Johannesburg Verander Area
  • Vandag

    23°C / 11°C

    Wind 22km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 16%

  • Donderdag

    24°C / 3°C

    Wind 42km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%

  • Vrydag

    10°C / 1°C

    Wind 36km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 19%

  • Saterdag

    15°C / 5°C

    Wind 16km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 22%

  • Sondag

    18°C / 7°C

    Wind 7km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 18%

  • Maandag

    19°C / 6°C

    Wind 9km/h

    Reënval 0.0mm

    Humiditeit 15%


Stryd in Cardiff bepaal halfeind-plek

Dis D-dag vir AB-hulle

Proteas beraam planne vir Gayle, Narine, maar reën kan laaste sê hê

Johann de Jager
Donderdag 13 Junie 2013
Sunil Narine

BLOEMFONTEIN. – Reënweer kan vandag in Cardiff die Proteas se grootste bondgenoot wees.

Hy (Narine) is beslis een van die beste boulers in die wêreld en die gevaarman in hul span, hoewel die ander boulers nie te versmaai is nie.

AB de Villiers

Suid-Afrika se krieketspan kom hier in ’n bepalende Kampioenetrofee-stryd teen die Wes-Indiese Eilande te staan.

Die wenner dring deur tot die halfeindronde, terwyl dit koebaai Meraai vir die verloorder is.

Maar as daar so na die Britse weerkundiges geluister word, kan reënbuie – eerder as kartetse en flitsende kolwe – vandag die laaste sê hier in Wallis hê.

Sou dit gebeur dat spel afgelas word, soos vroeër vandeesweek in die kragmeting tussen Nieu-Seeland en Australië die geval was, sal Suid-Afrika die Windies uit die toernooi knikker.

Die rede hiervoor is dat die Proteas ’n beter netto lopietempo as die Windies het.

As die weer hou, is daar darem die goeie nuus vir Suid-Afrika dat sy voorslagbouler Dale Steyn op sy pos behoort te wees.

Die Proteas-kaptein, AB de Villiers, het voor hul laaste oefening gistermiddag gesê Steyn is 99.9% reg. Hul finale netoefening sou finale bevestiging moes gee.

Wat die reënweer betref, het De Villiers gesê dis iets waaroor hulle nie beheer het nie.

Hul sal in elk geval, of dit nou oor 20 of 50 boulbeurte is, goeie krieket wil voorsit.

As reën wel ’n verkorte wedstryd toelaat, verander dit weer die prentjie en sal dit die Windies beter pas. Dié span is die T20-wêreldkampioen en beskik oor Indiese Premierliga-sterre soos Chris Gayle, Kieron Pollard en die draaier Sunil Narine.

De Villiers het juis gister gesê laasgenoemde sal ’n groot gevaar met die bal wees.

“Hy (Narine) is beslis een van die beste boulers in die wêreld en die gevaarman in hul span, hoewel die ander boulers nie te versmaai is nie.”

Hulle sal die Windies se ander waarskynlike wedstrydwenner, Gayle, ook in toom moet hou.

Die veld se kort grense, veral vir reguit houe, sal die Jamaikaan breed laat glimlag. “Hy kyk die boulers gewoonlik eers vir ’n paar aflewerings of wat deur voor hy besluit: ‘Reg, dis nou ek en jy.’ As hy aan die gang kom, sal ons die skade moet probeer beperk,” het De Villiers van sy IPL-spanmaat gesê.

Die Proteas se kaptein sê egter hulle het hul huiswerk behoorlik gedoen. “Ons wedstrydplan is uitgewerk, dinge is in plek. Ons sal vanaand nog meer doen en môre oorgehaal uitstap.”

Hoewel SA ’n uitstekende rekord teen die Windies het, het die eilandmanne al twee keer in die toernooi om die Kampioene-trofee met die Proteas afgereken.



