Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    18°C / 8°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 31%

  • Vrydag

    19°C / 8°C

    Wind 13km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Saterdag

    19°C / 8°C

    Wind 12km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 8°C

    Wind 14km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 23%

  • Maandag

    21°C / 9°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Dinsdag

    22°C / 9°C

    Wind 15km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 20%


Haaie dalk sonder JP, maar twee Bokke reg

Christo Buchner
Sondag 19 Mei 2013
Duik vir ’n plek in Haaie-span. Die Bok-losskakel Butch James lyk uitgehonger om Super-rugby te speel. Foto: Steve Haag | Gallo Images

JOHANNESBURG. – ’n Liesbesering kan die Springbok JP Pietersen uit Saterdag se Super-stryd tussen die Haaie en die Bulle in Durban hou.

Pietersen, wat sy gereelde posisie van regtervleuel die afgelope twee weke vir dié van buitesenter verruil het op die Haaie se toer in Australasië, het sy lies beseer in die sege verlede Vrydag oor die Western Force in Perth.

Daar sal ook vroeg vandeesweek eers duidelikheid wees of Pietersen se sentermaat teen die Force, Meyer Bosman, die Bulle sal kan pak.

Hy het vermoedelik sy neus gebreek teen die Force en as dit wel die geval is, staar ’n senter-krisis die Haaie in die gesig voordat hulle die voorloper in die Suid-Afrikaanse afdeling van die reeks pak.

Die Bulle is met 46 ligapunte ’n allemintige 13 voor die Haaie (33), wat in die derde plek is, met die Cheetahs tweede op 40.

Die Haaie bevind hulle in die tiende plek op die gesamentlike punteleer.

Met Frans Steyn, Paul Jordaan en Tim Whitehead wat ook nog onder die beseerdes tel, kan dit ’n geval wees dat daar geraap en geskraap sal moet word om die middelveld te vul teen die Bulle.

Dit is die gereelde posisie van die Bulle-leenspeler Piet Lindeque, wat in sy laaste twee verskynings vir die Haaie, een daarvan as regtervleuel, indruk gemaak het.

Hy kan dus daar inskuif as Pietersen en Bosman nie beskikbaar is nie.

Butch James, wat sedert hy hom van die Leeus by die Haaie aangesluit het nog die hele seisoen uit aksie was, is nou ook reg om oorweeg te word.

Dit kan wees dat hy sommer dalk al teen die Bulle as senter oorweeg kan word. Dit is ’n posisie wat weens sy veelsydigheid nie vir dié Bok vreemd is nie.

Vir die eerste keer hierdie seisoen sal John Plumtree, die Haaie se afrigter, ook die naam van die Springbok-haker Bismarck du Plessis op sy spanlys kan neerskryf.

Die verwagting is dat Du Plessis eers op die bank sal sit.



  • rugby

    Crusaders-span bly onveranderd

  • Dag 8: Statebondspele in Glasgow

  • rugby

    CJ borrel oor hy weer speel

  • rugby

    Seabelo sien uit na CB

  • krieket

    Kallis skok met besluit

  • ander

    Anderson op wenpad; Safarova verloor

  • rugby

    Haaie opgewonde oor al hul jong talent

  • ander

    SA atlete skitter met 4 medaljes

  • ander

    Proteas seëvier

  • ander

    Pôpô spat oor Bolt-berig

  • sokker

    Kies Rooney as Engelse kaptein, sê Ferdinand

  • rugby

    Speight (vir eers) uit Wallabies se groep

  • ander

    Vuiste moet Fourie op die wenpad hou

  • rugby

    Bulle wil drieë-droogte beëindig

  • rugby

    Conrad weer in aksie ná gebreekte duim

  • rubrieke

    Plattelandse skolespanne kry lae hou

  • rugby

    Alofa sien kans vir ’Saders se makro-vleuel

  • rugby

    Kloppers wil speelkans aangryp

  • rugby

    Vrystaat hét planne om te wen

  • Uitslae: 30 Julie

  • TV-hoogtepunte: 31 Julie

  • ander

    Fredericks vinnigste in uitdunne

  • ander

    Zarck-hulle spring tot in eindronde

  • ander

    Statebondspele: Dag 7

  • ander

    Chad kry sy 7 medaljes

  • rugby

    ‘Ideale span’ in wording

  • rugby

    Tera is Haaie se nuwe Curriebeker-leier

  • rugby

    Carlos sweet oor sy nr. 9’s

  • rugby

    Nell, Murray lei Bulle-sewesspan

  • rugby

    Rory weeg JP op 13

  • ander

    Suid-Afrika se trots op die Statebondspele in Glasgow

  • krieket

    Ali mag nie meer Gasa-armbandjies dra –  IKR

  • ander

    Nigeriese gewigopteller (16) op Spele geskors

  • krieket

    Hughes slag SA naasbestes met rekord 202*

  • skole

    Valke net-net te lig vir Bulle

  • Oos-Randers troef Bergrivier

  • ander

    16-jarige van Japan verras ervare Samantha

  • krieket

    Sri Lanka-groep vir Zim-toets behou

  • ander

    Drie middelafstand-atlete haal span

  • rugby

    Tietjens se lys vir Spele

  • rugby

    Voormalige afrigter van Griffons oorlede

  • rugby

    WP wil sewesheld loslaat

  • ander

    Suid-Afrikaners in aksie op die Statebondspele

  • ander

    Indië in SA se pad

  • krieket

    Morné was die held, sê Russell

  • TV-hoogtepunte: 30 Julie

  • Uitslae: 29 Julie

  • gholf

    Tim Clark voltooi sirkel

  • ander

    Goue seuns!

  • ander

    Dag 6: Statebondspele

  • rugby

    Waratahs behou sy wenspan

  • rugby

    Hou Blitsbokke nóú dop

  • rugby

    Strauss uiteindelik 'n Bul

  • rugby

    SA se statistieke nie te ‘Super’

  • ander

    Vinnige Fanie wen weer goud

  • rugby

    Cecil sal medalje 'koester'

  • krieket

    Vernon SA se held

  • ander

    Klink op skinker

  • rugby

    Redelinghuys dink nie nou aan toetsrugby

  • rugby

    Carter, nog twee terug vir All Blacks

  • rugby

    Uittog begin ná WB

  • rugby

    Joubert blaas fluitjie in Superrugby-eindstryd

  • rubrieke

    SA sidder bietjie oor Aussie-oplewing

  • krieket

    KP swaai kolf binnekort in Australië

  • ander

    Anderson uit top-20 ná hy in Atlanta verloor

  • rugby

    Tukkie straks JJ se CB-sentermaat

  • rubrieke

    Kommentators kwetter oor Clark-greep

  • krieket

    Punjab sal Dolphins moet betaal vir Miller

  • krieket

    Sesse: Knights kies eers later

  • rugby

    Haai, Ikey én Matie oefen in Kimberley

  • Uitslae: 28 Julie

  • TV-hoogtepunte: 29 Julie

  • skole

    Uitslae

  • skole

    Affies is kampioen van Coke-toernooi

  • skole

    Tuine steeds kampioen

  • skole

    Klerkies Luiperds se koning