Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    20°C / 11°C

    Wind 13km/h

    Reënval 14.2mm

    Humiditeit 61%

  • Donderdag

    21°C / 11°C

    Wind 14km/h

    Reënval 3.0mm

    Humiditeit 61%

  • Vrydag

    22°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.4mm

    Humiditeit 48%

  • Saterdag

    24°C / 12°C

    Wind 5km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 32%

  • Sondag

    23°C / 13°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 36%

  • Maandag

    22°C / 12°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.2mm

    Humiditeit 42%


Goudmyne: Aandeelhouers kou klippe

David van Rooyen
Maandag 02 September 2013

Johannesburg. – Die moeilike toestande in die goudmynbedryf begin aandeelhouers duur te staan kom.

African Rainbow Minerals (ARM) gaan feitlik die helfte van sy belegging in Harmony Gold – R2 miljard – afskryf.

Dié afskrywing, wat Maandag aangekondig is, verminder ARM se basiese verdienste in die boekjaar tot 30 Junie 2013 tot R1,6 miljard teenoor R3,4 miljard in die vorige boekjaar.

Die rede hiervoor is dat Harmony se aandeelprys van R76,50 op 30 Junie tot net R35,75 teruggesak het, sê ARM. Dit beteken dat die waarde van sy belang van 14,6% in Harmony van R4,87 miljard tot net R2,27 miljard gedaal het. Dit is beduidend minder as wat daarvoor betaal is, en dit is beleid om sulke verskille deur die inkomstestaat af te skryf.

Benewens die laer goudprys, wat tot ’n slagting in die goudsektor op die JSE gelei het, het dit in die afgelope boekjaar aan die bedryfsfront nie te goed met Harmony gegaan nie.

Die wesensverdienste van R204 miljoen was 92% swakker as die R2,372 miljard van die vorige jaar weens ’n toename van 19% in produksiekoste en die tydelike sluiting van die Kusasalethu-goudmyn weens arbeidsonrus. ARM se ander bedrywighede het egter uitmuntend gevaar en die wesensverdienste het met 8% of R286 miljoen tot R3,737 miljard verbeter.

Aan die bedryfsfront het dit baie goed gegaan, want nikkelverkope het met 71% verbeter, dié van ystererts met 9%, steenkool met 22% en chroom met 102%. Koste is ook beheer. By die Nkomati-nikkelmyn is produksiekoste met 41% verminder en by die Goedgevonden-steenkoolmyn met 14%. By verskeie ander myne, platinum- myne ingesluit, is kostestygings tot minder as 10% beperk.

Die groep se nuwe projekte is ook op koers. Uitbreidings aan die Khomani-ysterertsmyn is voor die spertyd en binne die begroting voltooi.

By die Nkomati-myn, waar uitbreidings aanvanklik sukkel-sukkel gegaan het, verloop sake nou flink en het produksie met 66% toegeneem. Gevolglik het die platinum-afdeling, wat nikkel insluit, se bydrae tot die wins van R60 miljoen in 2012 tot R527 miljoen toegeneem.

Die Goedgevonden-myn produseer ná sy uitbreidings meer as waarvoor begroot is.

By die Lubambe-kopermyn in die Demokratiese Republiek van die Kongo is ’n konsentrator twee maande voor skedule in gebruik geneem.



  • mynbou

    Geen einde in sig vir stakings

  • geldsake

    As jou baas jou by die huis pes met werksake

  • maatskappye

    Dae van maklik geld maak verby

  • ekonomie

    Honderde nuwe poste geskep

  • ekonomie

    Getal toeriste uit Afrika styg skerp

  • ekonomie

    Glenryck: Oceana ‘kyk na uitspraak’

  • entrepreneurs

    National Real Estate rig visier op nasionale mark

  • ikt

    Google wil robotvliegtuie gebruik

  • maatskappye

    Bierdrinkers minder dors

  • maatskappye

    Pick n Pay haal sy agterstand in

  • ekonomie

    Kariba-damwal veilig, sê kenners

  • maatskappye

    Motorhuis duurder as motor

  • maatskappye

    Branson se oog op superluukse ­eiendom in Kaap

  • energie

    Nuwe steenkoolkragstasie: Private firma kry voorkeur

  • ekonomie

    Vooruitsigte effens beter vir koper en platinum

  • ikt

    Telkom-hoof halsstarrig oor kursus

  • maatskappye

    Branson koop hotel in Kaapse Wynlande

  • geldsake

    Moenie swig voor tjek-skelmstreek

  • geldsake

    Hoe gemaak met swak opbrengs op effektetrustfonds?

  • maatskappye

    JSE kry ’n nuwe baadjie

  • geldsake

    Oorbrugging: Dié lenings handig, maar duur

  • ikt

    Nashua Mobile gaan sy deure sluit

  • ikt

    Google en Facebook weet waar jy woon...

  • ekonomie

    Rentekoersverhogings dalk nie so skerp

  • ekonomie

    Swart gegradueerdes klop ander met salarisse

  • ekonomie

    Nuwe indeks wys SA se sosiale welvaart

  • ekonomie

    Beleggers onseker oor Brics se politieke risiko’s

  • ekonomie

    IMF-hervormings by dooie punt

  • entrepreneurs

    Opkomende sterre gesoek

  • maatskappye

    Cathay Pacific wil markaandeel in Suid-Afrika vergroot