  • rugby

    Venter op slot vir Vrystaat

  • rugby

    WB: Bokke oefen op dié 4 plekke

  • meersport

    Goeie jaar vir Roger se beursie

  • krieket

    SA ’n kortkop beter

  • rugby

    Tukkie straks 10 teen die WP

  • rugby

    Kings het les geleer, sê Davis

  • rugby

    Bulhonde wil blaf saam met grotes

  • rugby

    JW het nie terugkeer beplan nie

  • rugby

    ‘Hiér gaan ek ook blom’

  • rugby

    WP lugtig vir Bjorn-faktor, maar...

  • rugby

    Griffons kies Van den Hoogt

  • atletiek

    Vier van SA is in aksie by ‘Klein Spele’

  • meersport

    Maklike seges vir Ana, Sam

  • meersport

    Aussie ry voor in Spaanse fietstoer

  • sokker

    Pienaar langs kantlyn vir Chelsea-stryd

  • krieket

    Andrew Hall se Northants-kontrak nie hernieu

  • TV-hoogtepunte: 27 Augustus

  • Uitslae: 26 Augustus

  • Uitslae: 25 Augustus

  • meersport

    Nuwe motivering vir Cameron

  • rugby

    VS sal slot-krisis eers intern oplos

  • krieket

    Pakistan sonder Younis ná neef se afsterwe

  • rugby

    Skrum saam, sê oud-Bokke

  • rugby

    Bulle wat waag, slaag

  • rugby

    Victor terug by Bokke

  • rugby

    Malherbe se enkel geopereer

  • sokker

    Steeds geen vuur by Rooi Duiwels

  • rugby

    ‘Ek sal nie gaan lê’

  • rugby

    GW word Haai ryker

  • atletiek

    Eerste medalje vir SA

  • meersport

    4 SA bote vorder by regatta

  • rugby

    Cooke kan OP teen Leeus lei

  • krieket

    Zim kry taai klap

  • rubrieke

    Heelwat stof tot nadenke vir Meyer

  • rugby

    Taute kry sy kans

  • meersport

    Halep herstel; Kyrgios koning

  • rugby

    Vuurwerke taboe ná beserings op Edenpark

  • gholf

    Scott soek gholf-driekuns in sy geboorteland

  • skole

    Glenwood en Hilton se tweestryd van die baan

  • sokker

    Sokkerspeler in Viëtnam tronk toe ná geknoei

  • meersport

    Rosberg sal nie net oor vingers getik word

  • rugby

    Sonny Bill ‘kan dadelik vir All Blacks speel’

  • TV-hoogtepunte: 26 Augustus

  • Tiger en afrigter se paadjies skei

  • Aussies vermorsel Zim in eerste kitsstryd

  • skole

    Klerksdorp onttroon Valia

  • atletiek

    Magerman verower 1ste goue vir SA

  • rugby

    Hawies beïndruk met Dean se spel

  • rugby

    Cheetahs brom nie oor daai drie

  • rugby

    Brad se taktiese skuif laat Haaie wen

  • rugby

    Allister prys sy vleuels, Cheslin

  • rugby

    Marcell en kie het Argentynse gety gekeer

  • meersport

    Kvitová se ideale voorbereiding vir Ope

  • atletiek

    Só naby, so ver vir Zarck Visser

  • meersport

    Rosberg uitgejou

  • TV-hoogtepunte: 25 Augustus

  • Uitslae: 24 Augustus

  • meersport

    Katie swem 2de rekord los; Phelps kry slae

  • rugby

    All Blacks se Crotty uit vir minstens vier weke

  • krieket

    Engeland kies groot slaner teen Indiërs

  • meersport

    Briggs se vuiste doen weer die praatwerk

  • meersport

    Lebogang Phalula wen 10km in Durban

  • meersport

    Roger, Serena mik weer hoog in VSA-ope

  • rugby

    Henco gryp kans aan

  • rugby

    Jaco speel dalk al in Baai

  • rugby

    Bokke se karakter, veggees geloof

  • meersport

    VS-hokkie wen nóg ’n titel

  • rugby

    Veranderinge nodig

  • rugby

    ‘Dit was ’n spesiale vertoning’

  • rugby

    Frans: Klein dingetjies pla

  • rugby

    Bokke verdien nie sege

  • skole

    Nelspruit klop Garsies in eindstryd