Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    21°C / 8°C

    Wind 20km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Saterdag

    15°C / 3°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 37%

  • Sondag

    14°C / 5°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    17°C / 6°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    17°C / 5°C

    Wind 17km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 30%

  • Woensdag

    16°C / 5°C

    Wind 8km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 26%


Markte is verlig oor vervaardiging

Mari Blumenthal,Reuters
Maandag 02 September 2013

Pretoria. – Die swak rand is vir vervaardigers ’n tweesnydende swaard.

Fabrieksproduksie neem stelselmatig toe namate verbruikers duurder ingevoerde produkte met plaaslikes vervang, maar terselfdertyd jaag die swak rand insetkoste op.

Dié sektor het in Augustus vir die vyfde opeenvolgende maand gegroei en Kagiso Tiso se aankopebestuurdersindeks (PMI) het met 4,3 punte tot 56,5 punte verbeter; sy hoogste vlak sedert Augustus 2007. Die PMI word gegrond op ’n peiling onder vervaardigers en ’n punt bo 50 dui daarop dat die sektor uitbrei.

Veral die sub-indeks vir sakebedrywighede het opgeskiet en is nou op die hoogste vlak sedert Februarie 2012. Dié vir indiensname was vir die eerste keer sedert November 2012 in ’n positiewe gebied. Die PMI’s van die eurogebied, Brittanje en China, wat ook Maandag uitgereik is, was ook sterker. Die eurogebied se vervaardigingsektor brei vir die eerste keer sedert Februarie 2012 uit, maar hoewel die vooruitsigte vir die streek nou baie beter lyk, trek sy ekonomie steeds swaar, sê Kagiso Tiso.

Hy meen daarom dat veral die sterker vraag in Suid-Afrika gehelp het om die plaaslike PMI op te druk.

“Ons sien dalk nou die eerste duidelike tekens van invoervervanging omdat die swak rand plaaslike produkte beter kan laat meeding met duur ingevoerde produkte.”

Die PMI se sub-indeks vir insetpryse was in Augustus op 87,2 punte steeds baie hoog.

* Gesonder PMI’s laat markte klim

Die beter vooruitsigte vir China en Europa se vervaardigingsektore het wêreldmarkte Maandag boontoe gehelp.

Marksentiment is veral versterk deur die nuus dat China se vervaardigingsektor in Augustus vir die eerste keer die afgelope vier maande gegroei het.

’n Vakansiedag in Amerika het egter die aktiwiteit in aandele- en valutamarkte gedemp.

Die JSE se indeks van alle aandele het 1,44% sterker op 42 726 punte gesluit.

Die sterker plaaslike en Chinese PMI het die rand tot R10,15 teenoor die dollar help verstewig. Maandagaand vroeg het dit teen R10,24 verhandel.

Die rand het voordeel getrek uit beleggers se verligting dat Amerika nie Sirië in dié stadium sal inval nie.Dié nuus het die prys van Brent-ruolie laat daal tot sowat $114 per vat.



  • ekonomie

    Sentrale bedinging se dae dalk getel

  • maatskappye

    Wat is Porsche se plan met Kyalami?

  • maatskappye

    Alexander Forbes verbly die JSE

  • maatskappye

    Geen keer aan V&A Waterfront se groei

  • ekonomie

    'G20-lande moet op groei en werkskepping fokus'

  • geldsake

    Spaarwenke vir Spaarmaand: Laat jou malvalekkers meer word

  • ikt

    Facebook laat die wenkbroue lig

  • maatskappye

    'Ek is gewalg' - eienaar van Amerikaanse kosgroep oor vrot vleis

  • ikt

    Vodacom sukkel in Suid-Afrika

  • maatskappye

    Bierdrinkers in Suid-Afrika maak SABMiller bly

  • energie

    Kernkrag-knyptang wag

  • ekonomie

    Koersverhoging die ‘regte stap op die regte tyd’

  • maatskappye

    5 van SA beloon aandeelhouers die beste

  • entrepreneurs

    Ouer kleinsake ‘kort ook hulp’

  • mynbou

    Aksieplan vir minerale kom gou

  • ekonomie

    Afrika is oop vir besigheid

  • ekonomie

    Belonings help vele kopers in swaar tye

  • geldsake

    Hou beleggingsoog gerig op langtermyn-doelwitte

  • entrepreneurs

    Kompetisie wys 15 finaliste aan

  • ekonomie

    Tyd om waarde te ontsluit

  • ekonomie

    Verbruikers sien wêreldwyd weer lig

  • maatskappye

    Staat se gesloer sleg vir Ellies

  • maatskappye

    Herbalife bloei voor voorlegging oor ‘bedrog’

  • maatskappye

    Welvaartmyl lok miljarde rande

  • maatskappye

    Patel wil bedryf ‘oopstel’

  • ekonomie

    Verkope wys SA sukkel

  • ekonomie

    Mercedes se S-Klas verkoop goed

  • ikt

    Apple gedy, Microsoft ly

  • mynbou

    Wêreld se grootste mynmaatskappy teken rekords aan

  • ekonomie

    Inflasie bly hoog, maar darem nie hoër