Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Dinsdag

    20°C / 8°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Woensdag

    22°C / 8°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Donderdag

    22°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Vrydag

    24°C / 9°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 13%

  • Saterdag

    25°C / 11°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 12%


Gold Fields: Mynbedryf by breekpunt

bloomberg
Vrydag 16 Augustus 2013
Gold Fields se hoof het Vrydag gesê die mynbedryf is by breekpunt soos wat eise van die regering en werkers vir ‘n groter deel van die wins veroorsaak dat beleggers al hoe vinniger voet in die wind slaan.
“Veral die regering beskou die mynbousektor as ‘n geleentheid om hul koffers met geld te vul,” het Nick Holland, uitvoerende hoof, Vrydag tydens ‘n toespraak in Johannesburg gesê.
Die binnegevegte sal daartoe lei dat beleggers die pad vat wat sal veroorsaak dat die bedryf krimp en alle partye sal benadeel word, het Holland gesê.
HSBC se indeks van internasionale mynaandele het reeds met 29% gedaal sedert die begin van 2010, terwyl die Dow Jones se nywerheids-indeks met 47% geklim het en die FTSE 100-indeks met 22% gestyg het.
Terwyl die ekonomiese krisis in Europa en verkope van goud ten dele hiervoor verantwoordelik gehou kan word, het hulpbron-nasionalisme beleggers ook genoop om van hul mynbou-aandele ontslae te raak, volgens Holland. “Aandeel-beleggers is gefrustreerd,” het hy gesê. “Ons het baie van hul geld gevat en vir hulle baie min in ruil daarvoor gegee. Hulle herinner ons deurentyd daaraan.”
Die wêreld se grootse mynmaatskappye is besig om koste te sny, bates te verkoop en sien af van hul uitbreidingsplanne om te probeer om op te maak vir laer pryse. Beleggers het reeds druk geplaas op uitvoerende hoofde by BHP Billiton Ltd, Rio Tinto en Anglo American om aandeelhouders se opbrengste op hul beleggings te verhoog en om planne vir nuwe myne op die lange baan te plaas soos wat die vraag na kommoditeite aanhou daal. 
“Daar is honderd-miljarde rande wat nie bestee word nie, het Holland gesê. “Ons het nog nie die impak daarvan gesien wat dit vorentoe op die ekonomie kan hê nie. Ons gaan dit sien in die jare wat kom.”
Anglo is een van verskeie maatskappye wat in Zimbabwe bedrywig is en waar pres. Robert Mugabe vandeesmaand herhaal het dat hy van plan is om ‘n belang van 51% in maatskappye te neem wat deur buitelanders besit word. Dit sal dan aan die staat of aan swart Zimbabwiers oorgedra word. 
Elders in Afrika het Tanzanië en Namibië reeds ondersoeke gedoen na die instelling van ‘n “super-belasting” op die wins van myne. In Australië het die regering verlede jaar ‘n wet deurgevoer om ‘n belastingkoers van 30% te plaas op die wins van ysererts- en steenkoolmyne.


  • ekonomie

    Kos laat jou beursie krimp

  • ekonomie

    ‘Anemiese’ ekonomie strem huismarkgroei

  • maatskappye

    Adcock verkoop? Hm . . . Ja. Of nee

  • ekonomie

    Voertuigmark se wiele geklamp

  • ekonomie

    Regering ‘nie kitsbank vir ondernemings’

  • maatskappye

    Aussies se goeie skole help WBHO

  • maatskappye

    Rhodes Food beplan R600 miljoen notering

  • entrepreneurs

    ‘Tupperware meer as werk, dis ’n passie’

  • ikt

    Microsoft kry spertyd in China

  • ekonomie

    Voertuigverkope daal in Augustus

  • ekonomie

    Vervaardiging lig effens kop op

  • mynbou

    Platinumaandele het vir OBK 'n blinker toekoms as goudaandele

  • maatskappye

    Blou Maandag vir Standard Bank

  • ikt

    Bel, én betaal, met nuwe iPhone

  • maatskappye

    Verkrygings gee reus nog meer omsetkrag

  • entrepreneurs

    ’n Handgeskrewe brief ná elke saketransaksie

  • maatskappye

    Inkopieplekke raak groener

  • ekonomie

    Groei in skuld futloos

  • ekonomie

    Wat is die nut van kredietgraderings?

  • entrepreneurs

    Besighede traag om lenings aan te gaan

  • ekonomie

    Sakedagboek: 1-5 September 2014

  • ekonomie

    Sake se top-10-berigte van die week

  • ikt

    E-handel: China se vier rykstes in geveg