag met 12,84% opgeskiet en die hulpbronindeks met 4,98%.
Harmony Gold se aandeelprys het met ’n volle 20,6% tot R39,56 gestyg en Gold Fields s’n met 13,4% tot R59,82. Impala Platinum se aandeelprys was 9,2% sterker op R108,65.
Wayne McCurrie, hoofportefeuljebestuurder van Momentum Wealth, sê beter ekonomiese data uit China het hulpbronpryse al verlede week opgestoot. “Sy nywerheidsproduksiesyfers was beter as wat verwag is en daar is ook gerugte dat die sentrale bank provinsiale regerings stilletjies met hul kontantvloei help.”
Hoewel die goeie ekonomiese nuus die lopie in die platinumprys verduidelik, is dit nie werklik ’n grondige rede vir die verbetering in die goudprys nie, sê McCurrie.
Die goudprys het gister vir die vierde opeenvolgende dag veld gewen en tot selfs $1 344 per fynons verstewig.
Hy sê die goudprys het nie werklik genoeg gestyg om die lot van goudmynmaatskappye veel te verbeter nie en hul aandeelpryse het waarskynlik bloot geklim omdat hulle tot dusver vanjaar so ver teruggesak het.
“Die swak vooruitsigte vir die goudprys beteken egter nie dat goudmynaandele nie nog kan klim nie, want hulle het nou al geruime tyd veel swakker as die goudprys gevaar.”
Drikus Combrinck, portefeuljebestuurder van PSG Konsult, sê ’n styging in die goudprys kan ’n baie groot uitwerking hê op die winsgewendheid van goudmyne wat net-net gelykbreek.
Hy sê goudmynaandele het vanjaar besonder sleg gevaar en beleggers wil nie ’n moontlike ommeswaai misloop nie. “Wanneer dit lyk of die momentum begin draai, wil almal vinnig inspring voordat dit te laat is.”
Hy sê die goudprys kan op kort termyn saam met die platinumprys op beweeg, selfs al dryf verskillende faktore die pryse op lang termyn aan.


  • ekonomie

    ’n Enorme verlies vir SA

  • energie

    Eskom kan armes knak met hoër tariewe

  • ikt

    Tencent stoot Naspers van prestige-lys

  • ekonomie

    Groei se gô bly uit

  • maatskappye

    FlySafair binnekort in die lug

  • ekonomie

    Marathon draf nader aan groot 7

  • maatskappye

    Absa wil voorloop met internet

  • ekonomie

    Gill Marcus tree uit

  • ikt

    Kry winskopies met dié app

  • ekonomie

    Rentekoers: Groot sug van verligting vir almal met skuld

  • maatskappye

    Nasa nader aan mense op Mars sit

  • maatskappye

    SABMiller brou eerste bier in Namibië

  • ekonomie

    Groothandelaars trek noustrop

  • standardbank

    Bestuur jou tyd beter en jou onderneming sal floreer

  • geldsake

    Kospryse hol weg, maar dié wenke kan jou help

  • maatskappye

    Supermarkte: En die wenner is...

  • ekonomie

    Boubedryf kry ’n tweede asem

  • energie

    Van onkruiddoder tot brandstof - die ‘wonder-energie’ onder ons neuse

  • maatskappye

    Dis pizza-tyd in die Goudstad!

  • ekonomie

    Gill sal dalk nie torring

  • maatskappye

    Mediclinic hou Remgro-syfers blakend gesond

  • ikt

    Telkom beplan eenstop-pakket

  • maatskappye

    Groen-geboue is goud werd

  • maatskappye

    Sies, Wal-Mart (alweer)!

  • ekonomie

    Klingel-klingel by die kasregister

  • maatskappye

    Nog ’n ondersoek na lenings

  • ikt

    Internet behaal mylpaal

  • maatskappye

    Ja, hy hét gholf gespeel!

  • ikt

    Vodacom belê in vinniger netwerk

  • maatskappye

    SABMiller vry dalk harder

  • ikt

    ’n Visuele revolusie begin aanlyn

  • maatskappye

    SA maatskappye sluit nuwe Airbus-ooreenkoms

  • entrepreneurs

    Klein ondernemings ‘broei innovasie uit’

  • ekonomie

    Sukses in onseker bedryf

  • maatskappye

    Vier groot banke trotseer die storms

  • energie

    Gas word dalk goedkoper

  • maatskappye

    Vakansieklubs gaan uiteindelik vasgevat word

  • ikt

    Slimhorlosies bring omwenteling in bemarking

  • energie

    Eskom trek sy sokkies op

  • landbou

    Boereverneukery, sê aandeelhouer op warm vergadering

  • ekonomie

    Obsa leen R3,5 miljard aan buurstate

  • ekonomie

    Dollars stroom uit SA weens rentekoersvrees

  • ikt

    SA verskaffer nou PayPal-vennoot

  • ekonomie

    Taai ekonomie raak ook plastiekherwinning

  • mynbou

    AngloGold se planne aan skerwe

  • maatskappye

    PPC lê sy sementspore na die noorde

  • ikt

    Twyfel oor Telkom laat aandeel daal

  • energie

    Beurtkrag kom dalk dié somer

  • maatskappye

    Privateskolegroep koop drie skole

  • maatskappye

    Wal-Mart draai New Yorkers rat voor oë

  • landbou

    Geen melkwit glimlag vir Clover