Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    24°C / 12°C

    Wind 21km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    23°C / 4°C

    Wind 39km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 14%

  • Vrydag

    11°C / 1°C

    Wind 37km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Saterdag

    16°C / 6°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Sondag

    18°C / 6°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Maandag

    20°C / 8°C

    Wind 6km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%


BLITS REIK NA SPRINGBOK-KLEURE

Rhule in bulstryd

’Canes se Savea en Leiua spel gevaar

Jóhann Thormählen
Dinsdag 07 Mei 2013
Spiertier. Die Cheetahs-vleuel Raymond Rhule wil homself Vrydag teen die Hurricanes se giftige vleuels weeg. Hy het sy visier op ’n plek in die Bok-span vir volgende maand se toetse ingestel. Foto: Conrad Bornman

BLOEMFONTEIN. – Verwag opwindende hardlooprugby deur twee spanne wat graag die bal rondgooi, maar moenie dink die Cheetahs gaan Vrydag hier hul trotse verdedigingsrekord in 2013 prysgee nie.

Só het die vleuel Raymond Rhule gister oor sy span se Super-wedstryd in die Vrystaat-stadion teen die Hurricanes gesê.

Die tuisspan se verbeterde lakwerk in sy eerste tien kragmetings is een van die hoofredes waarom hy vanjaar ’n sterk aanspraakmaker is.

Hy het 23 drieë gedruk en slegs 19 afgestaan. Dit het ’n positiewe drieëverskil tot gevolg – iets wat die Cheetahs selde in die verlede kon vermag.

Maar met vleuel-angels soos die All Black Julian Savea en Alapati Leiua, wat eergister in Samoa se groep vir volgende maand se toetse in Suid-Afrika ingesluit is, kan die Hurricanes amok maak.

Die 20-jarige Rhule, wat al saam met die Springbokke getoer het, sien egter daarna uit om hom teen vleuels van wêreldgehalte te meet, aangesien hy besef dat dít nodig is vir sy aanspraak op ’n Bok-trui.

Met Savea, Leiua en die heelagter André Taylor as waarskynlike agterste driehoek vir die besoekers, sal die Cheetahs beslis hul keer moet ken.

Rhule, die vleuel Willie le Roux en heelagter Hennie Daniller speel gelukkig ’n soortgelyke soort hardlooprugby as die ’Canes en weet wat om te verwag.

“Dit gaan ’n lekker wedstryd wees om na te kyk, omdat albei spanne daarvan hou om die bal rond te gooi.

“Maar hulle sal ’n taai tyd teen ons verdediging hê. Dit is iets waarop ons ons roem en vanjaar trots is.

“As ons die bal kry, sal ons natuurlik doen wat ons altyd doen,” het Rhule gesê.

Hoewel hy nie direk teen Savea gaan speel nie – hy en Leiua pak mekaar – , meen Rhule die Cheetahs moet Savea dophou.

“As ’n span probeer ons om nie te veel op individue te fokus nie.

“Wat my Springbok-aanspraak betref, sal ek myself moet bewys teen ouens wat vir die All Blacks speel.

“Op die oomblik speel Savea vir hulle en Leiua vir Samoa. Albei is dus toetsspelers en ek moet my staal teen hulle toon.”

Hy meen die loslootjie wat sy span verlede naweek geniet het was goed, maar dat die Cheetahs nou weer nuwe momentum moet opbou.

• Intussen is die Madibaz-senter Howard Mnisi vandeesweek op ’n proeftydperk by die Cheetahs.

Mnisi het Saterdag vir die Suid-Afrikaanse Universiteitespan teen Namibië in Windhoek uitgedraf. Dié belowende ster is vanjaar as die Varsitybeker se Agterspeler van die Reeks aangewys.

• Die Springbokke se voorspeler-afrigter, Johan van Graan, was ook gister as deel van die Bokke se samewerking met plaaslike Super-spanne by die Cheetahs se oefening te sien.

Hy het die Cheetahs-agttal bygestaan en veral raad by hul lynstaan- en skrumsessie gegee.



  • AB, Faf die helde in sege oor Aussies

  • skole

    Alberton High is koning!

  • krieket

    Opdraande stryd wag vir SA kolwers

  • rugby

    Venter op slot vir Vrystaat

  • rugby

    WB: Bokke oefen op dié 4 plekke

  • meersport

    Goeie jaar vir Roger se beursie

  • krieket

    SA ’n kortkop beter

  • rugby

    Tukkie straks 10 teen die WP

  • rugby

    Kings het les geleer, sê Davis

  • rugby

    Bulhonde wil blaf saam met grotes

  • rugby

    JW het nie terugkeer beplan nie

  • rugby

    ‘Hiér gaan ek ook blom’

  • rugby

    WP lugtig vir Bjorn-faktor, maar...

  • rugby

    Griffons kies Van den Hoogt

  • atletiek

    Vier van SA is in aksie by ‘Klein Spele’

  • meersport

    Maklike seges vir Ana, Sam

  • meersport

    Aussie ry voor in Spaanse fietstoer

  • sokker

    Pienaar langs kantlyn vir Chelsea-stryd

  • krieket

    Andrew Hall se Northants-kontrak nie hernieu

  • TV-hoogtepunte: 27 Augustus

  • Uitslae: 26 Augustus

  • Uitslae: 25 Augustus

  • meersport

    Nuwe motivering vir Cameron

  • rugby

    VS sal slot-krisis eers intern oplos

  • krieket

    Pakistan sonder Younis ná neef se afsterwe

  • rugby

    Skrum saam, sê oud-Bokke

  • rugby

    Bulle wat waag, slaag

  • rugby

    Victor terug by Bokke

  • rugby

    Malherbe se enkel geopereer

  • sokker

    Steeds geen vuur by Rooi Duiwels

  • rugby

    ‘Ek sal nie gaan lê’

  • rugby

    GW word Haai ryker

  • atletiek

    Eerste medalje vir SA

  • meersport

    4 SA bote vorder by regatta

  • rugby

    Cooke kan OP teen Leeus lei

  • krieket

    Zim kry taai klap

  • menings

    Heelwat stof tot nadenke vir Meyer

  • rugby

    Taute kry sy kans

  • meersport

    Halep herstel; Kyrgios koning

  • rugby

    Vuurwerke taboe ná beserings op Edenpark

  • gholf

    Scott soek gholf-driekuns in sy geboorteland

  • skole

    Glenwood en Hilton se tweestryd van die baan

  • sokker

    Sokkerspeler in Viëtnam tronk toe ná geknoei

  • meersport

    Rosberg sal nie net oor vingers getik word

  • rugby

    Sonny Bill ‘kan dadelik vir All Blacks speel’

  • TV-hoogtepunte: 26 Augustus

  • skole

    Klerksdorp onttroon Valia

  • atletiek

    Magerman verower 1ste goue vir SA