Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    19°C / 7°C

    Wind 10km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%

  • Donderdag

    20°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%

  • Vrydag

    20°C / 7°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 17%

  • Saterdag

    14°C / 1°C

    Wind 19km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Sondag

    14°C / 4°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    16°C / 6°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%


Goudmyne slaggereed vir stakings

Maandag 02 September 2013

Suid-Afrika se goudprodusente verskerp hul veiligheidsmaatreëls in afwagting van die staking in die bedryf wat vanmiddag begin.

Die National Union of Mineworkers (NUM), wat sowat 64% van die werkers in die goudmynsektor verteenwoordig, het Vrydag kennis gegee van sy voorneme om te staak.

Loononderhandelinge in die Kamer van Mynwese het vasgeval. Die NUM eis ’n verhoging van 60% vir sekere werkers, terwyl die kamer ’n “finale aanbod” van 6,5% gedoen het. Die kamer verteenwoordig onder meer AngloGold Ashanti, Sibanye Gold en Harmony Gold.

Charmane Russell, ’n eksterne woordvoerder van die kamer, sê die goudprodusente tref al maande lank veiligheidsmaatreëls in die lig van die dreigende staking. “Daar was ’n massiewe toename in sekuriteit en koördinering met die polisie op plaaslike en nasionale vlak.”

Russell sê dit is onduidelik of die myne waar die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) die meerderheid het, ook tot stilstand sal kom wanneer die NUM staak.

Lesiba Seshoka, NUM-woordvoerder, het aangedui die vakbond sal nie ander werknemers dwing om te staak nie.

Vrydag het Joseph Mathunjwa, Amcu-president, gesê die vakbond en sy lede praat nog oor ’n staking. Amcu is die amptelike meerderheidsvakbond by Sibanye Gold, wat die massiewe Driefontein-myn bedryf, asook by AngloGold se Mponeng-myn en Harmony Gold se Kusasalethu-myn. Dié myne is naby Carletonville, sowat 80 km wes van Johannesburg.

Uasa, wat 6,9% van die goudmynwerkers verteenwoordig, het die kamer se loonaanbod aanvaar. Die kamer het Donderdag ’n dooie punt in sy onderhandelinge met Solidariteit verklaar waarop die vakbond hom daarvan beskuldig het dat hy sy “morele en etiese kompas” verloor het. Solidariteit sê hy is steeds tot onderhandeling verbind, maar inligting oor ’n voorgestelde winsdelingskema word weerhou.

Stakings kan lei tot ’n produksieverlies van tot $35 miljoen per dag. – Bloomberg



  • maatskappye

    Welvaartmyl lok miljarde rande

  • maatskappye

    Staat se gesloer sleg vir Ellies

  • maatskappye

    Herbalife bloei voor voorlegging oor ‘bedrog’

  • ekonomie

    Verkope wys SA sukkel

  • maatskappye

    Patel wil bedryf ‘oopstel’

  • ekonomie

    Verbruikers sien wêreldwyd weer lig

  • ekonomie

    Tyd om waarde te ontsluit

  • entrepreneurs

    Kompetisie wys 15 finaliste aan

  • geldsake

    Spaarwenke vir Spaarmaand: Die laaste tien dae!

  • maatskappye

    'Ou vleis'- skandaal kring uit

  • ekonomie

    Staking: Werkgewers skop vas oor dié kwessie

  • geldsake

    Skuld: Maar kan jy dit bekostig?

  • mynbou

    Sishen se koste stabiliseer, maar ertsprys daal

  • mynbou

    Koper gesoek vir myne, maar nie affineerdery

  • landbou

    Tariefvrye wynkwota vir uitvoer verdubbel

  • maatskappye

    Nieu-Seelandse groep is nou in Wiese se stal

  • geldsake

    Dié effektetrusts vaar die beste

  • entrepreneurs

    Leer kinders jonk: Kleinsake is die toekoms

  • energie

    Nuwe kamera toets sonpanele

  • maatskappye

    Investec-fonds skaf nog 'n gebou Doer Onder aan

  • ekonomie

    Staking: Nie almal gelukkig met nuwe aanbod

  • mynbou

    Amplats: Verkoop van myne nie weens staking

  • maatskappye

    Woolies betaal premie vir Country Road

  • maatskappye

    Vakansieklubs: Só vorder ondersoek

  • ekonomie

    Sake se top-10-berigte van die week

  • entrepreneurs

    Vies vir dromkrappers? Sê eerder dankie

  • ekonomie

    Hoekom beleggers risiko’s ‘ignoreer’

  • entrepreneurs

    ‘Hard werk en vuil word pas ons stelbouers’

  • ekonomie

    Hele Afrika sal baat vind by Brics-bank

  • maatskappye

    Distell kry belang van 26% in Keniaanse drankgroep